Maxi Nuus Krieket

15 Maart 2019

Belangrike datums
Dinsdag, 2 April Dag 3: Skool open
Woensdag, 3 April Dag 4: Seunshokkie Uitsig (Weg) | Netbal Garsfontein (Tuis)
Saterdag, 6 April: NWU KHS (Tuis) | Luggeweer Liga 3
Woensdag, 8 Mei: Stemdag
Algemeen

Kommunikasie

Ter verwysing na die kommunikasiebrief wat verlede week na al ons ouers deurgestuur is, wil ons graag weer vir alle ouers die geleentheid bied om die D6 Connect toepassing by hul arsenaal te voeg. Die besluit as skool om druk op hierdie idee te sit, is weens die wegval van die vorige toepassing, die D6 kommunikeerder.

U kan gerus die onderstaande skakel gebruik vir 'n volledige verduideliking van die D6 Connect opstellingsproses.
SPORT
Atletiek

Gauteng-Atletiekkampioenskappe


Tydens die Gauteng-atletiekkampioenskappe die naweek van 8-9 Maart, het Savannah Combrinck die spiesgooi gewen en Jana van der Merwe 3de in die 800, Conrad Mouton 4de in die spiesgooi en Esmarie van der Merwe 5de in die 200m gekom. Beide Savannah en Jana het die Gauteng-span gehaal wat die vakansie aan die S.A. Skole-kampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem.
SPORT
Die wintersport het gemengde sukses teen Frikkie Meyer (Thabazimbi) behaal. Die rugby het baie gelykop uitslae gehad, die hokkie het bietjie swaar getrek, maar die netbal het meestal gewen. Die uitslae was as volg:
Rugby:
1stes 20 – 30
2des 22 – 5
3des 8 - 14
16A 20 – 0
15A 12 – 12
15B 15 - 7
14A 0 -34
14B 12 – 40
Netbal:
1stes 25 – 17
2des 11 – 15
17A 19 – 11
16A 20 – 17
16B 17 – 13
15A 10 -14
15B 26 -14
14A 19 -7
14B 11 -13
Hokkie:
1stes 0 -4
2des 0 -1
16A 0 -4
15A 0 -1
15B 0 – 0
14A 1 -7
14B 1 -0
Rugby reg
Rugby
RugbyprogramKHS2019
Rugby
Netbal

Tshwane Netbalproewe


Die volgende spelers is deur na Tshwane netbalproewe:
O/14
Bianca de Lange
Deo-More Beukes
Jemma van Doorene

O/15
Lesego Ngoetjana
Zoey Burns
O/16
Kaylan Pieterse
Chloe van Rooyen

O/17
Megan Rabe

O/18
Monique Pieterse
Jurinda Kriek
NetbalKHS 6 April 2019
Hokkie
HokkievsKHS2019
KULTUUR
Koor

Skoolkoor is op noot


Die skoolkoor van 2019 het in Januarie afgeskop. Ons is bevoorreg om mnr. Anton Pottas as koorleier en me. Leanda Schelhase as begeleier te hê. Hoërskool Centurion se koor het met 60 koorlede van 9 tot 10 Maart 2019 by Wag-‘n-Bietjie Kampterrein net buite Pretoria gaan kamp.
Koor 1
Sewe nuwe komposisies is aangeleer. Ons het Sondagaand vir ongeveer 150 koorouers ‘n uitvoering van die nuut-aangeleerde werke gegee. Die gehoor het dit baie geniet.

Verskeie aktiwiteite en kompetisies is binne spanverband gehou. Die wonderlikste vrienskapsbande is gesluit. Die leerders het elke oomblik geniet. Ons was baie trots om oud-koorlede by die konsert te verwelkom. Die oud-koorlede het ook die Credo-lied nl. Halleluja saam met ons uitgevoer. Die volgende aankondigings is ook op die kamp gemaak:

Kamptoekennings:
Beste nuweling- Kristian Cockrell
Mej. Meelewend- Minette Vorster
Mej. Hulpvaardig- Angelique Janse van Rensburg, Zandri van der Westhuizen
Spesery-toekenning- J.J. van Zyl, Keenan Huebsch, Paul Strydom, Jaydwin Venske, Richie Uren

Hoofleiers van die koor van 2019:
Hoofseun- Johan Piek
Hoofdogter- Elaine van den Bergh
Onderhoofdogter- Chanté Bosch

‘n Koorfees word op 8 April 2019 in die skoolsaal gehou. Op 16 April 2019 tree ons saam met Laerskool Wierdapark in Nazareth House, Pretoria op. Daar gaan ook vanjaar aan die Centurion Kunstefees deelgeneem word.
Koor 2
Revue
REVUE MAXI-NUUS_Page_2
orators

Van Huyssteens Oratorsfees

Die Woeries het die laaste ruk omtrent hul sê gesê en hulself nog boonop uitstekend van hul taak gekwyt! Daar het vanjaar 53 Woeries aan die Van Huyssteens Oratorsfees deelgeneem wat op 5, 6, 7 en 11 Maart plaasgevind het. Die Van Huyssteens Oratorsfees is ‘n onvoorbereide redenaarskompetisie waaraan daar jaarliks ongeveer 1300 leerders deelneem. Die Woeries het die beoordelaars só beïndruk dat daar vier spanne en een individuele spreker na die finale rondte deurgedring het. Baie geluk aan die volgende leerders wat hul merk in die finale rondte gemaak het:
Engels - Graad 12
Chanté Bosch
Elani Botha
Kayla Bezuidenhout
Zoë Mulle
Engels - Graad 8
Paul Strydom
J.J. van Zyl
Amé van Breda
Roelandi de Bruin
Afrikaans - Graad 12
Elani Botha
Chanté Bosch
Nina du Preez
Tiaan Geldenhuys
Tweetalig individueel - Graad 10
Nadia Fourie
Tweetalig - Graad 12
Zoë Muller
Tiaan van den Berg
Tiaan Geldenhuys
Nina du Preez
Tweetalig
Gr. 8 E
Buitemuurs

Luggeweerskiet


Tydens Liga 2 wat op 23 Februarie plaasgevind het, te Klub Zanandi, het die top 8 skuts van Liga 1 in die finaal meegeding. Van HS Centurion het die volgende skuts aan Liga 1 se finaal deelgeneem:

- Ashley van Rooyen
- Monique Batt
- Hardus Badenhorst
- John Batt (enigste pistoolskut teen 7 geweerskuts)
luggeweer1
Dis met groot trots dat ons aankondig dat Monique Batt die algehele wenner van Liga 1 was. Sertifikate is ook aan die top skuts per kategorie oorhandig:
- Pistool
John Batt o/21 Eerste;
Louis Snyman o/14 Eerste;
Ruwe Bellingan.
- Geweer:
Tiaan Geldenhuys o/21 Eerste
Ashley van Rooyen o/21 Derde
Ons wens elke skut hartlik geluk met hul prestasies.

Woerie-trots!


Nadia Fourie, ‘n gr.10-leerder, is met 'n volle beurs gekeur en toegelaat tot een van die top privaatskole in die VSA. Sy sal in September daar begin skoolgaan en ongelukkig vaarwel moet roep aan die Woeries.

Die Groton skool het tans die strengste keuringsyfers in die VSA met 'n toelatingsyfer van slegs 17%. Hul leerders kry toelating tot al die 'Ivy League' universiteite soos Harvard, Stanford en MIT.

Dit is 'n ongelooflike geleentheid - werklik eenkeer in 'n leeftyd. Ons is só trots op hierdie Woerie!
Nadia

Skole perdesport

Danell Viljoen het die naweek skole perdesport gery. Sy het 'n 2de en 7de plek in Prelim "dressage" verower. Sy het ook oor die naweek twee 1ste plekke in Prix Caprilli gekry. Baie geluk, Danell!
Perdry
advertensies
a5_flyer_opedag2018
ADD
Paasdienste 2
add 2