REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (RTT)
TOELATINGSVEREISTES
Geen.
BENADERINGSWYSE
Die vak handel oor die effektiewe gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie vir ‘n eindgebruiker in ‘n rekenaartoepassingsomgewing, in verskillende sektore van die samelewing. Die inhoud dek teoretiese sowel as praktiese aspekte van die rekenaar en sy gebruike asook die invloed van die tegnologie op die mens en sy omgewing. Die programme, Word, Excell, Access, Powerpoint en HTML word gebruik om die leerders te help om in ‘n kantooromgewing werk met ‘n rekenaar te doen. Ons gebruik die Microsoft-Office 2016 pakket.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
RTT bemagtig die leerders met kennis en vaardighede om op verskillende vlakke inligting te versamel, te ontwerp en te kommunikeer. Alle instansies vereis rekenaarvaardighede. RTT gee die agtergrond om ‘n databasis te bou en te onderhou, die kennis om ‘n finansiële oplossing te skep vir ‘n rekenkundige beroep. Met die nuwe kurrikulum kan jy selfs webontwikkeling doen. Dit is dus ‘n vak wat jou reeds toerus om verskillende pakkette geïntegreerd te gebruik en kom handig te pas by die inhandiging van take tot op universiteitsvlak en later in die werksomgewing.
NAVRAAG: Die Departementshoof IT en RTT : Me. I. Jacobs: i.jacobs@hscenturion.co.za