WOERIE_KAMPUS
Beste Amper-Woerie-Ouers

Na aanleiding van 'n belangrike kennisgewing wat deur die Departement aan al die skole gestuur is, wil ons u graag in kennis stel van die volgende verwikkelinge rakende die aanlyn registrasies.

Die GDO-aanlynregistrasies is uitgestel na 20 Mei 2019 om 08:00. Ons wil u graag steeds aanmoedig om asseblief u inskrywingsvorm saam met die nodige dokumentasie in te handig.

Ons wens u sterkte toe met u keuse en indien u enige verdere navrae het, is u welkom om vir Marco by registrasie@hscenturion.co.za of 012 664 5803 te kontak.
facebook youtube instagram website