Banner (1)

16 Augustus 2019

Belangrike datums
Maandag: 19 Augustus, Dag 5 - Krieket 2A teen Zwartkop (Tuis) | Kwartaaltoets 9
Dinsdag: 20 Augustus, Dag 6 - Krieket 14A teen Menlopark (Weg) | Portefeuljetoets 17
Woensdag: 21 Augustus, Dag 1 - Krieket 14A teen Menlopark (Weg) | Krieket 15A teen Menlopark (Tuis)
Donderdag: 22 Augustus, Dag 2 - Krieket 15A teen Menlopark (Tuis) | VLR Kampfunksie | Kwartaaltoets 7
Vrydag: 23 Augustus, Dag 3 - Kampusdag | Sagtebal B-spanne teen Midstream (Weg)
Saterdag: 24 Augustus - Landloop Noordvaal |Krieket 1B teen Menlopark (Tuis) | Krieket 1A vs Menlopark (Weg) | Krieket 1C teen Midstream (Weg) | Sagtebal teen Oos-Moot (Weg)
Algemeen

Jaarblad amper weer op die rakke


Ons wil u graag in kennis stel dat die jaarblad vir 2019 in ontwikkeling is en ons graag ons ouers wil aanraai om so gou as moontlik ‘n bestelling te plaas, om teleurstelling te vermy. Hierdie jaar se jaarbladweergawe gaan verskil van die vorige jare s’n, aangesien alle klasfoto’s ook ingesluit gaan word en alle leerders dus in die jaarblad gaan verskyn.

Bestellings kan vanaf 16 Augustus 2019 teen slegs R150 by registerpersoneel geplaas word.
*Daar sal met die matrieks 'n aparte reëling getref word.
AKADEMIE

Wiskunde ekstra klasse


WISKUNDE: BESKIKBARE TYE VIR HULP
Let wel: oggendklasse moet vooraf bespreek word op ‘n lys by die betrokke onderwyser se klas.
Graad 8: Me. E. Bekker
Maandae: 15:30 – 16:15
Dinsdae: 06:30 – 07:15
Graad 9: Me. I. Ligthelm
Woensdae: 14:15 – 15:15
Vrydae: 06:30 – 07:15
Graad 10: Me. S. van Rooyen (K12)
Dinsdae: 06:30 – 07:30
Dinsdae: 14:00 – 15:00
Graad 12: Me. P.J. King (K16)
Dinsdae: 06:30 – 07:30
Dinsdae: 14:00 – 15:00
Graad 11: Me. I. Jacobs (K6)
Dinsdae: 06:30 – 07:15
Dinsdae: 15:30 – 16:15
VLR

VLR vir 2020 word aangekondig


Ons het verlede week ons VLR vir 2020 aangekondig. Ons wil graag elkeen van hulle sterkte toewens met hierdie verantwoordelikheid asook vir elkeen baie geluk sê met hierdie uitsonderlike prestasie.

Gr. 9 - 2020 VLR

Paul Strydom
Simoné Calitz
Zander Scheepers
Sorin Conradie
Divan van Tonder
Lara Engelbrecht
Auslyn Khano
Deo-More Beukes
Albert van Beest
Mirna Lombard
JJ van Zyl
Emma Viljoen

Gr. 10 - 2020 VLR

Harry du Plessis
Kirsten Fouche
Martin Senekal
Danielle Garland
Charl Steyn
Janika Wait
Rhyn Visser
Lydia Nappe
Hendri van Zijl
Chloe Blignaut
Derick Maree
Christine Kriel

Gr. 11 - 2020 VLR

Corne Botha
Tessa Engelbrecht
Jean Louis Le Roux
Leandri Erasmus
Bernard Webster
Nadia Koen
Alex Goss
Suretha van der Merwe
Andreas Badenhorst
Carma van Zyl

GR. 12 VLR SEUNS:

Aldin van Beest
Almero Muller
Armin Pretorius
Carl Brandt
Charl Coetzer
Christiaan van Niekerk
Justin Coetzee
Lefa Mtshweni
Nathan Wentzel
Steyn Niemand
Zander van Tonder
Gr. 12 - 2020 VLR
KLASVERTEENWOORDIGERS:

Kara Durie
Karli Snyman
Lindi Viljoen
Megan Rabe
Rulise Badenhorst
Zanie Görgens
Conrad Mouton
Henré Hayes
Marco Engelbrecht
Maree van den Berg
Nerinus van der Ryst
Waldo Gouw
GR. 12 VLR DOGTERS:

Angelique Janse van Rensburg
Anica Vos
Anke Amsenga
Chantelle Fouché
Danielle Pienewald
Luhané Meyer
Mariska Clemons
Nadia de Lange
Simone Vogel
Zani Pretorius
Zea Cajada
Gr12 2020)!@
SPORT
Krieket

Ons krieketseuns weet hoe

Die 1C krieketspan het op 7 Augustus teen Wonderboom se tweede span gespeel. Die Woeries het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Die spelers het aanvanklik met die nat en klewerige kolfblad gesukkel, maar soos wat die beurt verloop het, het die Woeries die blad begin baasraak en het uiteindelik 184 lopies aangeteken.

Baie geluk aan Ruan Ebersohn met sy vyftigtal gedurende hierdie wedstryd.
Damian Ferreira en Rigardt Naude (1)
Wonderboom het tweede gekolf en het ‘n groot aantal lopies gejaag om die wedstryd te kon wen. Danksy akkurate boulwerk deur die Woeries kon Wonderboom slegs 89 lopies kry.

Baie geluk aan Ryno Kruger met die vyf paaltjies wat hy geneem het.

Dankie aan al die spelers! Julle het julself op die veld en van die veld af soos ware Woeries gedra.
Landloop

Landloop by Uitsig

Baie geluk aan ons atlete wat uitstekend by die voorlaaste liga te Uitsig presteer het.

Ons senior seunsspan verras almal en eindig 3de en ons junior seuns eindig 6de met ons seuns wat dan opskuif na die algehele 4de plek.

Ons senior dogters eindig 5de met ons dogters wat 8ste eindig wat dan ons skool se seuns en dogters gesamentlik 6de plaas. Dit is dan nou die 13de agtereenvolgende jaar wat ons vir die Noordvaal Direkteursfinale kwalifiseer.

Jana van der Merwe wen weer die dogters 0/18 wedloop en Gareth Smith eindig 3de in die seuns 0/17 wedloop.

Eerskomende naweek vind die AGN Kampioenskappe plaas te Hoërskool Eldoraigne en ons wens al ons atlete sterkte toe.

Fotokrediet: Gerrit van der Linde
Sagtebal

Sagtebal teen Pretoria-Noord


Die sagtebaldogters het hulself Dinsdagmiddag weer oortref met die ligawedstryd teen Pretoria-Noord Hoërskool.

Die A-spanne het al vier hul wedstryde met gemak gewen. Ons wil graag baie geluk sê aan elke dogter wat deelgeneem het.

Ons sê ook graag baie dankie aan die Leipies vir die ondersteuning by ons wedstryd, ons waardeer dit opreg.

Sagtebaluitslae:
1stes wen 4-1
0/16 A wen 7-1
O/15 A wen 14-4
0/14 A wen 17-0

Fotokrediet: Nina Britton
Landloop en sag1
boogskiet

Die Woeries presteer met Boogskiet

Twee van ons Woeries, Fielde Kruger en Luc Muller, het by die Gauteng-Noord kampioenskappe, wat Saterdag, 3 Augustus, plaasgevind het, deelgeneem en is vir die Gauteng-Noord B-span gekies.

Hulle gaan dus aan die Nasionale toernooi gedurende die September-vakansie deelneem.

Ons wens hulle graag geluk met hierdie uitmuntende prestasie en wens hulle ook sterkte toe met die toernooi wat voorlê.
Perdry

Perderuiter van Hoërskool Centurion presteer


Danell Viljoen, 'n huidige Woerie, het die Gauteng-Noord span in skole perdry gehaal en het die afgelope naweek aan die finale rondtes deelgeneem.

Sy het die Gautengspan gehaal en gaan September-vakansie aan die Nasionale kampioenskappe deelneem.

Ons is trots op ons Woerie en wens haar baie geluk met hierdie besonderse prestasie!
perdry en boog (1)
Luggeweerskiet

Woeries skuts gekies vir nasionale toernooi

'n Paar van ons Woeries is gekies om September NGSSV by die SA's in die Kaap te gaan verteenwoordig.

Hulle is Janno Badenhorst, Kristian-Leigh Cockrell, John Batt, Tiaan Geldenhuys, Hardus Badenhorst, Ashley van Rooyen en Monique Batt.

Baie geluk, julle! Ons is baie trots.
Bergfietsry

Bergfiets by Hoërskool Wonderboom

Die derde liga van die Bergfiets vir die jaar vind môre, 17 Augustus, plaas. Ons leerders gaan hulle beste uithaal en wys by Hoërskool Wonderboom.

Ons wens hulle graag sterkte toe en nooi graag ons ouergemeenkap uit om hulle te gaan ondersteun.
Rugby

Woerie-rugby kook


Na die afgelope skoolvakansie tydens die 0/16 Noordvaal toernooi, het Wian Venter, 'n huidige Woerie, die Blou Bulle se 0/16 Noordvaalspan verteenwoordig. Hy is daar vir die Noordvaal 0/16 Argentinië rugbyspan gekies.

Die span gaan later vanjaar in Argentinië toer.

Ons wil hom graag sterkte en geluk toewens met hierdie ongelooflike prestasie!
Wian Venter
bemarking

Makro en MySchool

Ons wil graag die Woerie-gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by die Makro en MySchool inisiatiewe om sodoende ons skool te help om ‘n addisionele inkomste vir die skool te genereer. Die inisiatiewe is oopgestel vir die hele gemeenskap. Enige iemand kan die MySchool “App” en die Makro “App” aflaai en *Hoërskool Centurion as ‘n begunstigde laai.

Ons deel ook graag die goeie nuus dat MySchool en Makro nou die opsie bied om beide kaarte digitaal te bekom.

https://www.makro.co.za/m-educ8
https://www.myschool.co.za/get-your-card-here/myschool-app

Saam kan ons 'n groot verskil vir die skool maak, dankie vir u samewerking! Vir enige verdere navrae rondom die inisiatiewe is u welkom om vir me. K. Roux te kontak by bemarking@hscenturion.co.za
Buitemuurs

Krugerwildtuinkamp van Polsslag Voortrekkers


Die Krugerwildtuinkamp van Polsslag Voortrekkers was 'n belewenis. 12 Woeries, 4 oud-Woeries en 'n paar Leipies, het die afgelope langnaweek bietjie agter die skerms iets van die harde realiteit van die oorlog teen stropers beleef.

Hulle het dan ook dankie-bokse aan bewaarders oorhandig wat daagliks op die voorpos veg. Deur die diensprojek sê die Voortrekkers ons natuurerfenis is vir ons belangrik en ons moet dit waardeer

Ons wil met hart en hande ‘n verskil maak, al is dit ‘n klein verskil. Daarom het Polsslag by K9 hondehokke geskrop, bakke gewas en die honde tonne liefde gegee.

Dit is nie net die Voortrekkers nie, die Leipies het ook help fondse insamel vir K9 en ons Renosterpenkop, Arthur, en ander Renosterwesies by Care for Wild. Dit was aangrypend om te ervaar hoe een wildbewaarder wat reeds 37 stropers op sy kerfstok het, eers oorbluf en toe met n breë glimlag dankbaar was toe die kinders sy boks oorhandig. Dit is ‘n voorreg.

Tussendeur het ons dinamiese bosburgers geëet en baie wild gesien, ook Renosters wat nog vry in die veld loop. Ons sal moue oprol en hard werk dat dit nie die laaste geslag kinders is wat dit beleef nie.

Huidige Woeries:
Lean Smith gr. 8
Carike Langner gr. 9
Erica Weyer gr. 9
Christine Siebrits gr. 9
Marelize Viljoen gr. 9
Lydia Noppe gr. 9
Rhyn Visser gr. 9
Colin David gr. 9
Daniel Nel gr. 10
Niel Langner gr. 10
Kirsti Oelofse gr. 11
Danielle Booysen gr. 11
Oud-Woeries:
Johan van Zyl
Anneke Langner
Estelle Louw
Willie Louw
Voortrekkers
alumni

Sagtebal in die VSA vir ons Oud-Woeries


Drie van ons matrieks van 2018, Shané Luyt, Elri Herman en Francé Price, is lede van die SA o/19 span wat aan die WBSC o/19 Wêreldbeker in Irvine California in die VSA deelgeneem het.

Ons is baie trots op hulle prestasie en wens hulle die beste toe vir toekomende toernooie.
S. Luyt, E. Herman, F. Price (2)

Oud-Woerie as binnehuise krieketkaptein met wêreldbeker

Talita Wiegand het in 1997 aan die destydse Hoërskool Verwoerdburg gematrikuleer.

In 2013 word sy as onderkaptein van die Protea Dames Meesters Binnehuise Krieketspan gekies en in 2016 word sy die kaptein van dieselfde span.

Dieselfde jaar durf hulle die wêreldbeker in Engeland aan en bring, vir die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis, die wêreldbeker in die kategorie dames oor 35 terug huis toe.

Hierdie jaar, 2019, bied Suid-Afrika die wêreldbeker vir binnehuise krieket in Kaapstad aan en is Talita weereens die kaptein van die verdedigende Proteaspan.

Hierdie Oud-Woerie is tans besig met haar B.Ed by UNISA en is die afgelope 5 jaar Sportorganiseerder asook onderwyser by Crawford College Sandton.
Talita Wiegand
advertensies
Mandjiedans_sosiale media
Kampusdag
hokkie_uitnodiging2019
MySchool
Makro Stappe
facebook youtube instagram website