Hoërskool Centurion

Maximus Gedagte
“Die beste deel van jou lewe bestaan uit jou vriendskappe.” – Abraham Lincoln
-
Nuutste Berigte
Argiewe
Berigte volgens Kategorieë
Borg – Lyttelton Motors

ATKV-Tienertoneel Gauteng-Noord:
Ons twee toneelgroepe het op 23 Augustus 2012 aan die ATKV-streekkompetisie deelgeneem.
Ons twee stukke het die beste gevaar:
Die Groot Vrou: Ma, ontvang drie brons- en twee silwer sertifikate en
Vlerkvang, ontvang ses silwer- en sewe brons sertifikate. (Silwer sertifikate is die hoogste toekenning wat gemaak word.)
Ons sal op 24 Augustus 2012 hoor of ons deurgaan na die gala-aand wat op 25 Augustus 2012 by die UNISA Kleinteater plaasvind.
Hoërskool Centurion se twee toneelgroepe het 30 Julie by Hoërskool Eldoraigne aan die Tshwane Toneelfees deelgeneem. Albei stukke het uitstekend gevaar en die volgende sertifikate is verwerf:
| Brons : | Silwer: |
|
Anuscha Hendriksz Elandré Bosch Angelique Lewis Enrike Koekemoer Bernice Strydom |
Alice Henning Tasmin le Roux David Keyter |
Albei stukke neem Saterdag, 18 Augustus 2012 deel aan die Centurion Kunswedstryd.