maxinuss cover9

26 April 2019

Belangrike datums
Maandag, 29 April - Dag 3 (Periode 1,2,7,8) | Skool sluit 13:00
Dinsdag, 30 April Dag 2 (Eerste helfte)- Eksamen: Engels (Creative writing)
Woensdag, 1 Mei - Vakansiedag | Netbal GSSA Proewe
Donderdag, 2 Mei Dag 2 (Tweede helfte) – Eksamen : Afrikaans (Stelwerk)
Vrydag, 3 Mei - Dag 3
Saterdag, 4 Mei - Rugby, Heidelberg Volkskool (Tuis)
Woensdag 22 Mei: Eksamen begin
SPORT

Landloop presteer


Op Saterdag, 13 April, het die eerste AGN landloopliga plaasgevind waaraan 1007 atlete deelgeneem het. Vir die voorseisoen moet atlete aan ‘n verpligte 3 van 5 ligas deelneem om in ag geneem te word vir die kies van ‘n provinsiale span wat op 1 Junie aan ‘n interprovinsiale byeenkoms te Middelburg gaan deelneem.
GarethS
Jana van der Merwe wen die silwer medalje in die dames o/23 afdeling en Gareth Smith die bronsmedalje in die seuns o/17 afdeling.

‘n Verdere 19 atlete eindig onder die top 18 in hul onderskeie ouderdomme wat hul reeds op die kortlys plaas vir die interprovinsiale span mits hul tydens die volgende 3 ligas dieselfde standaard handhaaf. Eerskomende Saterdag vind die liga te Rhinopark/Rayton plaas met die program wat reeds 10:30 afskop.
Rugby

Eerste rugbyspan


Die eerste rugbyspan het die afgelope Paasnaweek by St Dunstan's College twee wedstryde gespeel. Op Donderdag, 18 April, het hulle teen Hellenic Academy van Zimbabwe gespeel en maklik met 72-7 gewen. Saterdag, 20 April, sou hulle in die hoofwedstryd van die dag teen Falcon College ook van Zimbabwe gespeel het, maar ongelukkig is die wedstryd net voor hulle sou opdraf, afgelas weens weerlig. Op Maandag, 22 April, het hulle teen St John's College, ook van Zimbabwe, gespeel en maklik 52-5 gewen.
Rugby (1)
KULTUUR
Revue
ILLUMINA belangrike datums REVUE 2019
29-4-Revue2

Revue-inligting


Ons is ook opgewonde om mee te deel dat die revuekaartjies op 30 April vanaf 14:15 vanuit die personeelkamer verkoop gaan word.
ILLUMINA REVUE 2019_POSTER
Koor

Hoërskool Centurion koor


Die skoolkoor het die wonderlike voorreg gehad om Dinsdag, 16 April 2019, saam met Wierdapark Laerskool Seniorkoor op te kon tree in Nazareth House, Nieu Muckleneuk, Pretoria. Onder leiding van mnr. Anton Pottas en me. Leanda Schelhase kon die koor nie anders as om die konsertgangers met hul skitterende koorsang te eer nie.

Baie dankie aan Wierdapark Seniorkoor wat ook ‘n groot aandeel gehad het om die aand ‘n sukses te maak. Baie dankie aan elke Woerie-koorlid wat hul uitstekend van hul taak gekwyt het en onberispelik opgetree het. Julle is ware ambassadeurs en maak ons trots!
IMG_4618
AKADEMIE

Graad 8


1. Emma Viljoen
2. Deo-Moré Beukes
3. Simoné Calitz
4. Annemarie Von Maltitz
5. Mirna Lombard
6. Sherita Liebenberg
7. JJ van Zyl
8. Mia Drotsky
9. Elandri Holtzhausen
10. Monique Malan
11. Kristian Cockrell
12. Dawid du Plessis
13. Delia Cloete
14. Janika Burger
15. Anica Gous

Graad 9


1. Hanri Pretorius
2. Janika Wait
3. Lydia Noppé
4. Derick Maree
5. Mia Joubert
6. Kirsten Fouché
7. Marthin Senekal
8. Simoné Lewis
9. Danielle Garland
10. Inge Keyser
11. Marelize Viljoen
12. Michael Grobler
13. Mieke Coetzer
14. Leonize Lamprecht
15. Nathan Kearney
Akademies
Buitemuurs

"Dreams Musical"


Beide Carla en Ané Els, graad 12, is gekies om deel te wees van die internasionale musiekproduksie, Dreams, wat 17 Mei 2019 op die planke is in Roodepoort Teater. Beide is gekies as hoofsangers, as ensemble en vir toneelspel.

Dit is 'n groot eer om landwyd gekies te word!
Carla Ané

Woerie neem deel aan Afrikaspele

Baie geluk aan Savannah Combrinck wat 'n silwer medalje by die Afrika Junior Atletiekkampioenskappe in spiesgooi dames 0/20 verower het! Geluk ook aan haar afrigter, Leon Rheeder!

Dit is werklik 'n uitstekende prestasie en die Woeries is ongelooflik trots op jou!
Atletiek

Gedugte skrywer in ons midde

Nina du Preez, 'n gr. 12-leerder van Hoërskool Centurion, het puik in die nasionale Poort Skryfkompetisie, 'n kompetisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, presteer.

Twee van haar gedigte ("Ek, jou wêreld" en "Woordeboek: Suurstofdief") is in die Poort-bundel opgeneem.

Baie geluk, Nina, jy is reeds besig om naam te maak met jou besonderse skryftalent.
N. du Preez
Algemeen

VAKANTE POS

Jnr. Bemarkingsassistent

Die Woerie-kampus het ‘n betrekking vir ‘n jong, energieke en kreatiewe persoon wat die bemarkingsbestuurder kan assisteer met die volgende opwindende take:
• Goeie organisatoriese en kommunikasievaardighede
• Sosiale mediavaardighede
• Administratiewe vaardighede
• Kreatiewe vaardighede
• Assistering met funksies en bemarkingsveldtogte
• Skakeling met media en verskaffers
• Hulp met advertensies en borge van die skool.


Diensaanvaarding: 1 Junie 2019
Sluitingsdatum vir aansoeke: 6 Mei 2019
Stuur gerus u CV aan mariaan@hscenturion.co.za
(Indien u teen 15 Mei 2019 geen terugvoer ontvang het nie, beskou asseblief u aansoek as onsuksesvol.)
Sluit ‘n aansoekbrief in Afrikaans, ‘n CV met referente en gewaarmerkte afskrif van kwalifikasies in.
advertensies

2020 GDO-AANLYNREGISTRASIES

Neem asseblief kennis dat die GDO- aanlynregistrasies op 13 Mei 2019 begin.
57348187_1907797439324564_4152132235811618816_n
Inligtingsessies_Nadya_Centurion
School-Advert-v2
ADD1
A1 poster02 small
facebook youtube instagram website