maxinuss cover9

5 April 2019

Belangrike datums
Maandag, 8 April Dag 1 - Koorfees 18: 30 R50 p.p
Dinsdag, 9 April Dag 2 - Opedag om 17:00
Woensdag, 10 April Dag 3 - Seunshokkie (B) PBHS (weg)
Donderdag, 11 April Dag 4
Vrydag, 12 April Dag 5 - Dogtershokkie Curro (weg)
Saterdag, 13 April - Wintersport NWU Oos-Moot (tuis)
Maandag, 15 April Dag 6 - OUERAAND 17:00 – 19:00
sosiaal

“The Greatest Show”


Die eerste kwartaal het met ‘n kleurvolle hoogtepunt geëindig! Kaskardag het op 14 Maart by die skool plaasgevind en gesorg vir ‘n dag vol aktiwiteite en pret. Groot Fm het ons die oggend kom besoek, waar ons vir hulle kon wys waarom ons dink ons die skool met die “Beste Gees” is. Daar was verskeie items wat deur ons opgevoer is, onder andere, dansers, sangers, asook ‘n kulkunstenaar wat ons almal verras het deur voor die hele skool ‘n dame te vra om saam met hom matriekafskeid toe te gaan.
IMG_6736
Groot FM het ook talle vennote gehad wat die oggend die kinders en die personeel vermaak het. Die oggend is deur ‘n ongelooflike vertoning, wat deur Bounce aangebied is, afgesluit. Baie dankie aan Groot FM en al hul vennote vir die spesiale bydrae wat hulle tot die skool gemaak het.

Later die dag het die pret voortgeduur deur kaskarritte, asook allerhande pretritte wat die kinders op kon speel, spring en gly. Laerskool Louis Leipoldt se graad 6- en 7-leerders is ook genooi om die aktiwiteite saam te geniet en so 'n bietjie van die Woerie-hartklop te beleef!

Dankie aan Romans Pizza wat al die wenklasse met pizza geborg het, die leerders het dit baie geniet!

Gaan loer gerus op ons sosiale media blaaie vir meer foto’s en video’s oor Kaskardag.
Kaskar
SPORT
Atletiek

ASA


Ons atlete presteer puik by ASA SA’s . Savannah Combrinck wen spiesgooi met 'n Afrika-kwalifiserende afstand van 50,98 en oud-Woerie, Gestelle Snyman, het met 'n afstand van 45,12m 'n 3de plek behaal. Jana van der Merwe wen brons met 0,01 sekonde verskil in 2 min 10,85 sek en Conrad Mouton behaal ‘n 5de plek in die spiesgooi seuns 0/18 finaal in sy eerste SA’s.

Baie geluk aan al die atlete en hul afrigters wat die seisoen so hard gewerk het! Julle maak ons Woerie-harte trots!
Jana

SA Skole atletiek


Woeries presteer puik by SA Skole atletiek. Jana van der Merwe behaal 'n 2de plek in die D o/19 800m finaal, met 0,33 van ‘n sekonde in 2 min 10,96. Savannah Combrinck behaal ook 'n 2de plek in die D 0/19 spiesgooi met 49,33 meter, dit is ook haar persoonlike beste met 3 meter en dit is 'n SA kleure kwalifiserende afstand!
Baie geluk Jana en Savannah, julle is ware Woerie-wenners in ons oë!
Rugby

Rugbytoer


Die eerste span het op 18 Maart met groot opgewondenheid na Glenwood, in Durban vertrek. Hul speel hul eerste wedstryd teen HS Louis Botha waar hulle 20 - 13 verloor. Op 21 Maart speel hul teen Hoërskool Merensky en die manne speel 'n harde spel en wys trotse karakter met 'n oortuigende wen van 42 - 7. Die eerste span sluit hulle toer met 'n hoogtepunt af! Hulle wen 35-0 teen KZN Development. Welgedaan seuns! Ons is opgewonde oor die res van die seisoen.
1ste Rugby
Rugbyprogram_ Klerksdorp
Netbal

Klofiefees


Die skool speel 58 wedstryde waarvan ons 33 wen, 24 verloor en 1 gelykop speel. Die skool se eerste span speel 11 wedstryde, wen 8 en speel 1 gelykop teen die volgende skole:
Tygerberg, Swartland, DF Malan, Randburg, Voortrekker, Windhoek, Ligbron, Brackenfell, Lichtenburg, Ermelo en Merensky.

Baie geluk en sterkte met die liga wat 17 April 2019 begin.
Netbal
Netbalprogram_Klerksdorp
Hokkie

Hokkie die vakansie


Die 0/14 hokkieseuns het in die vakansie die 'drie-dag' Tuks-kamp bygewoon. Hulle het soggens verskillende hokkievaardighede by PHSG gedoen en smiddae wedstryde op Tuks se astro gespeel. Die seuns het baie geleer en dit geniet!

Die eerste span hokkiedogters het ‘n fantastiese toer na NWU Pukke! Hulle het baie goeie vaardighede geleer en die individuele groei asook pragtige spangees was voorwaar sigbaar! Die eerste span hokkiedogters het sewe wedstryde gespeel, waarvan hulle vyf gewen het, een gelykop gespeel het en een verloor het. Ons sien ongelooflik uit na die 2019 seisoen!
Hokkie 2
Hokkieprogram_ Klerksdorp
KULTUUR
REVUE MAXI-NUUS
Buitemuurs

Talent Africa Nasionale Kampioenskappe


Carla en Ané Els (gr 12) het gedurende die skoolvakansie deelgeneem aan sang, drama en modelwerk by SANTA: Talent Africa Nasionale Kampioenskappe, 24-30 Maart , in Johannesburg nadat hulle vroeër vanjaar tydens streeksrondte gekwalifiseer het.

Beide het vir 10 solo items en 2 duette ingeskryf en vaar as volg:
Carla:

- 6 goue medaljes: sang (solo's en duette)
- Goue medalje: drama
- 2 goud en 3 silwer vir modelwerk
- Carla word ook aangewys as deel van top 10 drama senior - landwyd
- Kwalifiseer vir SA-span na New York in Julie 2019
- Word uit meer as 3000 gekies vir die Dreams-produksie
Ané:

- 6 goue medaljes: sang (solo's en duette)
- Goue medalje: Drama
- 2 goud en 3 silwer vir modelwerk
- Ané word ook aangewys as deel van top 10 vokaal senior - landwyd
- Kwalifiseer vir SA-span na New York in Julie 2019
- Word uit meer as 3000 gekies vir die Dreams-produksie
Sing
Algemeen

“Roadshow 2019”


Dit was vir Hoërskool Centurion ‘n ongelooflike voorreg om al die omliggende skole te kon besoek en ons Opedag te bemark. Die tema vir die “Roadshow” was #voeldieweoeriehartklop en ons hoop dat elke graad 6- en 7-leerder ‘n stukkie van dit kon beleef. Baie dankie aan al die personeel en al die leerders wat hul tyd opgeoffer het om deel te kon wees van die Roadshow. Dit was ‘n groot sukses en ons sien uit om die leerders en hul ouers verder op ons Opedag wat op 9 April om 17:00 plaasvind, te verwelkom.
Roadshow

Personeel


Hartlike welkom aan ons nuwe Woeries.

Mnr. Andre van Mazyk – Tegniese Departement
Me. Zuancke Jacobs – EBW; Wiskundige Geletterdheid, Rekeningkunde
Me. Ilana Lichthelm – Wiskundige geletterdheid
Me. Melanie. Langner - Wiskunde tydens me. Ras se kraamverlof.

Baba-Woeries


Geluk aan me. Ras wat ‘n babaseuntjie, Lihan, ryker geword het en mnr. J. Nagel wat ook met ‘n babaseuntjie, Ian, geseën is.
advertensies
a5_flyer_opedag2018
Koorfees uitnodiging 2019
A5 ADVERT