WOERIE_KAMPUS

Beste Amper-Woerie-Ouers

Hiermee ‘n paar interessante feite oor Hoërskool Centurion, wat u dalk nie geweet het nie.

1. Oudste hoërskool in Centurion – Hoërskool Centurion is een van die eerste skole wat in Centurion gebou is en spog met ‘n ryk geskiedenis en tradisies.

2. Skool het al 3 name gehad: Hoërskool Centurion het eers bekend gestaan as Hoërskool Lyttelton, toe as Hoërskool Verwoerdburg en later soos ons dit vandag ken as Hoërskool Centurion. Centurion as naam vir die stad, waarna ons skool ook vernoem is, kom oorspronklik van Centurionpark wat ‘n internasionale krieketstadion is. Inwoners kon vir die naam gestem het.

3. Skoollied: Ons skoollied en leuse is gebaseer op baie simboliek rondom die lugmagbasis wat naby die skool geleë is. Die skoollied is ook deur ‘n oud-onderwyser, mnr. J. du Toit Retief in 1959 geskryf en daarna deur ‘n oud-onderwyseres, me. H. Dönges getoonset.

Hou gerus die opvolgende nuusbriewe dop vir meer interessante feite oor die skool.

GDO aanlynregistrasies 2020

Neen asseblief kennis dat die gr. 8 aanlynregistrasies op 20 Mei 2019 om 08:00 open.

Ons wil u graag aanmoedig om asseblief indien u nog nie het nie, u inskrywingsvorm saam met die nodige dokumentasie in te handig, dit sal regtig help om die proses te vergemaklik.

Ons wens u sterkte toe met u keuse en indien u enige verdere navrae het is u welkom om vir Marco by registrasie@hscenturion.co.za of 012 664 5803 te kontak.

Sien die nuutste 2020 stap vir stap aanlynregistrasie video wat deur die Departement van Onderwys saamgestel is.
Ouers video
facebook youtube instagram website