maxinuss cover9

12 April 2019

Belangrike datums
Maandag, 15 April Dag 6 - OUERAAND 17:00 – 19:00
Dinsdag, 16 April Dag 1 -
Woensdag, 17 April Dag 2 – Netbal teen Montana (Weg) | Seunshokkie teen AHS (Weg).
Donderdag, 18 April Dag 3 - Eerste rugbyspan speel in die St Dunstan's College se “ Easter Sports Festival” om 13h20 teen Hellenic Academy van Zimbabwe.
Vrydag, 19 April – Goeie Vrydag
Saterdag, 20 April: Eerste rugbyspan speel in die St Dunstan's College se “ Easter Sports Festival” om 16h00 teen Falcon College van Zimbabwe.
Maandag, 22 April- Paasnaweek | Eerste rugbyspan speel in die St Dunstan's College se “ Easter Sports Festival” om 10h40 teen ST Johns College van Zimbabwe.
SPORT
Rugby

Eerstes wen met oortuiging


Die eertse rugbyspan het teen 'n baie gedugte span van Klerksdorp te staan gekom. Hulle het by tye baie aanskoulike rugby gespeel en die toeskouers se harte warm laat klop met die manier hoe hulle speel.
Hulle het in die proses 5 drieë gedruk om die wedstryd 36-19 te wen. Christiaan Grobler (binnesenter) het 3 drieë gedruk en Tyrese van Burick (agsteman) en Michael Solomon (losskakel) elk een drie. Michael Solomon het 'n persoonlike bydrae van 16 punte gelewer.

Daar heers groot opgewondenheid oor die seisoen wat voorlê en as hulle kan voortbou op die manier hoe hulle speel, kan hulle die seisoen groot sukses behaal!
Ander uitslae is as volg:

Tweede span wen 25-19
3de span verloor 5 - 19
0/16A wen 56 - 0
0/16B verloor 12 - 17
0/15A verloor 14 - 53
0/15B verloor 0 - 54
0/14A verloor 5 - 59
0/14B verloor 20 - 47
RUGBYPROGRAMOos-Moot
Netbal

Netbal styg bo teestand


Baie geluk aan Monique en Kaylan Pieterse wat altwee deur is na die laaste rondte van Gauteng netbalproewe. Ons is baie trots op die twee susters met hulle prestasies.
Uitslae teen KHS:

1ste: 23-20
2de: 16-22
O/17A: 5-28
O/16B: 23-3
O/16A: 36-13
O/15B: 20-22
O/15A: 8-22
O/14B: 5-19
O/14A: 16-14
NetbalvsOos Moot
Hokkie

Hokkie presteer


Die seunshokkie het Saterdag in die PUK-reeks uitstekend teen Klersdorp gevaar. Die eerste span het 6-0 gewen en die 0/16A het 3-0 gewen!
Ons 0/14A seuns wen Saterdagmiddag 4-2 in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Affies. Baie geluk aan al ons seunsspanne!

Die hokkiedogters het beslis ‘n groter uitdaging en harde stryd teen Klerksdorp gehad.
Ons 0/15A dogters het uitstekend gespeel met ‘n eindtelling van twee doele elk. Ons eerste span dogters het met volgehoue harde werk ongelukkig 1-0 verloor!
Ons 0/14 A en B dogtersspanne het baie goed gespeel! Albei 0/14 dogtersspanne het ongelukkig met een doel elk verloor.
Die res van ons dogtersspanne het ongelukkig baie swaar gekry!
Ons sien uit om hierdie week hard te werk en met passie en ons mooi Woerie-harte in die volgende wedstryde te speel!
HokkieF
HOKKIE
Luggeweerskiet

Luggeweerskiet

Kompetisieuitslag: Saterdag, 6 April
Luggeweer en –pistoolkompetisie - Liga 3

LUGPISTOOL:
O/14
Kristian-leigh Cockrell 2de plek
Graeme Salvage 3de plek
O/21
John Batt 2de plek
Elani Riekert 4de plek
LUGGEWEER:
O/21
Monique Batt 2de plek
Tiaan Geldenhuys 3de plek
Ashley van Rooyen 5de plek
Hardus Badenhorst 7de plek
KULTUUR
Koor

Koorfees 2019


Die Koorfees van Hoërskool Centurion het op Maandag, 8 April 2019, plaasgevind.

Ons het die voorreg gehad om die verhoog met vyf ander kore te deel.

Die kore was: Laerskool Hennopspark Juniorkoor onder leiding van Ronette de Beer en Leanda Schelhase, Laerskool Louis Leipoldt koor onder leiding van Sandri Rautenbach en Chanelle Kotze, Laerskool Swartkop koor onder leiding van Bea Viljoen en Elsa Maré. Laerskool Bakenkop koor onder leiding van Anton Pottas en Rejeanne Krűger en Laerskool Hennopspark Seniorkoor onder leiding van Anton Pottas en Leanda Schelhase.

Al die kore het skitterend gesing. Die saal was stampvol. Die gehoor het aan die lippe van elke koorlid gehang. Die hoogtepunt van die koorfees was toe al ses kore – ongeveer 390 koorlede - gelyk op die verhoog, almal saam in ‘n massakoor kon sing.

Elke Woerie-koorlid was ‘n ambassadeur. Jul optrede en ontvangs van die ander koorlede het ‘n hartlikheid uitgestraal wat elke besoeker kon aanvoel.

Baie dankie vir almal wat saamgewerk het om dit ‘n luisterryke, onthou-aand te kon maak!
IMG_8648
Revue
REVUE MAXI-NUUS
advertensies
Kapeloptrede advertensie 2019 vir Maxi-nuus
Flyer_Stephnie&Jaco
Add 12
IMG-20190326-WA0010