WOERIE_KAMPUS

Beste Amper-Woerie-Ouers

Hiermee nog ‘n paar interessante feite oor Hoërskool Centurion, wat u dalk nie geweet het nie.

Sporthoof: Mnr. Joe Cloete is nie net ‘n sporthoof by Hoërskool Centurion nie, maar ook ‘n nasionale krieketskeidsregter wat al meer as 150 internasionale wedstryde geskeidsreg het.

Bekende oud-Woeries: Die beeldskone Simone Nortmann was in 2008 hoofdogter by Hoërskool Centurion en maak nou haar merk op verskeie gewilde Afrikaanse reekse en films. Huidige krieketkaptein van die Protea damespan, Dané van Niekerk, asook Duanne Olivier, voorslag bouler van die Protea-span, is albei oud-Woeries.

Revue: Ons skool moedig massa deelname aan die revue aan. Meer as ‘n kwart van die skool het aan vanjaar se revue deelgeneem en almal wat wil deelneem, is welkom - niemand word weggewys nie.

Hou gerus die opvolgende nuusbrief dop vir meer interessante feite oor die skool.

GDO aanlynregistrasies 2020

Neen asseblief kennis dat die gr. 8 aanlynregistrasies op 20 Mei 2019 om 08:00 open.

Ons wil u graag aanmoedig om asseblief indien u nog nie het nie, u inskrywingsvorm saam met die nodige dokumentasie in te handig, dit sal regtig help om die proses te vergemaklik.

Ons wens u sterkte toe met u keuse en indien u enige verdere navrae het is u welkom om vir Marco by registrasie@hscenturion.co.za of 012 664 5803 te kontak.

Sien die nuutste 2020 stap vir stap aanlynregistrasie video wat deur die Departement van Onderwys saamgestel is.
Ouers video
facebook youtube instagram website