LEWENSORIËNTERING

 

TOELATINGSVEREISTES

Dit is ‘n vak wat vir universiteitstoelating tel, maar die toelatingpuntetelling (TPT-telling) word nie bereken nie.

 

BENADERINGSWYSE EN KURRIKULUM

Lewensoriëntering is die studie van die self in verhouding tot andere en tot die samelewing. Hierdie vak behandel die vaardighede, kennis en waardes oor die self, die omgewing, verantwoordelike burgerskap, ‘n gesonde en produktiewe lewe, sosiale betrokkenheid, ontspannings- en fisiese aktiwiteite, loopbane en loopbaankeuses.

Die vak bestaan uit die volgende sewe onderwerpe in graad 10 tot 12:

Selfontwikkeling in die samelewing

Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid

Demokrasie en menseregte

Loopbaan en loopbaankeuses

Studievaardighede

Liggaamsopvoeding

Die noodsaaklikheid van Lewensoriëntering

 

NAVRAAG: Die Departementshoof Lewensoriëntering: Mnr. J. Cloete – j.cloete@hscenturion.co.za