WOERIE_KAMPUS
Geagte amper Woerie-Ouer

Ons wil u graag gerusstel dat ons u deur elke stap van die aanlyn inskrywingsproses wat op 13 Mei plaasvind, sal lei. U sal op ‘n gereelde basis dan ook korrespondensie van ons af ontvang. U is welkom om solank u dokumentasie in orde te kry en deur te stuur na registrasie@hscenturion.co.za. U is ook welkom om dit per hand by die administrasiekantoor, aandag vir Marco, in te handig.

Ons sal gedurende die aanlyn registrasieproses, elektroniese fasiliteite by die skool beskikbaar hê vir u om aanlyn te registreer. Ons sal bekwame personeel hê wat u deur die proses kan begelei en wat u dokumentasie daarna sal ontvang.

‘n Paar belangrike punte om te onthou:
- Albei ouers van die kind moet op die inskrywingsvorm teken.
- Die laaste rapport is die van graad 7.
- Bevestig dat u e-posadres op die inskrywingsvorm leesbaar is. (Dit vergemaklik belangrike kommunikasie)

Indien u nie so vorm ontvang het nie of enige verdere navrae het, is u welkom om vir Marco by registrasie@hscenturion.co.za of 012 664 5803 te kontak.

Volg ook gerus ons sosiale media platforms om op hoogte te bly van die nuutste gebeure wat by ons skool plaasvind.

'n Geseënde paasnaweek vir u en u familie.
Woerie-groete!
facebook instagram youtube website