Wiskunde
Probleemoplossing is die sentrale fokus in die onderrig en leer van Wiskunde met die spesifieke doelstellings: die ontwikkeling van die vermoë om logies te redeneer, te veralgemeen, te verbesonder, te organiseer, analoë te trek en te bewys, asook die ontwikkeling van insig in ruimtelike verwantskappe en meting. Slaagvereiste: 30%.
‘n Liefde en werksetiek word doelbewus vir die vak gekweek.
VAKAKTIWITEITE
Olimpiade, Ekspo vir jong wetenskaplikes.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
‘n Persentasie van ongeveer 70% vir Wiskunde is ‘n voorvereiste vir verdere studie in ingenieurswese, medies, tandheelkunde, veeartseny, natuurwetenskappe, rekenaarstudie, statistiek, sekere landbouwetenskappe, boukunde, tegnika, aptekerswese, ens.
NAVRAAG: Die Waarnemende Departementshoof Wiskunde: Me. I. Jacobs: i.jacobs@hscenturion.co.za