Die Eerste span hokkiedogters het deur die seisoen uitstekend vertoon en kon afsluit as die nommer een span in die G2-liga. Die dogters het bewys dat hulle met passie, volgehoue harde werk en groot deursettingsvermoë, hulle doel kon bereik. Hierdie span het deur die seisoen geen wedstryd verloor nie en bevestig die gesonde karakter van die span. Hulle is die nommer een span, afgesien van die gelykoptelling van 2 elk teen Zwartkop was ‘n fenominale hokkieseisoen. Die Eerste span hokkiedogters het deur die seisoen uitstekend vertoon en kon afsluit as die nommer een span in die G2-liga.Die dogters het bewys dat hulle met passie, volgehoue harde werk en groot deursettingsvermoë, hulle doel kon bereik. Hierdie span het deur die seisoen geen wedstryd verloor nie en bevestig die gesonde karakter van die span. Hulle is die nommer een span, afgesien van die gelykoptelling van 2 elk teen Zwartkop. Volgende op die agenda is die Noordvaal Uitspele op 16 Junie 2018, teen G1-spanne.

Hoërskool Centurion is voorwaar opreg trots op ons Eerstespan hokkiedogters en hul besondere prestasie!

Foto krediet: Liska J.v Rensburg