WOERIE_KAMPUS

Aanlynregistrasie-inligtingsessie


Beste Amper-Woerie-Ouers

Na aanleiding van die amptelike aanlynregistrasie vergadering wat laasweek deur die departement aangebied is, wil ons graag die nuutse inligting wat bespreek is, met u meedeel.

Ons nooi u graag uit na die inligtingsaand wat op Maandagaand, 6 Mei, om 18:30 in die personeelkamer plaasvind. Ons wil u sterk aanmoedig om hierdie vergardering by te woon aangesien daar belangrikke faktore is, wat voorgeskryf is deur die departement, wat u in ag gaan moet neem!

Hiermee herinner ons u aan die GDO- aanlynregistrasies wat open om 08:00. (Ons bied graag ons rekenaarfasiliteite om u te ondersteun, sou u so verkies.)

Ons wens u sterkte toe met u keuse en indien u enige verdere navrae het, is u welkom om vir Marco by registrasie@hscenturion.co.za of 012 664 5803 te kontak.

Luister gerus na die videoboodskap rakende die registrasieproses deur mnr. H. J. Koekemoer (waarnemende hoof).
Inligtingsessie Video Play
facebook youtube instagram website