maxinuss cover11

12 Julie 2019

Belangrike datums
Maandag: 15 Julie Dag 5
Dinsdag: 16 Julie Dag 6
Woensdag: 17 Julie Dag 1- Landloop Liga 1 by PBHS
Donderdag: 18 Julie Dag 2- Loopbaanskou
Vrydag: 19 Julie Dag 3- Kampusdag | Sagtebal by H/S Wonderboom (weg)
Saterdag: 20 Julie- Rugby: H/S Lichtenburg (weg) | Sagtebal H/S Wonderboom (weg),
Algemeen

Inhuldiging van hoof


Die derde kwartaal het op ‘n besonderse noot begin, waar Woeries, personeel asook die gemeenskap uitgenooi was om die inhuldiging van ons nuwe skoolhoof, mnr. Koekemoer, te kon waarneem.
Die Woerie-familie het met trots in hulle oë gestaan toe ons die nuwe hoof verwelkom het, veral toe ons nuwe hoof per helikopter sy aankoms op die rugbyveld gemaak het.
Hoof
Mnr. Koekemoer het, deur ‘n klok te lui, simbolies die oorgang van die moderne wêreld na die Centurion-wêreld gemaak, waar hy toe op ‘n besonderse manier as “keiser” ingehuldig is.

Ons wil graag baie dankie sê aan elke rolspeler wat die oggend moontlik gemaak het! 'n Spesiale dank aan die volgende rolspelers wat uit hul pad gegaan het om ons met die geleentheid te ondersteun. LekkerFM, GrootFM, Rekord Centurion, Face to Face Media, Vlakvark Produksies.

'n Groot dankie aan Dawid Durie, Hannes Smit en Bruce Foulis vir hul samewerking rondom die borg en gebruik van die helikopter wat die oggend met opgewondenheid afgeskop het.
WhatsApp Image 2019-07-09 at 9.58.56 AM

Nuwe aanstelling


Ons verwelkom graag vir Me. C. Brink as deel van die Woerie-familie. Me. Brink is aangestel as bemarkingsassistent wat deel gaan vorm van die Bemarkingsdepartement van die skool.

Ons wens haar alle sterkte toe met die nuwe hoofstuk wat voorlê en hoop dat sy haar tyd hier op die Woerie-kampus sommer baie sal geniet.
Cassey - Bemarkingassistent
SPORT
Krieket

Eerste span krieket onoorwonne by Mozzieweek


Die eerste krieketspan het onoorwonne teruggekeer van die Mozzieweek by Hoërskool Nelspruit. Die gesogte week in die Laeveld word deur die meeste top krieketskole bygewoon en spanne van Waterkloof, Menlopark, Garsfontein, Potch Volkskool en selfs van die buiteland (Abu Dhabi) was deel van die week.

Die eerste wedstryd is weer in die wildtuin op die veld in Skukuza beslis. Ons teenstaanders vanjaar was ons buurskool, Hoërskool Waterkloof. Ons het ‘n tyd-wedstryd teen hulle gespeel. Waterkloof is in hul eerste beurt vir 149 lopies uitgeboul in die 50ste beurt, waarna Centurion verklaar het met ons telling op 159/6 in slegs 46 beurte. Beide Jonathan Vorster en Nathan Wentzel het hul 50ste verskyning vir die eerste span tydens die wedstryd gemaak.

Die tweede dag het ons teen die Syed Academy van Abu Dhabi te staan gekom en verkies om eerste te kolf in moeilike kolfomstandighede, op ‘n blad wat nie voorberei was nie. Nadat ons slegs 111 lopies bymekaar kon skraap, het ons darem ons opponent se sterte geknoop vir ‘n skamele 98 lopies. Alhoewel ons drie draaiboulers hulself goed van hul taak gekwyt het, was Jonathan (3/7) en Michael Salomon (3/22) die uitstaande boulers.

Op dag drie het ons teen die gedugte Potch Volkskool span te staan gekom en is weer versoek om eerste te kolf. Hierdie keer het ons beter by omstandighede aangepas en is in 48 beurte vir 249 uitgeboul. Zander van Tonder se 62 lopies het ons in staat gestel om ‘n verdedigbare totaal op die telbord te kon kry. Hy is goed bygestaan deur Armand Grundlingh (29), Nathan Wentzel (35), Michael Salomon (38) en Conrad Mouton (34).

Ons boulspan het Volkskool danksy ‘n spanpoging soos min tot 224 beperk. Michael Salomon (3/33) en Jonathan Vorster (2/41) het die meeste kolwers pawiljoen toe laat terugstap. Ons wen dus met 25 lopies.

Op die laaste dag het ons in ‘n T20 teen Uplands College op hul tuisveld gespeel. Weereens het ons die opsie uitgeoefen om eerste op ‘n goeie blad te kolf en dit het dadelik vrugte afgewerp, deurdat ons 206/4 aangeteken het in ons toegelate 20 beurte. Ryan Salomon (75), Nathan Fox (65) en Michael Salomon (30*) het die meeste skade aangerig. Foxie het daarna voortgegaan en 2/6 geneem in 2 boulbeurte en help verseker dat die tuisspan slegs 101/6 kon aanteken in antwoord op ons 206. Ons wen dus die wedstryd met 105 lopies.

Alhoewel die krieket nou eers weer tweede viool speel vir die rugby vir die volgende twee weke, was die toer skitterende voorbereiding vir die klipharde seisoen wat voorlê.
Krieket

Woerieweek


Die 0/14 Woerie-week het gedurende die eerste week van die vakansie plaasgevind. Ses spanne het vanjaar aan die week deelgeneem. Buiten vir Zwartkop, wat ook wedstryde gehuisves het, was Monument, Potch Gimnasium, E.G. Jansen en Rustenburg ons gaste.

Alhoewel die Woeries gesukkel het om aan die gang te kom, het ons baie vinnig uit ons foute geleer en het ons die laaste twee wedstryde gemaklik gewen. Dit was weereens ideale voorbereiding vir die komende seisoen en ons sê graag dankie aan al ons spelers, ouers en almal wat ‘n rol gespeel het om die week ‘n sukses te maak.

Uitslae was as volg:
- Rustenburg verloor met 6 paaltjies
- G. Jansen verloor met 68 lopies
- Potch Gimnasium wen met 34 lopies
- Monument wen met 6 paaltjies
o14
Rugby

Virseker Beker


Die Woerie-rugbyseuns speel Saterdag by Hoërskool Jeugland vir die Virseker Beker. Gaan ondersteun gerus ons spanne by hulle wedstryde. Ons wens hulle alle sterkte toe!
Rugbyprogram_Jeugland
Sagtebal

Sagtebaldag by Pretoria-Noord


Die Woerie-sagtebaldogters neem Saterdag, by Hoërskool Pretoria-Noord, aan die jaarlikse Sagtebaldag deel. Dit is ter voorbereiding vir die komende seisoen. Die toegangsgeld by Pretoria Noord is R5 per voetganger en R10 per motor. Kom ondersteun gerus ons dogters.
Sagtebal
Bergfietsry

Bergfiets toer


Ons het gedurende die vakansie, vanaf Donderdag 4 Julie tot Sondag 7 Julie, by Warthog Inn in Noord-Wes gekamp. Die doel van die kamp was om die kinders voor te berei vir die ligas in die derde kwartaal. Ons het oor die 90km in drie dae gery vir die ontwikkeling van stamina. Die hindernisbaan moes die ryers teen tyd voltooi het vir spoed, uithouvermoë en fietsvaardigheid. Deur sokker met die fietse te speel, is hulle tegniese vaardigheid op die fiets ontwikkel. Tussendeur het die kamp allerhande aktiwiteite vir die kinders aangebied soos wildrsitte, skyfskiet, boogskiet en die hindernisbaan.
Bergfiets (1)
KULTUUR
Revue

Revue DVD


Ouers, ons wil u graag aanmoedig om ‘n revue DVD te bestel om die herinneringe van die ongelooflike produksie wat vanjaar aangebied is vir altyd te kan koester. Die DVD’s is beskikbaar teen R150 by me. Kriek in die finansieskantoor. Neem asseblief kennis dat die bestellings teen 1 Augustus 2019 sluit, so maak seker dat u nie daarop uitmis nie.
Koor

Eldo-Koorfees


Verlede jaar het ons Woerie-koorspan die voorreg geniet om deel te kon wees van Sing-in-Harmonie en die jaar blyk glad nie asof dit stiller gaan word nie. Hoërskool Eldoraigne het die jaar vir die Woerie-kampus gevra om saam te deel in hul koorfees wat op die 29ste Julie 2019 gaan plaasvind.

Ons nooi die gemeenskap hartlik uit om in hierdie aangeleentheid te deel.

Datum : 29 Julie 2019
Plek: Skoolsaal, Hoërskool Eldoraigne
Tyd: 18:00
Koste: R80 per kaartjie.
sosiaal

Woerie-Kampusdag


Die Beheerliggaam van Hoërskool Centurion het dit goed gedink om die Woeries te beloon vir al hul harde werk en insette wat hulle op die Woerie-kampus lewer deur Vrydae as Woerie-Kampusdag in te stel. Woeries sal dus die geleentheid gegun word om hulle netjiese Woerie-gholfhemp, lang blou denim en tekkies op Vrydae aan te trek. Duidelike voorskrifte is uiteengesit om die voorkoms en voorwaardes aan hulle te verduidelik. Daar sal geen kostes verbonde wees aan die dag nie, dit is slegs geleentheid om bietjie gees te vang en hulle self ten volle op die Woerie-kampus te geniet. Die skool sal elke Vrydag om 13:45 sluit - die program is so uitgewerk dat geen akademiese tyd verloor word deur die dag nie.

Kampusdagvoorskrifte:
- Leerders mag slegs die amptelike Woerie-gholfhemp, soos by School Depot te koop, aantrek.
- Indien dit koud is, mag leerders die amptelike sportbaadjie (reënbaadjie) ook aantrek.
- Leerders moet blou, netjiese lang denims aantrek. Die denims mag glad nie gate, patrone ens. bevat nie. Geen ander kleur denims sal toegelaat word nie.
- Leerders moet netjiese toe tekkies aantrek.
- Amptelike skoolreëls rondom voorkoms soos in die dissiplinestelsel uiteengesit, geld ook vir Woerie-Kampusdag.

School Depot het die derde kwartaal ‘n spesiale aanbod op die Woerie-gholfhemp. Weens die oorweldigende positiewe reaksie wat ons rakende die Woerie-kampusdag ontvang het, is meeste van School Depot se voorraad in sekere groottes reeds uitverkoop. Hulle is reeds besig om nuwe voorraad te bestel en behoort binne die volgende
2– 3 weke beskikbaar te wees. Om al ons leerders steeds die geleentheid te bied om deel te wees van Kampusdag, wil ons graag ‘n spesiale vergunning maak dat leerders wel vir die volgende maand enige Hoërskool Centurion hemp mag aantrek. Dit mag slegs hempde wees met die skool se embleem op, bv. die revue-hemp of sporthemde wat op toere ens. gebruik word.

Ons wil u graag aanmoedig om intussen ‘n bestelling vir die Woerie-gholfhemp by School Depot te plaas. U kan gerus vir Heather by accounts@schooldepot.co.za met u kind se naam en grootte e-pos. Dit sal die bestelproses en beskikbaarheid van groottes vergemaklik.

Die snoepie sal ook heerlike Kampus-kombo’s op Vrydae verkoop.
Woerie-kampusdag
Buitemuurs

Luggeweer en lugpistool interprovinsiale skietkompetisie


Van ons skuts het van 4 tot 6 Julie aan 'n interprovinsiale skietkompetisie deelgeneem. Gedurende hierdie kompetisie het hulle 'n verskeidenheid van posisies behaal. Baie geluk aan die volgende skuts met hulle goeie uitslae wat hul bereik het.
Pistoolafdeling: O/14
Kristian-Leigh Cockrell - Algeheel eerste O/21
John Batt - Vyfde
Geweerafdeling: O/21
Monique Batt - Vierde plek (links voor)
Ashley van Rooyen - Vyfde (Regs voor)
Tiaan Geldenhuys - Sesde (Middel agter)
Skyfskiet

A.V.S Rugby


- Ciehan Spies en Wiehan Labuschagne is vir die Noord-Transvaal Wes A.V.S gekies. Wiehan is ook vir die o/16 Presidentspan gekies.

- Ciehan is ook kaptein van die o/15 Future Bulls Span.

- MJ Erasmus en Vian Myburgh is vir die Noord-Transvaal span gekies. Vian is ook vir die nasionale span gekies.

Blou Bulle provinsiale rugby

- Wian Venter is tot die Blou Bulle se 0/16B span verkies.

- Dian Claassens wat tot die Blou Bulle se 0/16C span verkies.

A.V.S Hokkie

- Christiaan Grundlingh verteenwoordig die Noord-Transvaalspan en Righardt Putter verteenwoordig die Wes-Transvaalspan.

A.V.S Netbal

- Chloe van Rooyen, Kaylan Pieterse, Nadia de Lange, Viona Cockrell en Bianca de Lange verteenwoordig die Woeries by die A.V.S

- Kaylan Pieterse is vir nasionale span gekies.
Sport (1) (1)
advertensies
Cleopatra Advertensie
Lekker FM
facebook youtube instagram website