maxinuss cover6
Neem kennis dat die volgende uitgawe van die nussbrief eers 14 Junie 2019 uigestuur sal word.

17 Mei 2019

Belangrike datums
Maandag, 20 Mei Dag 1,
Dinsdag, 21 Mei Dag 2, Hemelvaartdiens | Seunshokkie B-spanne teen Cornwall Hill College (weg)
Woensdag, 22 Mei, EKSAMEN BEGIN | Seunshokkie B-spanne teen Oos-Moot (tuis) | A-spanne teen Menlopark (weg) | Dogtershokkie Southdowns (weg)
Vrydag, 24 Mei, Netbal Cornwall Hill College (tuis)
Saterdag, 25 Mei, Rugby Middelburg (tuis) | Luggeweer Liga 5
Algemeen

Spesiale dag vir een van ons eie


Dinsdag ,14 Mei, was 'n ongelooflike spesiale dag in elke Woerie se lewe! Juffrou Kruger, ons is saam met u so dankbaar vir die ongelooflike verskil wat Lindie Strydom saam met Groot FM 90.5 en die borge kon maak. ‘n Groot dank aan "WebuyCars", "King Price", Spar, "Vision Properties" en "Cosmo Industrial" vir die finansiële bydraes wat julle gelewer het. Ons as gemeenskap is diep geraak deur julle goedhartigheid
Me. Kruger
“Toe die Woeries vanoggend 10 uur op die skool se aantreeblad bymekaar kom, het niemand geweet wat vir geliefde Juffrou Maretha Kruger (44) voorlê nie... Inteendeel, min mense het tot vandag geweet dat sy na ‘n lang dag op haar voete voor in die Duitse klas of op die sportveld waar sy Netbal, Sagtebal en Hokkie afrig, in die aand omtrent net kan lê met warmsakkies vir die pyn of dat sy op 5-jarige ouderdom al haar eerste kunsbeen gekry het en tot op hede dit elke 2 jaar moes vervang as gevolg van die slytasie op haar enkel. Jy sal dit nie sommer van haar weet nie, want in haar 22 jaar as onderwyseres het sy nog nooit toegelaat dat haar siekte haar op enige manier onderkry of terughou nie. Die kamstige vergadering waarvoor iemand haar laat kom het, het ons kans gegee om gou die leerders te vertel hoekom ons daar is en toe sy op die lang stoep voor die klaskamers aangestap kom, het die Woeries in ‘n baie emosionele oomblik soos een man vir haar opgestaan – amper asof hulle met ‘n gebaar erkenning wou gee aan hierdie juffrou wat haar lewe lank, ten spyte van en te midde van haar moeilike omstandighede, nog elke oggend opgestaan het om ‘n verskil te gaan maak.” Lindie Strydom, Groot FM
60176841_10161770072885646_3401281255646429184_o

Mnr. Koekemoer verjaar

Die Woeries het op Dinsdag, 7 Mei, behoorlik partytjie op die Woerie-kampus gehou! Mnr. Koekemoer (waarnemende hoof) se verjaarsdag is op Stemdag, 8 Mei, en hy wou graag sy verjaarsdag saam met al die Woeries en personeel spandeer en hul bederf met lekker pannekoek!

Daar was baie pret, kompetisies en vermaak rondom die bak van die pannekoeke. Elke leerder het dan ook ‘n pannekoek met ‘n vulsel van sy keuse gekry om pouse aan te smul! Ons bedank graag die VLR en betrokke personeel vir al hulle moeite, dit is vir seker 'n dag wat ons en mnr. Koekemoer vir altyd sal onthou!
Koekemoer 2

GDO aanlynregistrasies 2020

Ouers, neem asseblief kennis dat die webwerf op Maandag, 20 Mei 2019, om 08:00 open. (www.gdeadmissions.gov.za)

Rekenaarfasiliteite sal by die skool beskikbaar wees indien u sou belangstel. Meld asseblief enige tyd vanaf 07:45 - 14:00 by die voorportaal aan. Parkering sal op die skoolterrein beskikbaar wees.

Ons wil u graag aanmoedig om asseblief indien u nog nie het nie, u inskrywingsvorm saam met die nodige dokumentasie in te handig, dit sal regtig help om die proses te vergemaklik.

Hiermee die lys van nodige dokumente:
- Geboortesertifikaat
- Laaste Rapport (Gr. 7)
- Albei ouers se ID afskrifte
- Bewys van adres
- Indien relevant, die bewys van aanneming/voogskap of bewys van werk

SPORT
Hokkie
Seunshokkie (A-spanne) Woensdag, 8 Mei, teen Waterkloof:

O/14A 0-11 (verloor)
O/16A 0-8 (verloor)
1stes 0-5 (verloor)
Dogtershokkie teen Hatfield Christian School, Vrydag 10 Mei:

O/14A 1-3 (verloor)
O/14B 1-0 (wen)
O/15A 3-1 (wen)
O/15B 2-2 (gelykop)
O/16A 0-2 (verloor)
2des 4-2 (wen)
1stes 0-0 (gelykop)
Seunshokkie (B-spanne) teen Curro Hazeldean, Maandag, 13 Mei:

O/14B 3-0 (verloor)
O/16B 2-2 (gelykop)
2des 3-1 (verloor)
Hokkie
Rugby
Rugby teen Hoërskool Florida

1ste: 31-17
2de: 17-12
3de: 27-5
0/16A: 31-17
0/16B: 24-10
0/15A: 43-12
0/15B: 48-5
0/14A: 24-0
0/14B: 27-17
Netbal
Netbal teen Hoërskool Wonderboom:

14A: 21-7
14B: 22-5
14C: 18-2
15A: 18-14
15B: 13-16
16A: 37-13
16B: 18-14
16C: 8-16
17A: 9-12
17B / 3de: 8-22
1ste: 36-11
Tennis

Tennisliga


Die tennisligas van die tweede kwartaal is voluit aan die gang. Die junior seuns en -dogters se ligas staan einde se kant toe. Hulle het albei gemengde welslae beleef in die onderskeie ligas. Die junior seuns het Donderdag, 9 Mei, teen Hoërskool Menlopark gespeel en ongelukkig 28-39 verloor.
Die senior seuns se liga het heelwat later begin. Hulle het reeds twee wedstryde gespeel en het albei wedstryde gemaklik gewen.

Sterkte aan al die spelers vir die res van die seisoen. Baie dankie dat julle die skool se naam op die tennisbane so hoog hou.
Luggeweerskiet

Luggeweer en –pistoolompetisie (Liga 4: Saterdag, 11 Mei)

Geweerafdeling:

O/21
Tiaan Geldenhuys - Algeheel eerste
Ashley van Rooyen - Tweede
Monique Batt - Sesde
Hardus Badenhorst - Negende
Pistoolafdeling:

O/21
John Batt - Tweede
Elani Riekert - Vierde

O/14
Kristian-Leigh Cockrell - Algeheel eerste
Graeme Salvage - Vyfde
KULTUUR
Revue

Revue gons steeds


Na herhaaldelike oefensessies en laat aande het Illumina uiteindelik die lig gesien! Ons Woeries het die gemeenskap aan die gons gehad met 'n week se fantastiese optredes. Met meer as helfte van die Woerie-kampus se leerders wat aan Illumina deelgeneem het, het dit vir 'n wye verskeidenheid vertonings, 'n gelukkige gehoor en 'n groep leerders wat nuwe ervarings kon opdoen, gesorg.

Die oudisies vir die reeks vertonings het reeds aan die einde van 2018 aanvangs geneem. Na die verkiesing van die top sangers en sangeresse kon die opname van stemme vir agtergrondmusiek begin. Daar was aan die leerders geleentheid gebied om nuwe vaardighede aan te leer - van dans, sing en selfs produksiewerk is op die tafel gelê. Die choreograwe het hulle hande vol gehad om elke vertoning se bewegings uniek te maak, maar met behulp van S. Barnard, M. Bothma, E. Brand, Leané Jordaan, Lenette Jordaan, I. Ligthelm, M. Ligthelm, A. Nel, S. van den Berg, J. van der Merwe, S. van Niekerk en R. Vermeulen kon die taak met uitstekende uitslae vermag word.

Op twee van hierdie vertoningsaande is daar ook vir 'n paar van ons dramaleerders die geleentheid geskep om deur beroemde beoordelaars raakgesien te word. Die beoordelaars het punte vir hul optrede toegeken en hierdie punte dra by tot die leerders se jaarpunt vir Drama.

Die geleentheid het definitief 'n merk in 2020 gelaat en ons wil opreg dankie sê aan elke leerder, ouer, afrigter en personeel wat die produksie van Illumina moontlik gemaak het. Ons wag nog om te hoor hoeveel van ons items het deurgedring na die Kaleidoskoop-kompetisie in Augustus.

Daar is ook 'n DVD opname gemaak en is beskikbaar teen R150.
Omnes Gentes Gloria (al die nasies eer)
Revue 2
Revue 1
Cleopatra

Cleopatra finaliste


Baie geluk aan die volgende finaliste wat vanjaar die voorreg gaan hê om aan Cleopatra deel te neem.
Dogters:
Karli Snyman
Anica Vos
Kara Durie
Janique Etsebeth
Chrisel Kleynhans
Lindi Viljoen
Zanie Gorgens
Megan Rabe
Viona Cockrell
Rulise Badenhorst
IMG-20190514-WA0004
Seuns:
Christiaan van Niekerk
Jonathan Voster
Conrad Mouton
Lefa Metswani
Henre Hayes
Nathan Wentzell
Aldin van Beest
Dwayne du plooy
Afwesig op foto (Steyn Niemand en Maree van den Berg)
IMG-20190514-WA0005
Buitemuurs

Fotografieklub

Die fotografieklub het weer fotokompetisie gehou. Twee kameras is op die spel vir die einde van die jaar. Die tema vir April was "Primêre Kleure" en Ronin Rybnikar was die temawenner vir die maand met sy foto
“Agter die tralies is daar onskuldige vlerke wat kan span”.


Ons kies dan ook ‘n algehele wenfoto vir die maand en weereens was dit Ronin Rybnikar met sy foto “Hou jou oog op die bal”. Ons volgende kompetisie-aand is 16 Mei met die tema "Aksie".
Sien gerus die wenfoto asook ander mooi foto's wat ingeskryf is.

AGN Landloop

Baie geluk aan Jana van der Merwe en Charlene Rybnikar wat onderskeidelik die goud en silwer medaljes verower het tydens die AGN Nagwedloop Landloop Liga die afgelope Vrydag te TUT.

Eerskomende Vrydag neem ons aan die jaarlikse NWU Pukke Menlo Landloop Aflosbyeenkoms deel en Saterdag die laaste voorseisoen AGN liga vir die kies van ‘n Interprovinsiale span wat op 1 Junie te Middelburg deelneem. Sterkte aan ons atlete.
alumni

Oud Woeries presteer

Oud Woeries, Marianke v.d. Merwe, Elri Herman en Niki Grobler is deel van die SA Vroue Sagtebalspan.
Die SA Vrouespan het die naweek aan die Afrika kwalifiserende rondte vir die Olimpiese Spele deelgeneem. Die span het tweede geëindig en het dus gekwalifiseer om van die 20ste tot 30ste Julie in Europa te gaan speel. Ons is voorwaar trots op die oud-Woeries.

Die skool is net so trots op mnr. Paul Prinsloo, een van die Woeries se afrigters, wat ook deel van die afrigtingkorps van die SA Vrouespan is.
Sagtebal (1)
advertensies
Groep Finaal 2 (2)
Bean Juice
Add
Guest
Studievaardighede kursus poster
facebook youtube instagram website