WOERIE_KAMPUS

Geagte Hokkie-ouers


Hiermee stuur ons graag vir u die belangrike hokkie-inligting rakende 2020.
Die hokkieproewe skop reeds vroeg in Januarie 2020 af en ons vra dat u solank na die aangehegte advertensies sal kyk om meer inligting rondom die proewe te sien.

Die skool het pas nuwe toerregulasies van die GDO ontvang en volgens die regulasies versoek die departement dat alle inligting aangaande spelers en toeraansoeke reeds drie maande voor die tyd by hulle ingehandig moet wees.

Indien u weet dat u kind reeds belangstel om volgende jaar hokkie te speel, versoek ons asseblief dat u die aangehegte vorms so vinnig as moontlik sal invul en na: michelle@hscenturion.co.za terugstuur.
Ons wil graag al die vorms en inligting vir ons 2020-hokkie-toere eerskomende VRYDAG, 29 November na die GDO deurstuur.

- Die 0/14- seuns en -dogters toer volgende jaar na Bloemfontein.
- Die 0/15-, 0/16- en eerste spanne, seuns en dogters, toer volgende jaar na NWU.

Baie dankie vir u samewerking en ondersteuning in hierdie verband.

Woerie-groete.
Me. M. Henrico
Hokkie-organiseerder
Dogtershokkie advertensie
Seunshokkie Advertensie
facebook youtube instagram website