Afrikaans
Dit is ‘n vak wat vir universiteitstoelating tel.
BENADERINGSWYSE
Die fokus val op die vaslegging en uitbreiding van taal en geletterdheid en word deur prestasie-omskrywings gerekordeer. Drie groot afdelings naamlik lees, praat en skryf word onderskei, maar dit word met mekaar geïntegreer.
VAKAKTIWITEITE
Nasionale Afrikaans-olimpiade, verskeie ander skryfkompetisies, Afrikaans-ekspo en ander vakverwante aktiwiteite wat redenaars en debat insluit.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Vertaler, tolk, diplomaat, joernalis, radio- en TV-kopieskrywer, onderwyser, reklamewese, kommunikasie, buitelandse inligtingsdiens, skakelbeampte.
NAVRAAG: Die Departementshoof Afrikaans: Me. L. Roux – l.roux@hscenturion.co.za