VERBRUIKERSTUDIES
Baie mense het die verkeerde opvatting oor die vak Verbruikerstudies. Verbruikerstudies kan aan leerders veel meer bied as die sogenaamde “koekies bak” klas of om te leer hoe om ‘n goeie huisvrou te wees.
IN VERBRUIKERSTUDIES SAL DIE LEERDER DIE VOLGENDE BESTUDEER
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Verbruikerskonsultant, verbruikersopvoeder, verbruikersnavorser, kapasiteitsbouer, binne-ontwerper en -versierder, binne-ontwerpkleinhandelbestuurder en -aankoper, behuisingskonsultant en -ontwikkelaar, kleinhandelaankoper, mode-aankoper en -bemarker, kwaliteits- en produkbestuurder, ontwerpaankoper /-beplanner, kwaliteitsbestuurder, produkpromosie en -bemarker, voedselprodukontwikkelaar.
NAVRAAG: Die Departementshoof Verbruikerstudies: Mnr. J. Prinsloo – j.prinsloo@hscenturion.co.za