maxinuss cover6

10 Mei 2019

Belangrike datums
Maandag, 13 Mei Dag 2, Seunshokkie B-spanne (tuis) | Aanlynregistrasies open vir gr. 7 - leerders
Dinsdag, 14 Mei Dag 3
Woensdag, 15 Mei Dag 4 ,Fotodag | Seunshokkie A- en B-spanne (weg) | Netbal Overkruin (tuis)
Donderdag, 16 Mei Dag 5
Vrydag, 17 Mei Dag 6, Netbal Midstream (weg) | Dogtershokkie Sutherland (weg)
Saterdag, 18 Mei, Rugby Middelburg (tuis) | Luggeweerskiet
Woensdag 22 Mei: Eksamen begin
Algemeen

2020 GDO-AANLYNREGISTRASIES


Beste Amper-Woerie-ouers

Ons het op Maandag, 6 Mei 2019 ‘n belangrike inligtingsaand rondom die aanlynregistrasie vir 2020 by die skool aangebied. Die ouers wat die vergadering bygewoon het, het die inligting baie nuttig en insiggewend gevind en dit het gehelp om baie onsekerhede uit te klaar. Ons besef dat daar ouers is wat weens omstandighede nie die vergadering kon bygewoon nie, daarom wil ons graag die inligting wat bespreek is, met u deel.

Sien gerus die skakel hieronder vir die aanlynregistrasieproses 2020-dokument wat vir u meer agtergrond rondom die volgende sal bied:

- Inligting rakende dokumentasie
- Die wagperiode
- Die waglysnommers
- Die aanlynregistrasiestappe

Ons herinner u aan die GDO-aanlynregistrasies wat Maandag, 13 Mei 2019 om 08:00 open. (Ons bied graag ons rekenaarfasiliteite aan om u te ondersteun, sou u so verkies.) Sien die onderstaande skakel na die stap-vir-stap hulpmiddel deur die Departement van Onderwys saamgestel.

Ons wens u sterkte toe met u keuse en indien u enige verdere navrae het, is u welkom om vir Marco by registrasie@hscenturion.co.za of 012 664 5803 te kontak.
SPORT

Landloop presteer by AGN-Liga


Baie geluk aan ons landloopatlete wat weereens puik presteer het tydens die AGN Landloopliga te Hoërskool Uitsig. Jana van der Merwe wen die dames 0/23, Gareth Smith eindig 2de in die seuns 0/17 en ons eie afrigter, juffrou Bekker, 3de in die senior dames wedloop. Wat ‘n mooi voorbeeld vir ons atlete.

Hierdie was ook 'n geleentheid waar ons, ons eerstespan proewe vir beide seuns en dogters kon uitvoer. Hierdie spanne sal binnekort aangekondig word.
Jana (2)
Hokkie

Hokkie ligawedstryde


Die hokkiedogters het Vrydag ligawedstryde teen Pretoria-Noord gespeel. Die 0/14A-span het hulle wedstryd gewen, die eindtelling was: 2-1. Hulle het deurlopend ‘n goeie stryd gevoer en baie hard gewerk! Ons eerste span dogters het ook baie goed gespeel! Met ‘n goeie struktuur en volgehoue harde werk en passie het hulle die wedstryd heel gemaklik, 2-0 gewen!

Baie geluk aan hierdie spanne. Ons is baie trots op julle!
Hokkie
Rugby

Rugby teen Heidelberg Volkskool


Die rugbywedstryde van Saterdag, 4 Mei, teen Heidelberg Volkskool was baie taai gewees en ons eerste span het in die laaste minute met slegs 3 punte verloor. Die uitslae was as volg:
Uitslae:

1ste span 21-24
2de span 21-17
3de span 17-15
0/16A 17-40
0/16B 14-33
0/15A 12-19
0/15B 41-17
0/14A 7-47
0/14B 26-33

Tshwane Skole Sagtebal


Drie van ons Woerie-personeellede het die voorreg om die jaar op die Tshwane Skole Sagtebalbestuur te dien. Baie geluk aan mnr JJ Diamond – Voorsitter Hoërskole, me. A. van Rooyen – Toernooi Direkteur Hoërskole en me. J van Wyk – Ontwikkeling Hoërskole. Baie dankie vir hierdie ekstra opoffering en moeite met ons leerders!
Sagtebal
Buitemuurs

WOERIE WELPIES - WALLY HAYWARD


Die Woerie-Welpies (laerskole landloopoefengroep) van Hoërskool Centurion het met groot sukses die 5 km wedloop by die Wally Hayward Marathon op 1 Mei gehardloop.

Danksy 'n ruim borgskap deur MiWay, het die Welpies in MiWay T-hemde deelgeneem en die voorreg gehad om in die BBP-area te sit. Daar was 'n fisioterapeut wat na die wedloop seer spiere uitgevryf het terwyl die atlete en hul ouers bederf is met koffie, koeldrank en heerlike kos. Baie dankie aan Welpie-mamma Mursha Benadie wat hierdie borgskap gereël het.

Die Woerie-Welpies het dit geweldig geniet en was nie van plan om rustig te hardloop nie - hulle het voluit gegaan, net soos hulle elke landloop byeenkoms aanpak!

Landloop
alumni

Oud-Woerie presteer

Stephan van der Walt, is tans te sien in die baie gewilde produksie "Chicago the Musical" wat by Montecasino optree.

Stephan, baie sterkte met jou optredes wat nog voorlê, die Woeries is saam met jou trots op hierdie mooi prestasie
SAMSUNG CAMERA PICTURES
advertensies

Makro


Ouers, ons wil u graag aanmoedig om deel te word van die oulike inisiatief wat Makro SA vir ons skool bied.
Lees gerus deur die onderstaande bemarkingmateriaal om meer besonderhede te kry oor hoe u daarby betrokke kan raak.

Maak asseblief seker dat u Hoërskool Centurion as begunstigde nomineer. U aankope by Makro kan 'n groot verskil by ons maak.
Markro
Mothers day school
facebook youtube instagram website