kersfees_maxinuss cover

4 December 2019

Belangrike datums
Maandag: 13 Januarie 2020 - Gr. 8-kamp
Dinsdag: 14 Januarie 2020 - Gr. 8-kamp
Woensdag: 15 Januarie 2020 - Skool open | Toneel- en Kooroudisies
Donderdag: 16 Januarie 2020 - Toneel- en Kooroudisies
Vrydag: 17 Januarie 2020 - Toneel- en Kooroudisies
Saterdag: 18 Januarie 2020 - Netbalproewe | Dogters hokkieproewe
Algemeen

DIE NUWE BEHEERLIGGAAM VIR 2020


Met groot opgewondenheid stel ons graag die Beheerliggaam van 2020 aan u bekend:
BL-Voorsitter: Mnr. D. Durie
BL-Ondervoorsitter: Mnr. N. Pretorius
Sekretaris: Me. T. Grundlingh
Tesourier: Mnr. D. Botha
Mnr. H.J. Koekemoer
Mnr. A. Labuschagne
Mnr. W. Combrinck
Mnr. J. Lombard
Me. A. Van Niekerk
Mnr. V. van den Berg (gekoöpteer)
Mnr. H. Steyn (gekoöpteer)
Mnr. D. Barnard
Mnr. J. Nagel
Me. M. Digue
Ons wens elke Beheerliggaamlid alle voorspoed toe met die groot en belangrike rol wat aan hulle toevertrou is. Die personeel en ouers is in groot afwagting om te sien watter positiewe bydraes tot die skool en die gemeenskap gelewer gaan word.
Beheerliggaam (1)

Hoërskool Centurion het Noord-Gauteng se beste


Mnr. Dion Saayman het groot eer tydens Noord-Gauteng se atletiekmerietefunksie op Vrydag, 8 November 2019, ontvang, waar hy as die landloopafrigter en algehele mansafrigter van die jaar aangewys is.

Mnr. Saayman het in Malmesbury, Wes-Kaap, grootgeword waar sy afrigtingsloopbaan al in gr.11 begin het toe hy sy skool, Hoërskool Swartland, se landloopafrigting na aanvraag vanaf die sportorganiseerder oorgevat het. Sy amptelike afrigtingsloopbaan het in 1984 as ‘n buite-afrigter by ons skool begin, terwyl hy nog by die Lugmag aangestel was.
Mnr. D. Saayman
In 2006 vat mnr. Saayman pakket by die Lugmag en word deur mnr. Burger genader om aansoek te doen vir ‘n voltydse pos as atletiek- en landlooporganiseerder, waarna mnr. Saayman permanent by die skool aangestel is. “Ek heg hoë waarde aan lojaliteit en as gevolg van die lojaliteit wat die skool teenoor my oor die jare gewys het, het ek besluit om dieselfde te doen. Ek het die werk aanvaar met die besluit om die res van my loopbaan by Hoërskool Centurion te voltooi.” sê mnr. Saayman.

Mnr. Saayman se sukses gedurende sy loopbaan het soos ‘n veldbrand gegroei en hy het al besonderse atlete opgelewer. Gedurende sy landlooploopbaan bereik hy en sy atlete die volgende:

9 atlete ontvang voltydse studiebeurse by buitelandse universiteite
16 Springbokatlete neem aan verskeie landloop-, atletiek- en padwêreldkampioenskappe deel
3 tweekamp wêreldkampioene
78 Suid-Afrikaanse landloopkampioene
511 landloop provinsiale skoolatlete
288 landloop provinsiale senior- en veteraanatlete
Ronel Thomas – Neem vanaf 1999 aan die meeste landloop-wêreldkampioenskappe deel vir Suid-Afrika.
Bennie Roux – Eerste Suid-Afrikaner om die top 3 te haal in die MOAB240 (392.67km), wenner van die 2017 Munga (400km), wenner van 2016 Addo Elephant Trail Run (160.93km).

“My dogter Letitia is definitief sover die grootste hoogtepunt van my loopbaan” sê Saayman.

Letitia word vir drie opeenvolgende jare gekies om Suid-Afrika by die landloop-wêreldkampioenskappe te verteenwoordig. Tydens haar studies in die VSA word sy vir vier opeenvolgende jare as wenner van die Conference aangewys, waar sy in 2015 ook onoorwonne by die Conference en Regionals was. Letitia verower ook All American Cross Country Colours; wat slegs 4 Suid-Afrikaanse vrouens vanaf 1980 kon verwerf.

Hoërskool Centurion is ongelooflik trots op die fenomenale wêreldklasafrigter wat al soveel prestasies in sy loopbaan kon oplewer en sien uit na die talle wêreldkampioene wat nog gaan voortspruit.
AKADEMIE

Alpha Wiskunde-leerders presteer

Ons hier by Hoërskool Centurion het 17 leerders wat Alpha Wiskunde neem. Die leerders het uitstekend gevaar en ons sê geluk aan Chanté Bosch met haar punt van 88%. Baie geluk ook aan Johan Piek wat vyfde in Suid-Afrika met 96% is.
Chante Bosch
J. Piek (1)
SPORT
Sagtebal

Woeries as Gauteng-kampioene gekroon

Na afhandeling van die finale van die Tshwane-liga het die O/14 A- en eerste span gekwalifiseer om Vrydag, 18 Oktober, aan die SASI-kampioenskappe deel te neem, om die beste skole tussen Tshwane en Noord-Wes te bepaal.

Die O/14 A-span het teen Brits gespeel en die eerste span teen Hoërskool Hartbeespoort. Beide spanne het hul wedstryde gewen en is as SASI-kampioene gekroon.

Op Saterdag, 19 Oktober, was dit die Gauteng-kampioenskappe, waarvoor die eerste span gekwalifiseer het om aan deel te neem.

Dit was ‘n ongelooflike warm dag, maar die Woeries se eerste span het hul goed van hul taak gekwyt deur drie wedstryde na mekaar te speel en elke wedstryd te wen.

Die eerste span is dus as Gauteng-kampioene gekroon en Hoërskool Centurion is ongelooflik trots op die dogters sowel as op hul hoofafrigter, mnr. Paul Prinsloo.

Baie geluk aan al die spanne vir ‘n ongelooflike suksesvolle seisoen.

Fotokrediet: GB Jordaan
Eerstespan - Gauteng Wenners

Sagtebalafsluiting

Die Sagtebal het Vrydag, 8 November 2019, hul jaarlikse sagtebalafsluiting gehou.

Die aand het begin met ‘n prysuitdeling in die saal waar die dogters en afrigters bedank en bekroon is vir die fantastiese sagtebalseisoen van 2019.

Na afhandeling van die prysuitdeling het almal lekker saam gekuier en gebraai en saam as spelers, afrigters en ouers die suksesvolle sagtebalseisoen gevier.

Dankie weereens aan elke afrigter, speler en ouer wat gehelp het om 2019 so 'n onvergeetlike jaar vir sagtebal te maak.
SPAN: 0/14 A
Beste vordering - Emma Viljoen
Beste kolwer - Jenna van Doorene
Beste veldwerker - Estmari Fourie
Beste speelster - Mirna Lombard

SPAN: 0/15 A
Beste vordering - Riané Bosman
Beste kolwer - Bianca de Lange
Beste veldwerker - Tanya Niemand
Beste speelster - Tanya Niemand

SPAN: 0/16 A
Beste vordering - Karna Potgieter
Beste kolwer - Tessa Engelbrecht
Beste veldwerker - Suretha v.d. Merwe
Beste speelster - Leandri Erasmus

SPAN: 0/19 A
Beste vordering - Tameka Vorster
Beste kolwer - Tasmin Vorster
Beste veldwerker - Megan Rabe
Beste speelster - Elzanne Burger
SPAN: 0/14 B
Beste vordering - Mia Drotsky
Beste kolwer - Sherita Liebenberg
Beste veldwerker - Luzané de Jongh
Beste speelster - Elandri Holtzhausen

SPAN: 0/15 B
Beste vorderin - Carike Langner
Beste kolwer - Thorenza Balie
Beste veldwerker - Daniélle van Wyk
Beste speelster - Lydia Noppé

SPAN: 0/16 B
Beste vordering - Christine Geldenhuys
Beste kolwer - Nàdine Smook
Beste veldwerker - Angelique Rossouw
Beste speelster - Donne-Lize Weber

SPAN: 0/19 B
Beste vordering - Karla Botes
Beste kolwer - Viona Cockrell
Beste veldwerker - Charlene du Preez
Beste speelster - Viona Cockrell
Individuele prestasies vir die beste in Tshwane (Noord-Gauteng):
- Nadia de Lange – Beste gooier O/19 A-liga
- Tameka Vorster – Beste vanger O/19 A-liga
- Leandri Erasmus – Beste gooier O/16 A-liga
Atletiek

Lentebyeenkoms ‘n sukses

Op Vrydag, 18 Oktober, het ons Lentebyeenkoms met HTS Middelburg, Pretoria-Noord, Sutherland, Eldoraigne , Midstream en Overkruin plaasgevind.

Die topprestasies met die ABSA-tabelpunte van die byeenkoms wys dat 'n Woerie altyd bo is. Ons wens graag vir Wiehan Labuschagne geluk met die skitterende 1131 ABSA-punte wat hy verkry het.

Ons sê dankie aan elkeen wat van die byeenkoms ‘n groot sukses gemaak het, veral vir mnr. Dion Saayman wat die byeenkoms moontlik gemaak het.

Woerie-atleet skitter by sub-junior kampioenskappe

Joel Joannou het onlangs aan die Noord-Gauteng sub-junior atletiekkampioenskappe deelgeneem waar hy ‘n silwer medalje vir gewigstoot gewen het.

Ons wens graag vir Joel baie geluk met die fantastiese prestasie en ons sien uit na wat die volgende atletiekseisien vir die belowende atleet gaan inhou.
Robotika

Robotika spanne dring deur na Nasionaal

Hoërskool Centurion het onlangs ‘n nuwe buitemuurse aktiwiteit by die skool begin – Robotika. Die skool het in September by Afrimat vier EV3-robotte as ‘n borg ontvang en het dadelik aan die werk gespring en die Robotika-spanne gestig. Die spanne het ‘n interne kompetisie gehou waarby Afrimat betrokke was vir die pryse van die wenspan. Hierdie interne kompetisie was vir die leerders en hul afrigters net die begin. Hulle het dadelik begin voorberei vir die volgende kompetisie wat voorgelê het: FIRST® LEGO® League op 2 November 2019 by Sci-Bono.

By robotika-kompetisies moet spanne van leerders 'n robot ontwerp en bou wat teen 'n reeks spesifieke uitdagings teen teenstanders kan meeding. Die FLL het elke jaar ʼn ander tema waarop die kompetisiereëls gebaseer is. Die FLL-Robotika word uit drie komponente saamgestel:

1. Robotontwerp, bou en programmeer om take op die dag van die kompetisie te voltooi.
2. Navorsing en oplossings vir die projek uit te beeld op die dag van die kompetisie.
Daar word van leerders verwag om met kenners te praat, op opvoedkundige uitstappies te gaan en dan hul projek mondelings en op ‘n plakkaat uit te beeld. Hierdie jaar se tema is “City Shaper”.
3. LEGO® CORE VALUES® mondelings en op ʼn plakkaat uit te beeld.

Hoërskool Centurion het twee spanne ingeskryf: Arcimedes en Amaranth waarvan beide puik prestasies opgelewer het. Amaranth wen die beste projekidee en -aanbieding en word ook gekies om by die nasionale kampioenskappe op 7 Desember 2019 te gaan deelneem. Die leerders wat in Amaranth was, is soos volg: Lené Fourie, Annabelle Rademan, Geandré du Preez, MJ Erasmus, Jeanreë Jordaan, Anke Amsenga, Justin Coetzee, Carl Brandt, mnr. Marco Coetzee as hulpafrigter en mnr. André van Mazyk as hoofafrigter.

Hierdie is ‘n ongelooflike prestasie vir ‘n sportsoort wat onlangs by die skool begin het. Baie geluk aan die leerders en die afrigters. Ons hou vir julle styf duim vas vir die nasionale kampioenskappe wat voorlê.
Amaranth
Krieket

Woeries kry provinsiale kleure

Twee van ons Woeries, Conrad Mouton en Mienke de Jager, het by die provinsiale krieketproewe uitgehaal en gewys. Conrad, ‘n gr.11 leerder, het die o/17A Northerns-span gehaal en Mienke, ‘n gr.8 leerder, het die dogters o/16 Northerns-krieketspan gehaal. Hulle gaan van die 6de tot die 11de Desember aan ‘n nasionale week in Port Elizabeth deelneem.

Welgedaan aan die twee Woeries wat hul self mooi bewys het op die krieketveld, ons wens hulle alle sterkte toe met die nasionale week wat voorlê.
C. Mouton en M. de Jager

Krieketdinee kraai koning


Die krieketafsluitingsfunksie van 2019 is onlangs by Purple Cow restaurant in Midstream gehou. Nie net is daar ‘n terugblik op die afgelope jaar se krieket gedoen nie, maar talle trofeë het staanplek in nuwe huise gevind.

Emmeron Balich het met die eerste junior trofee weggestap, nadat hy as die speler wat die beste vordering getoon het, aangewys is. Daarna het Ruben Pieterse in die res van die kategorieë met al die trofeë weggestap. Hy is as die beste junior bouler, beste junior kolwer en beste junior speler aangewys. Sy 1188 lopies, wat hy gedurende die kalenderjaar aangeteken het, is ‘n ongelooflike prestasie. Daarmee saam het hy boonop 41 kolwers laat terugstap kleedkamer toe.

Damian Groenewaldt en Rudi Ferreira is gesamentlik aangewys as die spelers wat die beste vordering op seniorvlak getoon het. Charl van den Heever het met sy 1 300 lopies vir die jaar uitgetroon as die beste kolwer, terwyl Conrad Mouton nie sy gelyke gehad het as voorste bouler, met sy 55 paaltjies nie.

Michael Salomon het met 841 lopies vir die jaar en 31 paaltjies, die trofee as veelsydigste speler van die jaar ingepalm. Hy en Conrad Mouton is dan ook gesamentlik aangewys as die 2019 Spelers van die jaar.

Alhoewel die eerste span dalk nie die liga in die derde kwartaal kon wen nie, was dit dalk hul tweede beste jaar ooit op die krieketveld, wat prestasies betref. Eerstens het hul die finaal van die Coca-Cola Krieket SA se T20 kompetisie gehaal en enkele weke later ook die Finsbury Superliga gewen. Nadat hulle in 2018 die naaswenners van die eerste Noord-Suid T20 kompetisie was, het hulle vanjaar die wentjek ingepalm en die trofeeplek in die Woeries se trofeekas gevind.
Krieket
KULTUUR
fotografieclub

Wenners word aangewys by fotografieklub


Die fotografieklub was die jaar al baie besig met hulle interne kompetisie wat maandeliks plaasgevind het.

Daar was groot pryse op die spel vir die wenners van die kompetisie. Dealmagic het van die pryse vir die wenners geborg wat kameras en kameratoerusting ingesluit het.

Daar was volwassenes, hoërskoolleerders en laerskoolleerders wat vir hierdie pryse gekompeteer het. Om 'n kans te staan om te wen, moes die klublede maandeliks vier foto's inskryf het, wat buite-beoordelaars bepunt het.

Centurion Kameraklub en Open Lens Photography Club het 'n uitstalling by Lyttleton Kunsgalery (Biblioteek) vanaf 14-21 November gehou. By die gala-aand van hierdie uitstalling is al die wenners aangekondig.

- Simoné du Preez wen die Hoërskool-afdeling.
- Niël Langner en Yvonne Skea wen die twee kameras soos geborg deur Dealmagic
- 'n Oud-Woerie, Marozaan de Jager, wen ook die beste vordering in die volwasse afdeling.
M. Mostert, N. Langner, S. du Preez, Y. Skea

Centurion Musieksentrum presteer

Na afloop van die Centurion Kunstefees is daar verskeie pryse aan spesifieke items, skole en instansies oorhandig. Hoërskool Centurion ontvang die prys vir die beste ritmiese en melodiese slagorkes (Marimbas) en die Centurion Musiekakademie, wat op ons skoolgronde gevestig is, ontvang die prys vir die hoogste gemiddelde puntetelling van die ateljees. Baie geluk met die pragtige prestasie!

Ons bedank vir me. Elsa Nöthling, me. Elsie Potgieter en me. Elke Koppers vir al hulle harde werk met die voorbereiding en die leerders!
E. Nothling en E. Potgieter en E. Koppers (1)
Redenaars

Radikale Redenaars Nasionale Finaal

Roelandi de Bruyn, 'n huidige Woerie, het onlangs aan die Radikale Redenaars se nasionale finaal by Laerskool Constantiapark, in Pretoria, aan die Engelse Poësie leesafdeling deelgeneem. Roelandi het ongelooflik goed gedoen en het met ‘n derde plek terug huis toe gekom.

Ons is uiters trots op hierdie prestasie en sien 'n ongelooflike toekoms wat vir hierdie jong dame voorlê!
R. de Bruyn (2)
sosiaal

Die Nocte Cucurri belowe pret vir jonk en oud

Die atlete het hulself oortref en die eerste rekord vir die Nocte Cucurri is opgestel. Die rekord vir die mans met ‘n skitterende tyd van 4:43:52 minute is deur Stefan Oberholzer opgestel en die rekordtyd vir die dames met 5:14:43 minute is deur Aynslee van Graan opgestel.

Bekende atleet en motiveringsfiguur in Suid Afrika, Xolani Luvano, was ook deel van die gemeenskapsbyeenkoms en het die gemeenskap uitgedaag om saam met hom die pretwedloop te hardloop.

Elke deelnemer het 'n unieke medalje ontvang wat deur Spaar-kredietversekering geborg is en daar was ook groot pryse wat deur Run-A-Way Sport, Solidariteit, Santa Rosa Spur en vele ander firmas geborg is.
Gr.11-leerders
Die wonderlike span van LekkerFM het vir die aansteeklike gees deur middel van musiek gesorg en het ook 'n lewendige uitsending van die skool af gedoen.

Dit was 'n ongelooflike aand gewees waar die hele gemeenskap van oud tot jonk hulself kon geniet. Nocte Cucurri 2020 gaan nóg groter en beter wees!

Kaskarwenners / Groot FM wenners geniet hul pryse

Die wenklasse wat die meeste geld ingesamel het vir die Kaskar-fondsinsamelingsprojek het op 21 November ‘n heerlike uitstappie na Sun City geniet. Die kinders se opgewondenheid was elektries en die personeel was net so gereed om ‘n dag te kon ontspan. Ons glo almal het dit baie geniet.

Baie dankie aan mnr. J. Cloete en die personeel wat die dag moontlik gemaak het.
Kaskarwenners

Die leerders “bounce” van opgewondenheid

As deel van die Skool-Met-Die-Beste-Gees-kompetisie, het Bounce Inc. ‘n graadgroep as wenner gekies om ‘n gratis Bounce sessie by te woon. Die gr.10-groep het gewen en het op 22 November hulself gaan geniet. Baie dankie aan Groot FM en Bounce vir al julle moeite rakende die reëlings, dit was die perfekte manier om die jaar af te sluit.
Bounce groep
Buitemuurs

Bekende violis in wording

Amineh du Toit, 'n huidige Woerie, maak ons trots!
Sy het hierdie jaar vir die Simfonia Juventi-orkes as violis opgetree en gaan ook in 2020 die rol vervul.

Amineh is ook gekies as een van twintig jong violiste wat saam met Steve Hofmeyer en die Muses by Afrikaans is Groot optree.

Ons is ongelooflik trots op hierdie pragtige prestasie!
A. du Toit
alumni

Oud-Woeries word gepubliseer

Anneke Langner en Erika Bos (albei 2018 matrikulante) studeer tans Afrikaanse Skryfkuns aan die PUK.
Beide het dit reggekry om een van hul skryfstukke op die net te publiseer. Dit is werklik ongelooflik en ons wens die twee puik skrywers baie geluk!

Sien hiermee die skakels na hul skryfstukke:

Erika Bos se kinderstorie:
https://storiewerf.co.za/2019/09/22/hansie-hus-en-die-mense-sonder-ore/

Anneke Langner se tienerdrama:
https://storiewerf.co.za/2019/10/12/ek-soek-hom-nie/

Fotokrediet: Geleen op Facebook
E. Bos en A. Langner

“App” van die jaar vir ‘n oud-Woerie

Sumarie Greybe, 'n oud-Woerie, en haar vennote het in November 2016 hulle maatskappy, Naked Insurance, gestig en is hierdie jaar as die toepassing van die jaar aangewys.

Naked Insurance is ‘n motorversekeringsmaatskappy met ‘n maklike toepassing om eise en versekering te vergemaklik.

Volg die skakel om meer te leer oor hulle maatskappy en die denkwyse agter dit.
https://youtu.be/7riwO4698S8

Baie geluk aan Sumarie wat reeds so ‘n groot sukses van die nuwe besigheid kon maak.
woerie omgee
LIEFenLEED

Ons groet geliefde personeel

Dit is met ‘n swaar hart dat ons mede personeellede moet groet. Ons sê totsiens aan me. R. le Roux, me. J. Hleko, me. H. Louw, mnr. JJ Diamond, me. Z. Jacobs en me. M. Ligthelm wat hulle laaste dag vandag saam met ons spandeer het. Ons glo die toekoms hou vir hulle wonderlike dinge in en ons wens hulle net die beste toe.
advertensies
Afrimat Instagram advert
YouTube Kompetisie
Makro Stappe
facebook youtube instagram website