maxinuss cover11

20 September 2019

Belangrike datums
Maandag: 23 September - Luggeweerskiet Nasionale Kampioenskappe | Krieket 14A Toer – Durban | Gr. 11 Wiskunde Lenteskool
Dinsdag: 24 September - Luggeweerskiet Nasionale Kampioenskappe | Krieket 14A Toer – Durban
Woensdag: 25 September - Luggeweerskiet Nasionale Kampioenskappe | Krieketproewe
Donderdag: 26 September - Luggeweerskiet Nasionale Kampioenskappe | Krieketproewe
Vrydag: 27 September - Luggeweerskiet Nasionale Kampioenskappe | Krieketproewe
Dinsdag: 1 Oktober - Dag 5 | Skool begin
SPORT
Sagtebal

Sagtebalspanne presteer by uitspele.


Die o/16 A-sagtebalspan spog met 'n pragtige wen teen Overkruin in die Noord-Gauteng sagtebal semi-finaal. Die dogters het uitgehaal en gewys met ‘n uitsonderlike wentelling wat op ‘n hoë vlak van die liga behaal is. Hierdie span het direk vir die finaal gekwalifiseer.

Die o/15A-span het 'n skitterende wedstryd teen Oos-Moot gewen. Die dogters het werklik hulle beste sportmanskapgees en talente uitgestraal en daarmee saam ook direk vir die finaal gekwalifiseer.
o15 A (2)
Die eerste sagtebalspan het ongelukkig met 'n baie nou telling teen Oos-Moot verloor nadat hulle aan die begin van die wedstryd ver agter was. Die span kwalifiseer nogsteeds vir die semi-finaal, maar ongelukkig is dit is nou net 'n langer pad na die finaal van uitspele.

Die O/14 A-span het na 'n baie strawwe wedstryd verloor. Die span is ook, soos die eerste span, in die semi-finaal.

O/14 A verloor 1-2 teen Oos-Moot
0/15 A wen 11-0 teen Oos-Moot
0/16 A wen 14-0 teen Overkruin
1stes verloor 7-4 teen Oos-Moot

Ons wens graag vir al die spanne en hulle afrigters baie sterkte toe met die belangrike wedstryde wat voorlê. Ons weet dat Woerie-sagtebal tops is en die spanne sal voortbou op die harde werk wat reeds ingesit is.

Fotokrediet: GB Jordaan

Nuutste krieket nuus

Die trekking van die Noord-Suid T20 skolekompetisie is Dinsdagoggend lewendig op Groot Ontbyt uitgesaai. Mnr. Joe Cloete, wat as die voorsitter van die Nasionale kompetisie diens doen, was in die ateljee vir ‘n onderhoud. Die skool het ongelooflike bemarking gekry deurdat almal landswyd nou besef dat die inisiatief vir die kompetisie by ons lê. Volg die skakel vir die hele onderhoud: http://bit.ly/Noord-SuidT20

Tydens die trekking is Centurion as groep B getrek en sal dus teen Rondebosch Boys High van Kaapstad, Grey College van Bloemfontein en Rustenburg te staan kom. Die groepwedstryde vind op 3 en 4 Oktober plaas. Die 3de speel ons 13:30 op die velde van PHSOB en die 4de speel ons albei wedstryde by Camp Discovery – die veld waar die finaal ook vanjaar beslis sal word. Vrydag sal beide die Rustenburg en Grey College-wedstryde lewendig deur pitch vision uitgesaai word.

Ons wens mnr. Cloete graag geluk met sy betrokkenheid by die toernooi en is trots op die professionele wyse waarop hy ons skool verteenwoordig.

Intussen is die ligabepalings teen Waterkloof verlede week afgehandel. Ongelukkig het al ons A-spanne hul wedstryde verloor. Die eerste span het wel met 8 paaltjies verloor, maar weliswaar nie ‘n bonuspunt afgestaan in die proses nie. Die juniors speel vandeesweek teen Pretoria Boys High.

Die 0/14-krieketspan vertrek Vrydagoggend na Durban, waar hulle aan die Shaun Pollock-krieketweek by Northwood School gaan deelneem.
N. Wentzel

Atlete lewer hul bes by voorseisoen byeenkoms

Ons atlete het onlangs teen Eldoraigne aan ‘n voorseisoen byeenkoms deelgeneem waar hulle puik presteer het. Die atlete het min tyd gehad om voor te berei vir die byeenkoms, maar het beslis gewys hoe Woeries ‘n ding doen. Ons atlete het almal baie goed gevaar en sommige leerders het top drie posisies in verskeie aktiwiteite gehaal. Gedurende die byeenkoms was ons getalle aansienlik minder as dié van Hoërskool Eldoraigne, maar ons leerders het deurgedruk om ‘n algehele tweede plek by die byeenkoms te verower. Die volgende leerders het almal in een of meer aktiwiteite die top 3 gehaal:
Brandon-Lee Snyman
Iwan Kemp
Wendell Wylbacht
Johan Botes
Marlene van der Linde
Gabby Koeleman (gr.7 Louis Leipoldt)
Ronin Rybnikar
Louise Bruwer
Ulrich Putter
Isabelle van Niekerk
Kara Durie
Almero Muller
Maryke Geldenhuys (gr.7 Louis Leipoldt)
Jolize Botha
Anika Gouws
Echardt van Heerden
Devlin Delport
Joel Joannou
Donna-Lize Weber
Carene Balt
Luzanné de Jong
Paul Strydom
Jean-Pierre Pretorius (gr. 7 Louis Leipoldt)
Louise Bruwer
Dillan van Niekerk
André Erasmus
Clarissa Pretorius
Lindi Viljoen
Gareth Smith
Kaylan Pieterse
Vian van der Merwe
Elandri Holtzhauzen
Johan Botes
Wiehan Labuschagne
Sumari Smit
Dawid van den Berg
Mirna Lombard
Deo-Moré Beukes
Carli Kok
Viona Cockrell
Conrad Mouton
Fotokrediet: Keone Nel, Mediahuis
A. Pretorius
KULTUUR

Ons koor draai koppe by die 5 Skole Koorkonsert

Die Hoërskool Centurion Skoolkoor is deur Hoërskool Zwartkop uitgenooi om op 14 September 2019 deel te kon wees van die Centurion 5 Skole Koorkonsert. Die konsert is aangebied in die nuut uitgeboude skoolsaal van Laerskool Hennopspark. Ons het die verhoog met Laerskool Hennopspark, Laerskool Wierdapark, Laerskool Bakenkop en Hoërskool Zwartkop gedeel.

Tydens die glansgeleentheid het elke skoolkoor ‘n program van vier liedere gelewer. Daar is ook vier massakoor-items deur al die koorlede (ongeveer 400 stemme) aangebied Ons Woerie-koorlede het onder die bekwame leiding van mnr. Anton Pottas en me. Leanda Schelhase ‘n veelsydige program skitterend aangebied. Die koorlede het met hul nuwe koordrag beïndruk en vele komplimente vir hul uitmuntende sang en pragtige vertoning ingeoes.

In elkeen van die vyf kore is ‘n koorseun en -dogter van 2019 aangewys. Baie geluk aan Johan Piek (gr.12) en Chante Bosch (gr.12) wat dié gesogte toekennings ontvang het. Daar is ook twee ambassadeurs per koor aangewys en Elaine van den Berg (gr.12) en Bernard Webster (gr.10) het dié besonderse toekennings ontvang.

Ons skoolkoor het hierdie jaar bewys dat te midde van ‘n revuejaar elke koorlid steeds sy alles gee sodat ons ‘n produk van uitmuntende gehalte kan lewer.

Baie dankie aan elke Woerie-koorlid en -ouer wat ons vanjaar so ondersteun en gedra het. ‘n Groot dankie ook aan me. Linda van Zijl wat die koor met soveel passie en liefde lei. Julle is staatmakers en Woeries van formaat!

Die skoolkoor se laaste twee optredes van die jaar is op 9 en 23 Oktober 2019 tydens die matrieks se afskeidsdiens en die skool se Kersfeesdiens.
Koor
TIX

Woeries deel Bybels uit by Lyttelton Primary

Die Woeries het saam met twee gr. 10 dogters, Lané Truscott en Hanri Noëth, hande gevat om van hul Bybelsverspreidingsprojek 'n groot sukses te maak. Die Woerie-hartklop was duidelik sigbaar toe die Woeries nie net hul harte oopgemaak het nie, maar ook hul beursies.

Die fondsinsameling was ten bate van 'n gekose laerskool in ons omgewing aan wie ons wou teruggee. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het met die fondse Bybels en doen-en-verstaan boekies aan die gr. 1's en gr. 7's geskenk.

"Om die vreugde op die kleintjies se gesiggies te sien, maak elke dag, minuut en sent die moeite werd. Dankie, Woeries, vir julle bydrae. Julle het 'n verskil gemaak!" ~ Lanè Truscott
TIX
Cleopatra

Leer ons Cleopatra-wenners ken


Die Woerie-mediahuis het dit goed gedink om ons Cleopatra wenners beter te leer ken, dus het ons vir elkeen van hulle vyf vrae deurgestuur om te beantwoord.

Hierdie week leer ons die eerste prins, Maree van den Berg ken:

(V) Hoe voel dit om die Eerste Prins te wees?
(A) Dit voel kwaai goed om Eerste Prins te wees, want dis 'n ander tipe kompetisie en boonop kom ek nooit eerste (eintlik tweede) in enige iets nie!

(V) Wat sal jy sê, het tot jou sukses met Cleopatra 2019 gelei?
(A) Ek dink my sukses het daarin gelê dat ek dit net geniet het en deur die loop van die kompetisie myself was. Almal wat by Cleopatra betrokke was, soos die juffrouens, klank- en beligtingspan, borge en die ander finaliste, het ook 'n groot rol gespeel.
M. van den Berg
(V) Wat het deur jou gedagtes gegaan toe jou naam as Eerste Prins gelees is?
(A) Dit het eers nie lekker in my kop geregistreer nie, maar ek was verbasend rustig en hoogs tevrede.

(V) Het jy dit verwag om as Eerste Prins aangekondig te word?
(A) Eerlikwaar het ek nie eers verwag om in die top 6 te kom nie! Dan nie eers gepraat van top 3 nie!

(V) Wat van Cleopatra was vir jou die hoogtepunt?
(A) Dit was beslis die lekkerste om met die formele klere te loop, want ek was en is steeds gek oor die pak wat ek kon dra.

Fotokrediet: GB Jordaan
sosiaal

Woeries en personeel vang gees met Bok-Donderdag

Ons leerders het hulle gees vir die Rugby Wêreldbeker gewys met ons eie Bok-Donderdag. Almal het hulself geniet en die heerlike lang pouse waardeer. Daar was ‘n klein interne kompetisie gewees om te sien wie die geskikste kleredrag vir die verskeie kategorieë aanhet. Die verskeie kategoriewenners van die dag is ook aangekondig en ons sê graag geluk aan M.J Erasmus wat die Beste Springbokgees kategorie gewen het en Andelein Bezuidenhout wat die Beste Ondersteuner van 'n Ander Land kategorie gewen het. Dit was ‘n ongelooflike lekker dag en ons kan nie wag om te sien hoe die Springbokke tydens hierdie jaar se Wêreldbeker vaar nie.
M. Erasmus en A. Bezuidenhout (1)
Baie dankie aan RocoMamas, Jean Crossing, vir die heerlike burger en slaptjips bederf, wat elke personeellid ontvang het. Dit was voorwaar ‘n wonderlike manier om die kwartaal mee af te sluit.

Baie dankie ook aan al die personeel wat gehelp het om Bok-Donderdag ‘n groot sukses te maak.
bemarking

HSC-Vraelys

Geagte Woerie-Ouers

Hiermee nooi ons u hartlik uit om die HSC-vraelys in te vul.

Hierdie vraelys sal die skool ondersteun om die terugvoer wat ons ontvang hoog op prys te stel om te verseker dat die skool altyd so effektief en relevant as moontlik optree.

Volg gerus die skakel na die vraelys.

Dagboek Voorblad Kompetisie

Hiermee nooi ons al die kreatiewe leerders uit om aan die skooldagboek ontwerpkompetisie deel te neem. Leerders kry die geleentheid om vir Hoërskool Centurion 'n nuwe voorblad vir die 2020 leerderdagboek te ontwerp en sodoende ‘n kans te staan om hul naam en ontwerp op die voorblad van die skooldagboek te laat verskyn.

Inskrywings sluit 4 Oktober 2019.
Dagboek Voorblad
Buitemuurs

Ons hokkie dogters maak opdrif

Anoeschka de Villiers en Zea Cajada is onlangs uit ‘n groep verskeie en talentvolle dogters gekies om deel van ‘n hokkiespan te vorm, wat vanaf 26 November 2019 tot 8 Desember 2019 op ‘n ontwikkelingstoer na Spanje en Portugal gaan vertrek.

Gedurende hierdie toer gaan die dogters afrigting by die Valencia Universiteit ontvang. Hierdie Universiteit is verantwoordelik vir die afrigting van internasionale spelers en spanne. Die span gaan aan verskeie wedstryde teen klubs en nasionale spanne deelneem asook aan toernooie tydens die toer deelneem wat die Ibetia Peninsula toernooi insluit.

Ons wens hierdie twee dogters sterkte toe en wens hulle geluk met hierdie ongelooflike prestasie!

Polsslag Voortrekkers

Die Polsslag Voortrekkers maak ‘n skenking

"Ons is opgewonde om hierdie Vaderlandswilg namens Polsslag Voortrekkers aan Hoërskool Centurion te oorhandig.

Polsslag Kommando vier hierdie jaar hul 70ste bestaansjaar en hierdie boom is 'n simbool van hoop - hoop dat ons nog lank saam sal staan as kommando, saam sal staan met die skool en saam sal staan as 'n generasie.

Dit dui op hoop vir die toekoms en soos wat die boom groei, sal ons groei."
~Erica Weyer

Hoërskool Centurion is baie dankbaar vir Polsslag Voortrekkers se besonderse skenking! Hierdie boom simboliseer 'n nuwe begin van baie dinge by ons skool.
Polsslag Voortrekkers

‘n Woerie keer na Duitsland as ‘n uitruilstudent


Een van ons Woeries, Charlise Meiring, is goedgekeur en as ‘n kandidaat gekies om as uitruilstudent na Duitsland te gaan. Sy het vir die keuringstoets ‘n punt van 68% behaal wat haar 13de in die provinsie en 21ste in die land plaas. Sy gaan vanaf 27 November 2019 tot 9 Januarie 2020 in Duitsland spandeer. Sy gaan vir daardie 6 weke by een van die skole ingeskryf word waar sy saam met die Duitse leerders gaan klas draf.

Hierdie is ‘n fenomenale geleentheid en ons wens haar geluk met hierdie prestasie.
C. Meiring
Ware woerie ouers

Fondsinsameling


Die opgewondenheid loop reeds hoog in die lug, maak seker dat u nie die onvergeetlike vertoning mis nie. Die WWO gaan ‘n tweede fondsinsameling ten bate van die skool by die Rockwood Theatre op 12 Oktober 2019 hou. Die optrede se tema is "A Tribute to Neil Diamond and Friends". Kom geniet 'n heerlike aand saam met ons teen slegs R150!

Kaartjies is by registerpersoneel beskikbaar.
rockwood_wwo_FB_ad_2019
alumni

Oud-Woeries


Woeries se hoofseun van 2016, Dehan Pöhl, het onlangs vir die VLR van 2019/2020 kom kuier om 'n bietjie wenke en wysheid met hulle te deel.



Dehan het onlangs vanaf Viëtnam teruggekeer waar hy Engels by Viëtnamese skole onderrig het. Hy kon a.g.v. 'n vertraagde vlug nie die VLR-inhuldiging bywoon nie en het daarom die moeite gedoen om by sy Sonneblomme van graad 8 'n draai te maak!

~Maree van den Berg, Mediahuis

Fotokrediet: Anica Vos
Hoofseun
advertensies
Sosiale Media Ad
Poste 1
Poste 2
Poste beskikbaar -Studente
Studenteposte 2
YouTube Kompetisie
RUGBY_UITNODIGING2019
Kampusdag
Makro Stappe
facebook youtube instagram website