maxinuss cover9

18 April 2019

Belangrike datums
Saterdag, 20 April - Eerste rugbyspan speel in die St Dunstan's College se “ Easter Sports Festival” om 16:00 teen Falcon College van Zimbabwe.
Maandag, 22 April - Paasnaweek | Eerste rugbyspan speel in die St Dunstan's College se “ Easter Sports Festival” om 10:40 teen St John's College van Zimbabwe.
Dinsdag, 23 April Dag 4 -
Woensdag, 24 April Dag 5 - Dogtershokkie teen Sutherland (weg) | Seunshokkie B teen Hendrik Verwoerd (Weg).
Donderdag, 25 April Dag 6 - Eerste rugbyspan speel in die St Dunstan's College se “ Easter Sports Festival” om 13:20 teen Hellenic Academy van Zimbabwe.
Vrydag, 26 April Dag 1 - Luggeweerskiet | Netbal teen Pretoria-Noord (tuis)
Saterdag, 27 April - Rugby (loslootjie)
Woensdag 22 Mei: Eksamen begin
Algemeen

Opedag 2019


Baie dankie aan elke ouer en leerder wat die moeite gedoen het om die Woerie-kampus te kom besoek, dit was vir ons ongelooflik lekker om u hier te verwelkom. Ons is dankbaar vir elke Woerie, personeellid en afrigter wat tot die sukses van die Opedag bygedra het.

Ons was voorwaar net weer trots op die manier waarop die Woerie-familie iets aanpak en die Woerie-liefde wat so spontaan en opreg uitgestraal word.
DSC_0024
'n Groot dank aan die volgende rolspelers wat ons skool so goedgesind was en ons Opedag so mooi ondersteun het.
- Purple Cow Midstream baie dankie vir die borg van al die heerlike verversings.
- Afrison LED & SOLAR Solutions baie dankie vir die borg van addisionele beligting op ons terrein.
- Elegant Photobox Photo Booth baie dankie vir die oulike foto's wat julle by die fotohoekie geneem het.
- Elwo Printing, baie dankie vir al die drukwerk asook al die bystand wat tydens die dag gelewer is.
- Nina Britton, baie dankie vir al die mooi kunswerke wat u vir ons opgemaak het vir die Opedag.
- Danie Steele baie dankie vir al die klank en beligting wat u verskaf het.

Die aanlyn registrasie vir 2020 maak reeds op 13 Mei oop, ons sien uit om al die Amper-Woeries deel te maak van die Woerie-familie!

Opedag 1

Fondsinsameling - Kaskarbyeenkoms


Ons leerders se geluk is een van die grootste prioriteite by die skool. Daarom het ons die besluit gemaak om vanjaar Kaskardag heelwat vroeër te hou en terselfdertyd matrikulante daarby te betrek.
Kaskardag het op 14 Maart plaasgevind en was 'n groot sukses en 'n heerlike pretdag vir die leerders gewees.
Ons wil u egter steeds uitnooi om die skool se fondsinsamelingsprojek te ondersteun wat eers op 3 Mei sal sluit.
U samewerking en bydrae kan 'n groot verskil maak.

Hoofleiers besoek Louis Leipoldt


Die hoofleiers van Hoërskool Centurion Woerie-Kampus, Tiaan van den Berg (hoofseun) en Savannah Combrinck (hoofdogter), het onlangs vir die nuut verkose Leipie hoofleiers, Reinhardt Beyers (hoofseun), Luché Steyn (hoofdogter), Josua Markram (onderhoofseun) en Zoe Beeslaar (onderhoofdogter) spesiaal 'n geskenk oorhandig om hulle sterkte toe te wens vir hulle dienstermyn wat voorlê. Ons Woeries is so trots op al die Leipie-hoofleiers en wens hulle alles van die beste toe.
56883547_307362423291539_6984585828047519744_n
SPORT
Hokkie
Die eerstespan hokkiedogters het Vrydagaand hulle eerste ligawedstryd teen Curro Hazeldean gespeel. Na hul uitstekende spel en voortdurende harde werk gedurende die wedstryd, het hulle 4 – 2 gewen!
Met Saterdag se laaste PUK-reeks wedstryd teen Oos-moot het ons eerste span hokkieseuns met uitmuntende spel, 4-0 gewen! Ons is baie trots op julle!

Die ander span wat vir seker uitgestaan het in Saterdag se PUK reeks was ons 0/14 A hokkiedogters, wat fantasties gespeel het en Oos-moot 2-0 gewen het. Ons sien baie uit na die res van die ligawedstryde!
SPORT
Rugby-uitslae teen Oos-Moot:

0/14A: 10-19
0/14B: 15 elk
0/15A: 12-28
0/15B: 0-19
0/16A: 42-21
0/16B: 7-45
3de: 14-27
2de: 12-21
1ste: 21-33
Netbaluitslae teen Oos-Moot:

O/14 A : 9-23
O/14 B: 8-29
O/14 C: 5-15
O/15A: 18-18
O/15 B: 13-27
O/15 C: 9-26
O/16 A: 23-15
O/16 B: 22-8
O/16 C: 3-13
O/17 A: 10-20
1ste: 16-9
2de: 19-16
3de: 7-33
Rugby
KULTUUR
Revue
REVUE MAXI-NUUS
Buitemuurs

Woerie neem deel aan Afrikaspele


Savannah Combrinck (hoofdogter) het puik presteer in die spiesgooi dogters o/20 afdeling met 'n ongelooflike gooi van 50,98 meter. Sy word in die nasionale span vir die Afrika Jeug-Atletiekkampioenskappe opgeneem wat by die Ivoorkus vanaf 14 – 19 April plaasvind.

Savannah, ons is ongelooflik trots op jou en hou jou dop by die Afrikaspele, ons weet jy kan!
S. Combrick
borge

Skool opgewonde oor opgradering


Prentjiemooi voorportaal
U het seker al vanjaar gesien dat die skool se voorportaal 'n "make over" ondergaan het. Dit was 'n heerlike projek om aan te pak en die eindproduk vertoon uit die boeke. Hierdie projek sou nie moontlik gewees het sonder ons borge nie. Baie dankie aan Leo Haese Centurion BMW asook Afrison LED & SOLAR Solutions vir die ongelooflike groot bydrae. 'n Besonderse dank ook aan me. J. van der Merwe vir al haar tyd en moeite wat in die projek ingegaan het.
nor
TIX-muur kry 'n nuwe baadjie
TIX bedank graag al die TIX-leiers en -leerders sowel as Elwo Printing vir die moeite wat hulle gedoen het om die TIX-muur so mooi op te knap. Baie dankie vir julle lojale ondersteuning teenoor die skool en dat julle saam met ons hande vat om die skool vooruit te laat groei.

Nuwe Stoele
Baie dankie Doxa Deo Lyttelton vir die pragtige mooi nuwe stoele wat julle vir die saal geborg het. Die saal lyk sommer baie spoggerig en ons is ongelooflik dankbaar vir die mooi gebaar.

Pawiljoen het kleur
'n Ongelooflike groot dankie aan Purple Cow Midstream vir ons pawiljoen wat sommer weer splinternuut lyk. Die pawiljoen is so netjies geverf en ons het reeds verlede Saterdag ons nuut geverfde pawiljoen by die sportbyeenkoms geniet.

VLR - Projek
Baie dankie aan die VLR van 2019 vir die moeite wat hulle gedoen het om die ingang van ons skool so mooi te maak. Die ingang lyk sommer baie spoggerig.
VLR - 2019
advertensies
A1 poster02 small
ILLUMINA REVUE 2019_POSTER