Banner (1)

8 Augustus 2019

Belangrike datums
Maandag: 12 Augustus, Dag 6 -Kultuurweek (Bril) | Kwartaaltoets 7| Krieket 2A teen Eldoraigne (Tuis)
Dinsdag: 13 Augustus, Dag 1 - Kultuurweek (Hoed) | Portefeuljetoets 16 | Landloop Liga 5 DASH | Krieket 14B teen Menlopark (Tuis) | Krieket 14A teen Prestige College (Weg) | Sagtebal teen Pretoria-Noord (Tuis)
Woensdag: 14 Augustus, Dag 2 - Kultuurweek (Das) | Fotodag | Krieket 15A teen Prestige College (Tuis)
Donderdag: 15 Augustus, Dag 3 - Kultuurweek (Kouse) | Supper Theatre | Kwartaaltoets 8 | Krieket 15B teen AHS D | Krieket 15A teen Prestige College (Tuis)
Vrydag: 16 Augustus, Dag 4 - Kampusdag | Sagtebal
Saterdag: 17 Augustus - Luggeweerskiet: Avontuurskiet by HS Wagpos | Landloop AGN by HS Eldoraigne | Sagtebal teen AHMP (Weg) | Bergfiets by Wonderboom | Krieket 1D teen Zwartkop (Tuis) | Krieket 1A teen Prestige College (Weg) | Krieket 1B teen Garsfontein (Tuis)
woerie omgee
LIEFenLEED

Ons sê totsiens vir ‘n geliefde onderwyser

Dit is met 'n swaar hart dat ons een van ons mede kollegas na 22-jaar se diens by Hoërskool Centurion moet groet. Mnr. Jaco le Roux kan as 'n topklas onderwyser gesien word en gaan in die personeel- en klaskamer gemis word.

Mnr. le Roux gaan nog steeds betrokke by verskeie aktiwiteite by Hoërskool Centurion wees waarvoor ons baie dankbaar is.

Ons wens hom graag sterkte toe met al sy toekomsplanne.

Verwelkoming van nuwe personeellid


Ons wil graag vir juf. Leandri du Plessis by Hoërskool Centurion as 'n nuwe personeellid verwelkom.

Juf. du Plessis is 'n bekwame onderwyseres en ons kan nie wag om haar te leer ken en saam met haar te werk nie.

Ons wens haar graag sterkte toe met hierdie nuwe hoofstuk van haar lewe.
J. Le Roux (1)
L. du Plessis (1)
AKADEMIE

Akademiese spanne


Ons akademiese spanne is gedurende die week aangedui en ons wil graag vir die volgende leerders gelukwens met hulle pragtige akademiese prestasies:
Graad 8:

Emma Viljoen 91.17
Deo-Moré Beukes 87.5
Janika Burger 86.25
Annemarie Von Maltitz 86.03
Mirna Lombard 85.47
Simoné Calitz 85.39
Sherita Liebenberg 85.27
Mia Drotsky 84.99
Estmari Fourie 84.47
Carla Coetzee 84.36
Monique Malan 84.31
Dawid Du Plessis 83.19
Elandri Holtzhausen 82.92
Delia Cloete 82.89
Lara Engelbrecht 82.1
Graad 9:

Hanri Pretorius 93.4
Lydia Noppé 91.3
Derick Maree 91.21
Janika Wait 90.18
Mia Joubert 87.04
Zoë O'brien 85.76
Danielle Garland 84.59
Kirsten Fouché 82.54
Marthin Senekal 81.78
Miné Van Der Walt 81.47
Mieke Coetzer 81.00
Michael Grobler 80.98
Marelize Viljoen 80.64
Inge Keyser 80.63
Eliska Van Der Westhuizen 79.72
Graad 10:

Nadia Fourie 87.59
Alain Willemse 83.08
Corné Botha 81.33
Tessa Engelbrecht 80.73
Leandri Erasmus 80.58
Angelique Rossouw 77.9
Yvonne Skea 77.4
Andreas Badenhorst 75.89
Suretha Van Der Merwe 75.81
Michelle Appelgrein 75.37
Johnathan Brand 75.26
Armandt Grundlingh 74.69
Marijke Mostert 74.4
Donne-Lize Weber 73.91
Lelanie Ackermann 73.61
Graad 11:

Natasha Kotzé 86.88
Carl Brandt 85.37
Zea Cajada 85.12
Zanie Görgens 84.42
Chantelle Fouché 82.9
Karli Snyman 82.81
Ann-Rické Oosthuizen 82.23
Daniëlle Pienewald 79.85
Nadia de Lange 79.43
Waldo Gouws 78.95
Lerize Fourie 76.4
Leoné Smith 76.01
Marco Engelbrecht 75.69
Carene Balt 75.49
Maree Van Den Berg 75.46
Graad 12:

Chanté Bosch 91.15
Johan Piek 88.23
Savannah Combrinck 83.74
Tiaan Geldenhuys 81.94
Abigail Roth 81.61
Cassandri Labuschagne 81.12
Heidi Van Der Walt 80.76
Hardus Badenhorst 80.58
Divan Grundlingh 78.81
Elani Botha 78.8
Bronwyn Duvenage 78.46
Nina Du Preez 78.42
Meagan Pero 77.97
Danel Greeff 77.92
Anita Hellberg 77.63

Afrikaans Olimpiade

Woeries by die Afrikaans Olimpiade

Twintig van ons matrikulante het vanjaar aan die landwye Afrikaans Olimpiade deelgeneem en met vlieënde vaandels geslaag.

Ons is besonder trots op Johan Piek wat 'n plek onder die eerste honderd kandidate behaal het.

Welgedaan, Woeries!
J. Piek (1)

2020 Gr. 10-Vakkeusevorms


Geagte graad 9-ouers

Let asseblief dat die proses vanjaar om vakkeuses vir die graad 10’s van 2020 uit te oefen, digitaal gedoen gaan word om die proses met groter effektiwiteit en gemak te kan voltooi.

Ouers kan gerus die volgende skakel volg om die vakkeusevorm te bekom en ons vra asb. dat die vorm volledig ingevul en ingestuur sal word teen 16 Augustus 2019.
Indien u enige verdere navrae rondom die vakkeusevorm of uitoefening van keuses het, is u welkom om die volgende kontakpersone te skakel:

Me. C. Badenhorst (Mentor): christa@educationalpsych.co.za
Me. N. Esterhuizen (Graadhoof): nicolette@hscenturion.co.za
Mnr. J. de Bruyn (Graadhoof): johand@hscenturion.co.za
Mnr. M. Coetzee (It-hulp): marco@hscenturion.co.za
SPORT
Krieket

Eerste span krieket teen die Old Boys


Ons eerste span krieketseuns het Saterdag teen die Old Boys as voorseisoen voorbereiding gespeel.

Dit was 'n strawwe wedstryd vir ons seuns en was definitief 'n leermiddel gewees. Ons spelers se blootstelling aan ervare krieketspelers wat al eersteklas krieket gespeel het, was vir seker 'n ongelooflike ervaring en een waarby ons net kon baat.

Ons is steeds trots op ons seuns en hoe hulle die wedstryd benader het asook op die dissipline wat hulle teenoor die voorbereiding vir die opkomende seisoen getoon het.
Eerstespan
Landloop

Landloop by Prestige College


Op 31 Julie het die 4de landloopliga te Prestige College plaasgevind, tradisioneel die moeilikste roete op ons landloopkalender.

Ons atlete wat op ons eie uitgelegde landlooproete oefen, was goed gekondisioneer en het hul beste posisie sover in die liga behaal, waarvan Dillan van Niekerk en Charlene Rybnikar se posisie verbeteringe uitstaan.

Met ons juniors seuns se uitstekende vyfde plek, skuif ons seuns algeheel in die vyfde plek in en ons skool se seuns en dogters is gesamentlik in die top ses.

Met twee ligas oor, baklei ons atlete hard om die posisie te behou om ten einde vir die dertiende jaar agtereenvolgend vir Noordvaal te kwalifiseer.

Ons wil ook graag aan Jana vd Merwe geluk wens wat die dogters o/18 afdeling gewen het.

Fotokrediet: Gerrit van der Linde
Dillan van Niekerk
Tennis

Buffelspoort Tennistoernooi


Die jaarlikse Buffelspoort Tennistoernooi het verlede naweek plaasgevind. Onder leiding van Andri Tiran, het Dian Erasmus, Wian Knoesen (gr. 9’s), Marco van Graan en WJ Knoesen (gr. 10’s) deelgeneem.

Ten spyte van strawwe kompetisie tussen die 12 skole en 16 spanne wat deelgeneem het, het die seuns Hoërskool Centurion se naam hoog gehou. Die seuns het 8 dubbel- en 16 enkel wedstryde deur die loop van die naweek gespeel, o.a teen Kempton A, Hartbeespoort A, Klerksdorp B en Montana B.

Die seuns het in hul onderskeie wedstryde gemengde welslae bereik. Na 'n naelbyt sessie het Centurion Sondag in 'n uitspeelwedstryd teen Montana B gewen.

Die wen het die seuns in 'n algehele 10de plek laat eindig. Ons is trots op die Woeries.
DSC_0764_3
Sagtebal

Sagtebal teen HS Hartbeespoort en Sutherland High

Ons sagtebaldogters het weer 'n ongelooflike dag agter die rug met hulle tweede tuis wedstryd wat Maandag plaasgevind het.

Soos gewoonlik het hulle die wedstryde verower en dit na soveel pret laat lyk! Ons is trots op ons sagteballeerders!

Fotokrediet: Magda van der Zwan
Uitslae:

Eerste span wen 12-3 teen HS Hartbeespoort

B-spanne teen Sutherland High
Tweede span wen 23-0
O/15B wen 10-1
0/14B wen 12-2
Nkateko Mathe
KULTUUR
Cleopatra

Cleopatra 2019

Op 1 Augustus 2019 was Hoërskool Centurion se skoolsaal gepak met toeskouers.

Met groot opgewondenheid, ongelooflike atmosfeer en hardwerkende finaliste op die planke, was dié aand een reuse sukses en net ‘n plesier om te kon bywoon.
Willem Botha, ons seremoniemeester, het elke finalis deur ‘n kort video voorgestel.

Daarna was die aand opgedeel in kategorieë:
Optrede:
Elke paartjie het ‘n fliek genre ontvang en moes ‘n kort opvoering daarvolgens doen. Met een opvoering was ‘n finalis (Kara Durie) met een hand deur haar dansmaat (Maree van den Berg) in die lug gehou. Maree sê: “Ek was nogal gespanne, maar het lank geoefen en het dit toe darem reggekry.”

Informele drag:
Die finaliste moes hulle styl tydens die informele drag afdeling vertoon en hulle het almal gestraal. Die beoordelaars was baie beïndruk.
C. Mouton en R. Badenhorst (2)
Formele drag:
Elke finalis was in die beste en die mooiste aandrokke en aandpakke uitgerus. Hul hare was opgetof en al die meisies se naels was selfs geverf.

Nadat Willem Botha, ons meester van seremonie van die aand, ‘n paar liedjies gesing het en die gehoor lekker laat lag het, was die top 10 finaliste aangekondig. 5 meisies en 5 seuns is gekies, waarvan, vir die eerste keer, ‘n addisionele seun aangekondig was, wat die totaal gebring het na ‘n top 11. Die top 11 was elk persoonlik opgeroep en moes ‘n vraag beantwoord om die finale keuse te kon maak.

Daar is ook verskeie titels aangekondig voor die kroning van Mnr. en Mej. Hoërskool Centurion:
Mnr. En Mej. Persoonlikheid – Henré Hayes en Rulise Badenhorst
Mnr. En Mej. Fotogenies – Conrad Mouton en Viona Cockrell
Mnr. En Mej. Debutant – Lefa Mtshweni en Chrisél Kleinhans

Ons Eerste Prins en Prinses van die aand is Maree van den Berg en Viona Cockrell en ons Tweede Prins en Prinses is Lefa Mtshweni en Kara Durie.

Vanjaar se Mnr. En Mej Hoërskool Centurion is Conrad Mouton en Rulise Badenhorst. Gesamentlik het die twee wenners die riller fliek kategorie vir hulle optrede gehad en het die hele gehoor op die punt van hulle stoele gehad. Beide die wenners het gesê dat hulle nie verwag het om te wen nie.

Die finaliste het gesê dat hulle die ervaring regtig baie geniet het en ander vir seker sal aanraai om dit te doen.

Baie dankie aan me. Heyns en haar span vir die pragtige glansgeleentheid wat hulle vir ons aangebied het. ‘n Groot dank aan Je-ani Swiegelaar, Jozaan Digue, Annemarie Strauss, Gerrit Pienaar, Marcus Max Karstens, Zuancke Jacobs, Greunen Parker wat as ons beoordelaars opgetree het. Dankie ook aan ons hoofborge, Hair Impressions (Highveld), Claris by Gerrit Pienaar, SmartGuy, SmartBride en Elwo Printing wat daartoe bygedra het om die aand ‘n groot sukses te maak.

~Christine Kriel, Woerie Media-huis
Fotokrediet: GB Jordaan
Cleopatra Dogters
Cleopatra Seuns

Kultuurweek


Hoërskool Centurion gaan tydens die kultuurweek van 12-15 Augustus met al die talentvolle kultuur-Woeries spog! Drama- en dansitems tree Maandag, 12 Augustus, op en die sangitems tree Dinsdag, 13 Augustus, om 18:00 in die skoolsaal op.

Daar is professionele beoordelaars wat die items gaan beoordeel en die gehoor gaan ook aan die einde van elke aand vir hul gunstelinge kan stem. Daar sal twee items uit elke afdeling na die Supper Theatre van 15 Augustus deurdring.

Toegang vir Maandagaand en Dinsdagaand is gratis.

Kaartjies vir die Supper Theatre word elke dag op die aantreeblad teen R10 verkoop. Daar is ook tafels (waarby 10 persone kan sit) teen R20 per persoon, by me. Parsons in K11 beskikbaar.

Om die gees gedurende Kultuurweek te behou, het ons die inisiatief geneem om elke dag ‘n tema te hê met pryse vir elke dag se “best dressed” leerder.

Maandag: Snaakse bril
Dinsdag: Snaakse hoed
Woensdag: Snaakse das
Donderdag: Snaakse kouse

Die temas mag slegs bygevoeg word by die voorgeskrewe skooldrag en leerders mag nie enige ander drag aantrek nie.
Kultuurweek Ad + Inligting
Toneel

Eldo Toneelfees


Baie geluk aan Amé van Breda wat ‘n brons sertifikaat tydens die Eldo Toneelfees behaal het.
Redenaars

Ons Woeries kan praat!


Die graad 8-Woeries weet beslis hoe om hul sê te sê! Drie graad 8-leerders het hierdie jaar aan die Oppie-Tong-Af-Redenaars en Radikale Redenaars deelgeneem en hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Die skool wil graag vir Roelandi de Bruin, Paul Strydom en Amé van Breda gelukwens met hul uitstekende prestasies.

Oppie-Tong-Af-Redenaars:
Dié drie leerders ontvang die volgende toekennings by die Oppie-Tong-Af-Redenaars:
Roelandi de Bruin: A+
Paul Strydom: A+
Amé van Breda: A++

Radikale Redenaars:
Die leerders het aan verskeie kategorieë deelgeneem en uitstekend presteer:

Roelandi de Bruin:
- Lees (poësie): A+ (Dring deur na semi-finaal)
- Reading (poetry): A+ (Dring deur na nasionaal-finaal)
- Afrikaansredenaars: A+
- Engelsredenaars: A

Paul Strydom:
- Afrikaansredenaars: A+
- Reading (poetry): A+ (Dring deur na semi-finaal)
- Reading (prose): A+ (Dring deur na nasionaal-finaal)

Amé van Breda:
- Afrikaansredenaars: A+ (Dring deur na semi-finaal)

Die nasionale finaal van die Radikale Redenaars vind op 12 Oktober plaas. Baie sterkte, Woeries!
Redenaars (2)
sosiaal

Woerie-Kampusdag


Vanaf Vrydag, 16 Augustus 2019, sal die volledige Kampusdrag in werking wees en indien leerders nie aan die volledige voorskrifte kan voldoen nie, moet hul netjiese skooldrag aantrek.

Kampusdagvoorskrifte:
- Leerders mag slegs die amptelike Woerie-gholfhemp, soos by School Depot te koop, aantrek.
- Indien dit koud is, mag leerders die amptelike sportbaadjie (reënbaadjie) ook aantrek.
- Leerders moet blou, netjiese lang denims aantrek. Die denims mag glad nie gate, patrone ens. bevat nie. Geen ander kleur denims sal toegelaat word nie.
- Leerders moet netjiese toe tekkies aantrek.
- Amptelike skoolreëls rondom voorkoms soos in die dissiplinestelsel uiteengesit, geld ook vir Woerie-Kampusdag.

School Depot bied die derde kwartaal die Woerie-gholfhemp teen ‘n spesiale aanbod aan. Hulle het reeds nuwe voorraad ingekry en die Woerie-gholfhemp asook die sportbaadjie is weer op die rakke beskikbaar.

Ons herinner u graag dat die skool elke Vrydag om 13:45 sluit en dat die snoepie elke Vrydag heerlike Kampus-kombo’s verkoop.
bemarking

Makro en MySchool

Ons wil graag die Woerie-gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by die Makro en MySchool inisiatiewe om sodoende ons skool te help om ‘n addisionele inkomste vir die skool te genereer. Die inisiatiewe is oopgestel vir die hele gemeenskap. Enige iemand kan MySchool “App” en die Makro “App” aflaai en *Hoërskool Centurion as ‘n begunstigde laai.

Ons deel ook graag die goeie nuus dat MySchool en Makro nou die opsie bied om beide kaarte digitaal te bekom.

https://www.makro.co.za/m-educ8
https://www.myschool.co.za/get-your-card-here/myschool-app

Saam kan ons 'n groot verskil vir die skool maak, dankie vir u samewerking! Vir enige verdere navrae rondom die inisiatiewe is u welkom om vir me. K. Roux te kontak by bemarking@hscenturion.co.za
Makro Stappe
Buitemuurs

Woerie Tweeling skitter


Ons is trots om te kan sê dat twee van ons Woeries, Ané en Carla Els, gekwalifiseer het om aan die finale rondte van die Kids Talent Festival 2019 deel te neem!

Die finale rondte vind 22 September by die Atterbury Theatre plaas.

Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid vir beide leerders en ons is trots om hulle Woeries te kan noem!
Carla&Ané Els

Ringbal

Nasionaal vir hierdie Woerie

Een van ons leerders, Maroné Fourie het 24-26 Junie aan die Ringbal Nasionale kampioenskappe vir die Gauteng-Noord Ringbalspan deelgeneem en het daar die o/15 Nasionale uitnodigingspan gehaal.

Sy gaan 9 -10 Augustus saam met haar span in Durban deelneem. Ons wil haar graag gelukwens met hierdie ongelooflike prestasie.

Ons wens haar sterkte toe met die wedstryde wat voorlê.
M. Fourie12

Muurbal

Woerie verower muurbal titels

Damian Groenewaldt, een van ons Woeries, het die afgelope vakansie die SA Skole Close asook die Bloemfontein Ope vir seuns o/16 gewen. Damian het ook aan IPT deelgeneem waar hy Noord-Gauteng as nommer 1 van die o/16's verteenwoordig het.

Die bogenoemde toernooie is die drie kwalifiserende toernooie wat die Suid-Afrikaanse posisies bepaal.

Ons is trots op Damian se uitstekende prestasies en wens hom alle sterkte toe met enige toernooie wat nog mag voorlê.
Damian Groenewaldt1
advertensies
A5 ADVERT 2
Mandjiedans_sosiale media
Netbalafsluiting
Kampusdag
Polsslag Voortrekkers
resies
facebook youtube instagram website