maxinuss cover6

3 Mei 2019

Belangrike datums
Maandag, 6 Mei Dag 4, Revue optrede
Dinsdag, 7 Mei Dag 5, Revue optrede
Woensdag, 8 Mei - Stemdag
Donderdag, 9 Mei Dag 6, Revue optrede (Gala-aand)
Vrydag, 10 Mei Dag 1, Netbal teen Wonderboom (weg) | Hokkie teen Hatfield (weg) | Revue optrede
Saterdag, 11 Mei, Rugby teen Florida (weg) | Luggeweerskiet Liga 4 | Revue optrede
Maandag, 13 Mei, Aanlyn registrasies open vir Gr. 7 - leerders
Woensdag 22 Mei: Eksamen begin
Algemeen

Woeries groet na 38 jaar!


Vergun my die geleentheid om namens myself en waarskynlik duisende ander afskeid te neem van me. Jeanette van Staden.

Ek het die voorreg gehad om vir 28 jaar baie nou saam met me. J. van Staden te kon werk. Ons was jare lank saam graadhoofde en is ook gelyktydig as adjunkhoofde by die skool aangestel. As adjunkhoof het sy op verskillende terreine met groot onderskeiding opgetree. Sy het veral gedurende haar tyd as akademiese hoof die onderskeiding behaal dat sy nie net die leerders nie, maar ook hul ouers met groot eerbied en respek hanteer het.

58461226_1924048121032829_5493326758574817280_n
As wiskundeonderwyseres het sy nie haar gelyke gehad nie. Die leerders het haar verafgod en dit was vir ouers so belangrik dat hul kinders by haar moes skoolgaan, dat hulle gedreig het om die kind uit die skool te neem indien hy/sy nie by haar klaskry nie.

As mens het haar medemenslikheid almal diep geraak. Wie kan die heerlike wafelhartjies wat sy so gereeld vir haar leerders gegee het, vergeet? Haar sin vir humor was opvallend. Haar buitengewone liefde vir haar gesin was ongelooflik. Me. J. van Staden - een in ’n miljoen. Ek en ek glo al die huidige en gewese Woeries eer jou vir wat jy is, was en vir seker nog lank in jou lewe sal wees. Mag jou aftrede vir jou groot seën, geluk en voorspoed inhou.

’n Verlangende mnr. H.van Huyssteen (oud-adjunkhoof)
58375007_1924048197699488_8261381873167499264_n

Junie-Eksamen


Leerders het reeds die finale Mei/Junie-eksamenrooster vir gr. 8 tot gr. 12 ontvang. Die eksamentye strek vanaf Woensdag, 22 Mei 2019 en die leerders skryf tot en met Donderdag, 13 Junie 2019. Let egter daarop dat daar op 30 April, sowel as 2 Mei amptelike Afrikaanse en Engelse eksamenvraestelle (Vraestel 3) geskryf word, waarna die res van dié dae as gewone skooldae sal verloop. Slegs ‘n doktersertifikaat sal as wettige verskoning aanvaar word indien ‘n leerder nie vir ‘n eksamenvraestel opdaag nie. Geen ander reëlings kan buite die eksamenrooster getref word nie. Dit is baie belangrik dat die leerders ook tydens die eksamen netjies en volgens die skoolreëls geklee sal wees en ons glo dat ons in dié verband op u samewerking kan staatmaak.
SPORT
Netbal

Netbaldogters pluk die vrugte van harde werk


Die laaste week het harde werk van ons netbaldogters geverg. Hulle het twee keer in een week wedstryde gespeel. Ons netbaldogters het hard gewerk en het ook resultate vir hul harde werk verdien. Hul het op die 24ste April teen Sutherland getriomfeer met slegs twee wedstryde wat hul verloor het. Pretoria-Noord Hoërskool het wel hard teruggeveg en kon ons net 5 van die 10 wen, maar dit was glad nie teenstand vir die Woeries wat enduit volgehou het nie.
Uitslae teen Sutherland:

14A: 24-7
14B: 19-13
14C: 12-6
15A: 23-6
15B: 16-5
15C: 23-2
16A: 30-12
16B: 21-3
16C: 12-21
17A: 17-15
1ste: 25-17
2de: 23-17
3de: 9-17
Uitslae teen Pretoria-Noord:

14A: 15-17
14B: 15-16
14C: 5-8
15A: 12-17
15B: 15-17
15C: 19-15
16A: 24-12
16B: 14-9
17A: 18-5
1ste: 28-15
Bergfietsry

Bergfietsliga

Saterdag, 27 April, het die eerste bergfietsliga by HTS John Vorster plaasgevind. Vanaf hierdie jaar neem slegs Gauteng-Noord skole teen mekaar deel. Altesaam 21 skole het deelgeneem. Ons toppresteerders van die dag was Gideon Van Niekerk (8ste plek) en Ruben Beukes (15de plek).
Bergfiets
KULTUUR
Revue
REVUE MAXI-NUUS

Revue-inligting


Ons is opgewonde om mee te deel dat die revuekaartjies vir die volgende week vanaf 14:15 tot 15:15 vanuit die personeelkamer verkoop gaan word.
ILLUMINA REVUE 2019_POSTER
Redenaars

Redenaars dring deur

Die volgende 3 leerders dring deur na die semi-finale rondte van die ATKV Redenaars wat op 10 Mei by Hoërskool Menlopark plaasvind: Christine Kriel (graad 9, onvoorbereid), Nadia Fourie (graad 10, voorbereid) en Chanté Bosch (graad 12, onvoorbereid).

Baie geluk aan julle 3 dinamiese dogters, ons hou vir julle duim vas vir die volgende rondte wat voorlê.
Redenaars
AKADEMIE

Graad 8


1. Emma Viljoen
2. Deo-Moré Beukes
3. Simoné Calitz
4. Annemarie Von Maltitz
5. Mirna Lombard
6. Sherita Liebenberg
7. JJ van Zyl
8. Mia Drotsky
9. Elandri Holtzhausen
10. Monique Malan
11. Kristian Cockrell
12. Dawid du Plessis
13. Delia Cloete
14. Janika Burger
15. Anica Gous

Graad 9


1. Hanri Pretorius
2. Janika Wait
3. Lydia Noppé
4. Derick Maree
5. Mia Joubert
6. Kirsten Fouché
7. Marthin Senekal
8. Simoné Lewis
9. Danielle Garland
10. Inge Keyser
11. Marelize Viljoen
12. Michael Grobler
13. Mieke Coetzer
14. Leonize Lamprecht
15. Nathan Kearney
Akademies

Graad 10


1. Bazil Calogero
2. Nadia Fourie
3. Corné Botha
4. Leandri Erasmus
5. Tessa Engelbrecht
6. Alain Willemse
7. Angelique Rossouw
8. Donne-Lize Weber
9. Annabelle Rademan
10. Marijke Mostert
11. Suretha van der Merwe
12. Armandt Grundlingh
13. Johnathan Brand
14. Yvonne Skea
15. Michelle Appelgrein

Graad 11


1. Chantelle Fouché
2. Karli Snyman
3. Carl Brandt
4. Zanie Görgens
5. Natasha Kotzé
6. Daniëlle Pienewald
7. Zea Cajada
8. Ann-Rické Oosthuizen
9. Nadia de Lange
10. Marco Engelbrecht
11. Kirsti Oelofse
12. Justin Coetzee
13. Megan Rabe
14. Luhané Meyer
15. Rochelle Bothma

Graad 12


1. Chanté Bosch
2. Johan Piek
3. Cassandri Labuschagne
4. Abigail Roth
5. Hardus Badenhorst
6. Elani Botha
7. Heidi van der Walt
8. Nina du Preez
9. Savannah Combrinck
10. Danel Greeff
11. Leana Weimann
12. Divan Grundlingh
13. Carla Strauss
14. Anita Hellberg
15. Julius Krahtz
Akademiese Spanne
Buitemuurs

Luggeweerskiet

John Batt (gr.10) het 'n trofee ontvang vir die beste presteerder as pistoolskut in Noord-Gauteng tydens 2018 SA-Kampioenskappe. Ons is baie trots op hierdie Woerie en kan nie wag om te sien wat die toekoms vir die leerder inhou nie.
J. Batt

Atleet presteer fenomenaal

Savannah Combrinck het haar fenomenale atletiekseisoen op nog ‘n hoogtepunt afgesluit toe sy die afgelope naweek, tydens die ASA Senior Atletiekkampioenskappe, 4de in die spiesgooi vir dames geëindig het. Baie geluk!
S. Combrick (1)
borge

Borgskappe


Het u gesien hoe spoggerig ons personeel die afgelope tyd lyk? Dit is alles te dankie aan ons twee borge, wat gesorg het dat ons personeel op hulle beste vertoon.

Baie dankie aan Investmech vir die borg van ons formele personeelhemp en baie dankie aan Gys Pitzer Motors Lindo Park vir die borg van die mooi gholfhempde.

Julle goedgesindheid teenoor ons skool, word opreg waardeer.
Borge
advertensies

2020 GDO-AANLYNREGISTRASIES

Neem asseblief kennis dat die GDO- aanlynregistrasies op 13 Mei 2019 begin.
57348187_1907797439324564_4152132235811618816_n
WISKUNDE EKSTRAKLAS BRIEF
Mothers day school
facebook youtube instagram website