Maxi Nuus Krieket

8 Maart 2019

Belangrike datums
Maandag 11 Maart: Dag 6
Dinsdag 12 Maart: Dag 1
Woensdag 13 Maart: Dag 2. Toetsdag
Donderdag 14 Maart: Kaskardag | Leerders moet reeds 06:30 by die skool wees.
Vrydag 15 Maart: Skool sluit 10:00
Algemeen

Me. K. Vogel – afskeid


Me. Vogel ons gaan Juffrou mis!

Na 26 jaar by Hoërskool Centurion is dit tyd vir Me. Vogel om te rus en tyd te spandeer aan nuwe en interessante dinge! Juffrou was 'n groot aanwins vir die skool op verskeie terreine en die leerders en die personeel gaan Juffrou so baie mis!!!
K. Vogel

HOE KOMMUNIKEER ONS MET U AS OUER/VOOG?

Ons wil u graag aanmoedig om op hoogte te bly van ons algemene kommunikasie, gebeure en prestasies wat by Hoërskool Centurion plaasvind.

Hiermee die verskillende kommunikasieplatforms waarvan u gebruik kan maak:
Maxi-nuus: Die Maxi-nuus (nuusbrief) word weekliks op ʼn Vrydag aan u per e-pos gestuur. Maak asseblief seker dat u op die skool se databasis is en wel die nuusbrief ontvang. Indien u nie die nuusbrief ontvang nie, kontak asseblief vir Marco by marco@hscenturion.co.za

Webtuiste: Ons webtuiste is tans onder konstruksie, maar hou gerus die spasie dop want binnekort spog ons met ‘n splinternuwe webtuiste. U kan gerus ons webtuiste besoek by: https://hscenturion.co.za

d6 Connect vervang D6: Die doel van die d6 Connect “app” (toepassing) is om u toegang tot die volgende te gee:

1. U kind se punte
2. Dae afwesig
3. Oortredings
4. Kennisgewings van die skool
5. Toetsroosters en eksamenroosters
6. Afbakenings
7. Die skool se kalender met jaarprogram.

U kan gerus die d6 Connect “app” (toepassing) op u slimfoon of tablet aflaai deur die volgende stappe te volg.
Facebook: Ons nooi u graag uit om ons Facebookbladsy te gaan “ like” en “ follow” om deel te wees van die daaglikse gebeure op en rondom die Woerie–kampus. U kan gerus die volgende skakel volg: https://www.facebook.com/HSCEN/

Instagram: Hierdie is ʼn heerlike platform om te volg aangesien u deel kan wees van al die gebeure en foto’s wat by byeenkomste, gebeure en funksies by die skool geneem word. U kan gerus die volgende skakel volg: https://www.instagram.com/woeriekampus/?hl=en

Youtube: Ons spog met ‘n splinternuwe Youtube-kanaal waar al die nuutste videomateriaal
opgelaai word. U is meer as welkom om dit te besoek deur die volgende skakel te volg:
https://www.youtube.com/channel/UCNM4MJJ2Jn2W8dmIZlyqM1Q

SMS/E-pos: Die skool sal ook op ‘n gereelde basis vir u ‘n SMS of e-pos stuur wat belangrike inligting van die skool bevat. Die databasis is opgestel volgens een ouer/voog se kontakbesonderhede wat deur die inskrywingsproses verkry is. Indien u nie ‘n SMS of e-pos van die skool ontvang nie en u sou graag wou, kontak asseblief vir Marco by marco@hscenturion.co.za
HOOF_sport
Atletiek

Distrik Kampioenskappe


17 Atlete was gekies om aan die D4 Distrik Kampioenskappe te HS Zwartkops deel te neem waar Savannah Combrinck goud wen in die dogters 0/19 Spiesgooi, Jana van der Merwe silwer in die 800m dogters 0/19, Anita Hellberg siwer in die Hoogspring dogters 0/19 , Esmarie van der Merwe silwer 200m dogters 0/19, Conrad Mouton silwer Spiesgooi seuns o/17, Wiehan Labuschagne silwer seuns o/15 Diskus, Joel Joannou silwer seuns o/15 Hoogspring en Charlene Rybnikar brons dogters 3000m o/19.

Savannah Combrinck, Jana van der Merwe , Anita Hellberg, Esmarie van der Merwe en Conrad Mouton is gekies om aan die Gauteng Skole Atletiek Kampioenskappe deel te neem.
Jana
Tydens die Puma Prestige School of Speed uitnodigingsbyeenkoms behaal Wendell Wylbacht silwer in die 200m, Jana van der Merwe brons in die 800m dogters 0/19 en Joel Joannou siwer seuns o/15 Hoogspring.

SPORT
Hiermee die uitslae van die Rugby, Netbal en Hokkie teen Ben Voster:
Netbal:
1stes 24-23
2des 13 - 19
16A 23-22
16B 9 - 9
15A 5 - 28
15B 13 - 24
14A 6 - 18
14B 3 – 16
Hokkie:
1stes 0 - 4
2des 0 – 7
16A 0 - 6
15A 1 - 2
15B 0 - 1
14A 0 - 7
14B 0 - 4

Seunshokkie:
1stes: 2 - 1
Rugby:
1stes 25-33
2des 7 - 57
3des 7 - 28
16A 7- 24
16B 7 - 28
15A 31 - 26
15B 5 - 17
14A 0 - 45
14B 5 - 17
Toets
Rugby
Busse vir wintersport vertrek Saterdag 9 Maart om 4:30 en sal om 18:30 weer terug wees by die skool.
RUGBYPROGRAM FM
Netbal
NetbalProgram
Hokkie
HOKKIE VS CENTURION
AKADEMIE

Loopbaanskou


Baie dankie aan al die uitstallers wat gister by die loopbaanskou betrokke was. Die leerders het dit baie geniet!

Groot dankie aan Me. Christa Badenhorst vir al haar reëlings en moeite.
53050713_1842804125823896_4010465389547880448_n (1)
VLR

Gr. 8 -VLR


Baie geluk aan die graad 8 -VLR wat op Vrydag, 1 Maart 2019 aangewys is. Elkeen van hulle is daaraan herinner dat: ‘n ware leier het die selfvertroue om alleen te staan, die moed om moeilike besluite te neem, en die vermoë om na die behoeftes van ander met empatie en simpatie te luister.

Hiermee die volgende gekose leerders:
Seuns:
8A - Divan Van Tonder
8B - JJ Van Zyl
8C - Auslyn Khano
8D - Paul Strydom
8E - Zander Scheepers
8F - James Vroom
Dogters
8A - Simone Calitz
8B - Deo-Moré Beukes
8C - Delia Cloete
8D - Janika Burger
8E - Sorin Conradi
8F - Kristian Cockrell
VLR
KULTUUR
Revue
REVUE MAXI-NUUS

Gr. 12 Drama-leerders uitstappie

Die graad 12 Drama-leerders het Vrydag na ‘n toneelstuk gaan kyk wat deur die Universiteit van Pretoria se studente opgevoer word.

Baie dankie me. Leane Jordaan, die leerders het die teater blootstelling so baie geniet!
DRAMA
Buitemuurs

Damian is SA-kampioen

Damian Groenewald is aangewys as die SA 0/16 muurbal-kampioen! Hy het die finaal 3 -2 gewen!

Baie geluk Damian, ons het geweet jy kan dit doen!

Nasionale kampioenskappe in Sang, drama en modelwerk


Carla en Ané Els (Gr 12) het die afgelope naweek aan die Gauteng Provinsiale uitdunrondte van Talent Africa deelgeneem
Dit was die grootste uitdunrondte wat nòg in Pretoria gehou is in die geskiedenis van die kompetisie.

Beide kwalifiseer vir die Nasionale kampioenskappe (25-30 Maart ) en gaan Gauteng verteenwoordig as “Triple Threats” in Sang (Solo en Duette), Drama sowel as modelwerk.

Tydens die uitdunrondte het Carla derde plek behaal en Ané tweede plek.

Hul duette is ook aangewys as beide eerste én tweede plek, met die duet Sull’aria wat aangewys as “Best Performance”

Die hoogste punt wat toegeken was deur beoordelaars Vrydagaand was 85% en ‘n minimum van 75% word benodig in elke dissipline om te kwalifiseer vir
Nasionale kampioenskappe.

Beide Carla en Ané sal dus gedurende die skoolvakansie (25-30 Maart) Gauteng verteenwoordig by die Nasionale kampioenskappe in Sang, drama en modelwerk.
FB_IMG_1551646221795
advertensies
a5_flyer_opedag2018
53082543_1848196645284644_1793373979675721728_o
A5 ADVERT