WOERIE_KAMPUS
Beste Amper-Woerie-ouers

Ons het op Maandag, 6 Mei 2019 ‘n belangrike inligtingsaand rondom die aanlynregistrasie vir 2020 by die skool aangebied. Die ouers wat die vergadering bygewoon het, het die inligting baie nuttig en insiggewend gevind en dit het gehelp om baie onsekerhede uit te klaar. Ons besef dat daar ouers is wat weens omstandighede nie die vergadering kon bygewoon nie, daarom wil ons graag die inligting wat bespreek is, met u deel.

Sien gerus die skakel hieronder vir die aanlynregistrasieproses 2020-dokument wat vir u meer agtergrond rondom die volgende sal bied:

- Inligting rakende dokumentasie
- Die wagperiode
- Die waglysnommers
- Die aanlynregistrasiestappe

Ons herinner u aan die GDO-aanlynregistrasies wat Maandag, 13 Mei 2019 om 08:00 open. (Ons bied graag ons rekenaarfasiliteite aan om u te ondersteun, sou u so verkies.) Sien die onderstaande skakel na die stap-vir-stap hulpmiddel deur die Departement van Onderwys saamgestel.

Ons wens u sterkte toe met u keuse en indien u enige verdere navrae het, is u welkom om vir Marco by registrasie@hscenturion.co.za of 012 664 5803 te kontak.
facebook youtube instagram website