Maxi Nuus Krieket

1 Maart 2019

Belangrike datums
Saterdag, 2 Maart - Wintersport Ben Vorster (tuis)
Saterdag, 9 Maart - Pukreeks by Frikkie Meyer in Thabazimbi (weg)
Donderdag, 14 Maart - Kaskardag
Vrydag, 15 Maart - SKOOL SLUIT
Algemeen

Medikasie aan leerders


Na aanleiding van ‘n onlangse omsendskrywe wat van die Departement van Onderwys ontvang is, asook die berig van 11 Februarie in Maroela Media, wat deur Elsabe Brits geskryf is, wil ons dit onder u aandag bring dat skole nie voortaan medikasie aan leerders mag verskaf nie.

In die nabye verlede het ons telkens na ouerkontak bewerkstellig is, met u toestemming hoofpynpille aan leerders voorsien. Dit is egter so dat die persoon wat dit voorsien steeds verantwoordelik gehou kan word vir enige newe-effekte wat mag ontstaan, al het die ouer die toestemming verleen.

As gevolg daarvan sal daar voortaan geen medikasie deur die skool aan enige leerder voorsien word nie, al sou u toestemming daarvoor gee. Ons pleit dus dat u seker maak dat u kind wel hul medikasie sal inpak en indien hulle af en toe hoofpyne kry, u ook seker sal maak dat hulle hul eie medikasie daarvoor sal voorsien.
HOOF_sport
Krieket

Finsbury Superliga


Die eerste krieketspan dra weer in 2019 die Finsbury Superliga-kroon, nadat die Woeries teen Waterkloof geseëvier het. Die span het eerstens onoorwonne deur die kompetisie gevorder en boonop die bonuspunte opgestapel in al hul oorwinnings. Dit het agtereenvolgende oorwinnings teen Potch Volkskool, Waterkloof, Menlopark en Rustenburg ingesluit. Die laaste wedstryd teen Nelspruit het egter uitgereën. Dit het verseker dat ons ‘n tuis-finaal kon aanbied.
Krieket
‘n Harde reënbui Vrydagaand het die afrigters en spanlede laat rondskarrel om die speelveld Saterdagoggend speelbaar te kry. Die dag is gekenmerk deurdat Michael Salomon sy 100ste wedstryd vir die span gespeel het en Charl van den Heever het die vierde speler geword wat reeds 150 buigings vir die span kon maak. Daarom was die span gemotiveerd om hierdie mylpale behoorlik te vier.

Ons het eerste geboul en Waterkloof tot 240 lopies in hul toegelate 50 beurte beperk. Nathan Fox (3/26) en Conrad Mouton (3/46) het die meeste kolwers laat terugstap, terwyl ons draaiers, Joubert Eybers (1/35) en Rudi Fereira (1/20) die opponent vasgedraai het.

Daarna het dit ‘n spanpoging geverg om die 241 lopies in die finaal suksesvol te jag. Heel gepas het Michael (32*) die wenlopies met drie agtereenvolgende grenshoue aangeteken om te verseker dat die Woeries die wenteiken met twee paaltjies staande behaal. Hy is veral goed bygestaan deur Boerie Basson (64), Damian Groenewald (33), Charl van den Heever (32), Ryan Salomon (31) en Nathan Fox (20). Baie geluk, manne!
Atletiek

Interhoër 2019


Baie geluk aan ons atlete wat tydens die intehoër atletiekbyeenkoms puik presteer het. Ons skool, asook ons dogterspan, eindig algeheel tweede .
Verder verwerf ons ook as span die beste worpe en middelafstande trofeë.
Savannah Combrinck word aangewys as die beste beste dogters veldatleet en Marlene van der Linde as die beste dogters middelafstandatleet.

22 atlete wen goud, 18 silver en 25 brons. Baie geluk.

Baie dankie aan elke atleet wat hard gewerk het gedurende die seisoen.
Goue medalje wenners:

Marlene v.d. Linde: 1500m, 800m en 400m dogters O/14
Riané Bosman: Diskus en gewigstoot dogters O/15
Tameka Vorster Gewigstoot en diskus dogters O/17
Viona Cockrell: Spiesgooi dogters O/17
Savannah Combrinck: Spiesgooi dogters O/19
Jana van der Merwe: 1500m en 800m Dogters O/19
Zoë Muller: Gewigstoot Dogters O/19
Charlene Rybnikar: 3000m dogters O/19
Paul Strydom: 1500m seuns O/14
Wiehan Labuschagne: Diskus en gewigstoot seuns O/15
Ronin Rybnikar: 1500m, 800m en 3 000m seuns O/15
Vian van der Merwe: Hoogspring seuns O/16
Conrad Mouton: Spiesgooi seuns O/17
Gareth Smith: 3000m seuns O/17
Silver medalje wenners:

Deo-moré Beukes: Spiesgooi dogters O/14
Elandri Holtzhausen: 300m Hekkies dogters O/15
Isabelle van Niekerk: 1500m en 3 000m dogters O/17
Tasmin Vorster: Diskus dogters O/17
Esmarie van der Merwe: Verspring , 200m en 100m dogters O/19
Charlene Rybnikar: 1500m dogters O/19
Elzanne Burger: gewigstoot dogters O/19
Zoë Muller: Diskus dogters O/19
Jana van der Merwe: 400m dogters O/19
Paul Strydom: 800m en 400m seuns O/14
Joel Joannou: Hoogspring seuns O/15
Nicky van der Linde: 400m hekkies en 110m hekkies seuns O/19
Wendell Wylbacht: 200m seuns O/19
Brons medalje wenners:

Bianca de Lange: Spiesgooi dogters O/15
Jolize Botha: 90m Hekkies dogters O/15
Mienke Kershoff: Gewigstoot dogters O/16
Kaylan Pieterse: 100m Hekkies dogters O/16
Xantal Jacobs: Hoogspring dogters O/17
Zanie Görgens: 400m Hekkies dogters O/17
Kara Durie: 1500m en 800m dogters O/17
Anita Hellberg: Diskus dogters O/19
Lindi Viljoen: 3000m dogters O/19
Dawid du Plessis: Diskus seuns O/14
Dylan van Niekerk: 1500m seuns O/15
Martin Senekal: Gewigstoot seuns O/15
Joel Joannou: 100m Hekkies seuns O/15
Wian Venter: Gewigstoot seuns O/16
Maree van den Berg: diskus seuns O/17
Ryno Kruger: Spiesgooi seuns O/17
Henre Hayes: 200 m seusn O/17
Nathan Wentzel: Spiesgooi Seuns O/17
Armin Pretorius: 3000m seusn O/17
Gareth Smith: 1500m seuns O/19
Shawn Dames: Diskus seuns O/19
Atletiek1
Rugby
RugbyCENvsB V
Netbal
NetbalCenvsBen Vorster
Hokkie
HokkieCEN vs BV
KULTUUR
Revue
REVUE MAXI-NUUS
borge

Fondsinsameling – kaskarbyeenkoms


Op 14 Maart het die skool ‘n kaskardag. Ons gaan die dag met heerlike speletjies en kompetisies saam met Groot FM van 06:30 tot 10:00 afskop. Groot FM kom saai hul oggendprogram vanaf die skool uit en reël vyf verskillende kompetisies waar vyf leerders per graad gaan kompeteer. Dit beloof om ‘n wonderlike geleentheid te wees om vir al die luisteraars te oortuig watter goeie gees in die skool en ons gemeenskap heers. Na ‘n pouse breuk, sal die kaskarkompetisie begin. Laerskool Louis Leipoldt se graad 6- en 7- leerders kom saam met ons deelneem en skop die verrigtinge by die kaskarre af. Dit sal om 10:30 begin en hulle sal om 11:15 klaar wees. Ons eie graad 12’s begin dan die kaskarwedrenne, terwyl die hele skool geleentheid kry om GRATIS aan al die ritte en glybane deel te neem, soos wat die VLR tydgleuwe aan al die grade sal toewys. Ondersteun asseblief hierdie projek.
Buitemuurs

CFK - Centurion Fotografieklub

Hoërskool Centurion spog nou met sy eie fotografieklub. Hier leer ons om mooi foto’s te neem en al die moets en moenies om jou foto’s se gehalte te verbeter. Jy het nie ‘n duur kamera nodig nie, jou selfoon is ook voldoende. Daar is elke maand ‘n fotowedstryd waar jy 4 foto’s mag inskryf, 1 onder die tema en nog 3 ander foto’s in enige van die volgende kategorieë: oop, natuur en fotojoernalistiek. Beoordeellaars van buite gaan dan die foto’s beoordeel en punte toeken. Die Woerie wat die einde van die jaar die meeste punte het, wen ‘n kamera en daar is ook ‘n tweede kamera as prys vir die belowendste fotograaf. Foto’s gaan ook September uitgestal word in Lyttelton Kunsgalery, langs die Biblioteek. As jy wil kom leer om beter foto’s te neem, of graag die prys wil wen, kom sluit gerus by ons aan. Enige een welkom, elke Donderdag aand, 7-8nm in K24, gratis.
advertensies
Display Combo Ad_QPS
Print Combo Ad_QPS
pro lawn
chess 4
Gavin Merrick - Centurion High School Sign