WOERIE_KAMPUS
Geagte Amper-Woerie-Ouer

Ons wil u graag bedank vir die moeite wat u gedoen het om Hoërskool Centurion tydens die Opedag te kom besoek. Dit was vir ons heerlik om u by ons skool te verwelkom

Ons wil u graag gerusstel dat ons u deur elke stap van die aanlyn inskrywingsproses wat op 13 Mei plaasvind sal lei. U sal op ‘n gereelde basis korrespondensie van ons af ontvang. U is welkom om solank u dokumentasie in orde te kry. U sal sien dat ons in u kind se sakkie wat hy/sy ontvang het by die Opedag ‘n inskrywingsvorm gesit het. Vul asseblief vir ons solank die vorm in, wat u dan na die administrasiekantoor kan stuur vir aandag aan Marco. Maak asseblief seker dat u ook al die bykomende dokumentasie wat aangevra is saam met die dokument inhandig.

Indien u nie so vorm ontvang het nie of enige verdere navrae het, is u welkom om vir Marco by regsitasie@hscenturion.co.za of 012 664 5803 te kontak.

Hoërskool Centurion nooi u ook graag uit na die wintersportwedstryde wat môre tuis teen HS Oos-Moot plaasvind.

Volg ook gerus ons sosiale media platforms om op hoogte te bly van die nuutste gebeure wat by ons skool plaasvind.

Mooi naweek vir u.
Woerie-groete!
facebook instagram youtube website