maxinuss cover11

13 September 2019

Belangrike datums
Maandag: 16 September, Dag 1 - Krieket 1A teen Waterkloof (Tuis) | Krieket 2A teen Cornwall Hill (Tuis)
Dinsdag: 17 September, Dag 2 - Krieket 1A teen Waterkloof (Tuis) | Krieket 14A teen PBHS (Tuis)
Woensdag: 18 September, Dag 3 - Krieket 14A teen PBHS (Tuis) | Krieket 15A teen PBHS (Weg)
Donderdag: 19 September, Dag 4 - Krieket 15A teen PBHS (Weg) | Krieket 15B teen Sutherland (Tuis) | Atletiek: TUT Uitnodigingsbyeenkoms | Lentebal | Bok-Donderdag
Vrydag: 20 September, Dag 5 - Kampusdag | Luggeweerskiet Nasionale Kampioenskappe | Krieket 14A Toer – Durban | Matriekafskeid | Skool sluit 10:00
Saterdag: 21 September - Luggeweerskiet Nasionale Kampioenskappe | Krieket 14A Toer – Durban
VLR

Hoërskool Centurion se hoofleiers van 2020 word aangekondig


Op die reënerige Vrydagoggend van 6 September 2019 het Hoërskool Centurion hulle VLR-inhuldiging in die saal gehad. Dit was ‘n besonderse geleentheid met ‘n saal vol trotse ouers en opgewonde leerders wat met groot verwagting die VLR van 2020 se aankondiging wil hoor. Met baie afwagting in die lug is die gr.9 – gr.11 VLR afsonderlik vorentoe geroep, om die erekode te teken en hulle balkies deur hul ouers te laat vassteek. Die hoogtepunt van die funksie is afgesluit waar die volgende termyn se hoofleiers aangekondig is. Baie geluk aan die volgende leerders:

Onderhoofseuns: Henré Hayes en Charl Coetzer
Onderhoofdogters: Chantelle Fouche en Rulise Badenhorst.

‘n Besonderse geluk aan Kara Durie wat as Vise-President aangekondig is en Maree van den Berg wat as President aangekondig is. Maree van den Berg is ook die opvolger van sy broer, Tiaan van den Berg, wat hoofseun van 2019 was. Hoërskool Centurion is opgewonde om te sien wat die 2020-VLR gaan vermag en wens hulle baie sterkte toe met die nuwe seisoen wat vir hulle wag.

“A leader who produces other leaders multiplies their influences” – John C. Maxwell.

~Christine Kriel Mediahuis

Fotokrediet: E. Jonck
K. Durie en M. Van Den Berg1
SPORT
Landloop

Woerie-langasems presteer by Nasionale Kampioenskappe

Soos reeds berig, het 15 van ons skool se atlete en 2 personeellede die afgelope naweek aan die ASA Landloopkampioenskappe deelgeneem te Hoërskool Uitsig en het puik presteer. Sien hieronder al die medalje wenners:
Dogters:
Marlene van der Linde D o/14 - 39ste uit 98
Clarissa Pretorius D o/16 - 14de uit 92
Danell Viljoen D o/16 - 50ste uit 92
Isabelle van Niekerk D o/17 - 13de uit 79
Kara Durie D o/17 - 25ste uit 79
Jana van der Merwe D o/23 - 4de uit 54 Goue medalje wenner span
Charlene Rybnikar - 21ste uit 54
Seuns:
Paul Strydom S o/14 - 29ste uit 120
Ronin Rybnikar S o/15 - 9de uit 132 Silwer medalje wenner span
Dillan van Niekerk S o/15 - 47ste uit 132
Ulrich Putter S o/16 - 34ste uit 111
Gareth Smith S o/17 - 13de uit 110 Silwer medalje wenner span
Armin Pretorius S o/17 - 33ste uit 110
Almero Muller S o/17 - 83ste uit 110
Thinus Janse van Rensburg - 69ste uit 89
G. Smith
Personeel:
- Me. E. Bekker Senior Dames ope - 5de uit 54 Goue medalje wenner span
- Me. S. Barnard Dames 35 - 39 - 17de uit 48
Oud-Woeries:
- Andrea Steyn Dames 35 -39 - 1ste uit 48 Goue medalje wenner
- Marné Mentz Senior Dames ope - 2de uit 54 Silwer medalje wenner
Laerskool atlete wat reeds by ons oefen:
Tyler van Rooyen D o/8 - 1ste uit 117 Goue medalje wenner
Chanene Barnard D o/8 - 11de uit 117
Dienke Beukes D o/11 - 8ste uit 128 Goue medalje wenner span
Michelle Prinsloo D o/12 - 51ste uit 122
Maryke Geldenhuys D o/13 - 29ste uit 120
Jean-Pierre Pretorius S o/14 - 28 ste uit 120
Hierdie is werklik ‘n merkwaardige prestasie wat deur ons landloopatlete gelewer is. Baie geluk aan mnr. Dion Saayman en me. Ellen Bekker met die pragtige uitslae wat opgelewer is. Die selfdissipline, deursettingsvermoë en motivering van ons atlete het tot die groot sukses gelei.

Fotokrediet: Gerrit v. d. Linde
Sagtebal

Al vier sagtebal A-spanne dring deur


Die sagtebaldogters het weer hierdie week met hul ligawedstryde teen Overkruin uitnemend presteer.

Na die afhandeling van die liga, is ons trots om te sê dat al vier ons A-spanne na die uitspele wat eerskomende Saterdag, 14 September, te Crafford Rietondale plaasvind, deurdring.

Die O/14, O/15 en 1ste spanne eindig almal algeheel 2de in die liga, maar die O/16 A-span is as ligawenners gekroon. Baie geluk, dogters en afrigters, ons is ongelooflik trots op julle.

O/14 A wen 11-1
0/15 A wen 7-0
0/16 A wen 12-9
1stes verloor 3-4

Fotokrediet: GB Jordaan
o16A span
Krieket

Ibbies-krieketspan steeds onoorwonne

Die Ibbies-krieketspan het die afgelope naweek hul onoorwonne-status teen die gedugte span van Afrikaans Seunshoër behou en gaan van krag tot krag. Hulle het eerste gekolf en het, veral danksy Boerie Basson se 92 lopies, ‘n skaflike 248 aangeteken. AHS kon daarna slegs met 202 antwoord.

Die eerste span het weliswaar voor AHS se eerste span die knie gebuig, hoofsaaklik as gevolg van die gebrek aan vennootskappe van waarde. Beide die 0/15A- en die 0/14A-spanne moes ook met die kous oor die kop huis toe kom. Die 1D-span het teen Waterkloof op ‘n nat blad te staan gekom en die wedstryd saam met die loot verloor.

Die Ibbies speel Saterdag teen ‘n toerspan van Paarl Boys High.
Rugby

Al die 7’s rugbyspanne het puik presteer

Die 0/15- en 0/17-spanne het die afgelope naweek by Hoërskool Eldoraigne aan 'n 7's rugbytoernooi deelgeneem.

Die 0/17 span het hul poel gewen deur onder andere met Eldoraigne af te reken asook Pretoria Boys High. Hulle het toe na die Bekerfinaal deurgedring en teen die baie sterk span van Montana vasgeval om 2de in die toernooi te eindig.

Die 0/15 span het ook hul poel gewen deur vir Montana pak te gee asook Erasmus en CR Swart. Hulle het egter teen Eldoraigne in ekstra tyd in die semi-finaal verloor om 4de in die toernooi te eindig.

Ons is baie trots op ons rugbymanne wat so hard gewerk het!
Bergfietsry

Woerie-bergfiets lewer drie provinsiale spelers op

Die afgelope drie jaar het ons as skool van sestiende plek in 2017 tot elfde plek gevorder. Ons het dit net-net gemis om as skool te kwalifiseer om 'n span SA's toe te stuur. Sedert die ontstaan van skole bergfiets in 2010 is dit die eerste keer wat ons drie ryers in 'n provinsiale span het.

Die volgende ryers is vir die Noord-Gauteng span gekies:

- Wian Loots
- Gideon Van Niekerk
- Ruben Beukes

Baie geluk aan die bergfietsryers vir die ongelooflike mooi prestasies wat opgelewer is. Ons is saam met julle trots met die mooi groei en ontwikkeling wat in die span plaasgevind het en sien uit daarna om te sien wat die bergfietsspan volgende jaar gaan oplewer.
G. van Niekerk
Robotika

Interne Kompetisie plavei die pad vir Robotika by Hoërskool Centurion


Die vierde industriële rewolusie verteenwoordig 'n fundamentele verandering in die manier waarop ons leef, werk en met mekaar verband hou. Dit is 'n nuwe hoofstuk in menslike ontwikkeling wat buitengewone vooruitgang in die tegnologie moontlik maak.

Op 7 September het Hoërskool Centurion aan ons eie vierde industriële rewolusie begin werk deur ʼn Robotika-dag aan te bied. Hierdie Afrimat Robotika-dag was om ons hoof Robotika-borg, Afrimat, te vier. Afrimat het aan ons skool vier "EV3" robotte geskenk om 'n interne kompetisie met ons Robotika-spanne te hou. Met die Robotika-dag was 16 Robotika-leerders in groepe van vier gedeel en het teen mekaar in verskillende programmering en robotbou-kompetisies deelgeneem.

Hierdie dag was op temagebaseerde uitdagings gemik om leerders te betrek by navorsing, probleemoplossing, spanwerk, ontdekking, innovasie, kodering en ingenieurswese. Die wenspan van die dag was Span 2. Spanlede was Justin Coetzee, Pierre Maritz, Morgan Drotsky en Inge Keyser. Hierdie leerders het elkeen weggestap met ʼn Ipad en ʼn Solidworks-kursus. Die res van die leerders wat deelgeneem het, het elkeen ʼn koopbewys van Incredible Connection ontvang.

Hoërskool Centurion bedank graag vir Afrimat wat hierdie dag vir ons moontlik gemaak het. Verder bedank ons al die betrokke mense wat die funksie gereël het.

Robotika by Hoërskool Centurion is nie ʼn ver lange droom nie. Robotika by Hoërskool Centurion is 'n werklikheid waarop ons kan voortbou.
Robotics
Hokkie

‘n Wonderlike afsluiting van ‘n wonderlike jaar

2019 – ‘n Jaar wat begin het met drome, visie en passie! 'n Jaar waar ons oorgegee het en gedroom het oor die groter plan! Ons het berusting daarin gevind dat ons lewe ‘n doel het en dat die heel mooiste en beste nog voorlê!

Die hokkie-afsluitingsfunksie was ‘n mooi, glansryke aand! Dit was 'n wonderlike geleentheid om almal te bedank vir hulle harde werk, ondersteuning en bydrae om hierdie seisoen ‘n groot sukses te kon maak!
Dankie eerstens aan ons Hemelse Vader vir Sy genade en guns!

Dankie aan al ons spelers en afrigters vir julle voortdurende harde werk. Die seisoen was nie moontlik sonder julle nie! Ons is so dankbaar vir ons ouers se bydrae, borgskappe en wonderlike ondersteuning.

Beste junior spelers J. van Dyk en C. Grundlingh
Baie, baie dankie aan Romans Pizza wat ons eerste spanne weer met hul pragtige wedstrydklere geborg het. Ons waardeer dit opreg!

Hiermee die toekennings wat tydens die funksie oorhandig is:
Beste spelers van 2019:

0/14B Dogters - J’nica Wiese
0/14A Dogters - Justine Van Dyk
0/14B Seuns - Gavin van der Merwe
0/14A Seuns - Christiaan Grundlingh
0/15B Dogters - Inge Keyser
0/15A Dogters - Chloë Blignaut
0/16A Dogters - Zenè Nelson
0/16B Seuns - Benjamin Cronjè
0/16A Seuns - Jaden Vorster
2de Dogters - Chrizanne Van Der Berg
2de Seuns - Grant Havemann
1ste Dogters - Anoeschka de Villiers en Boitsoko Lebogo
1ste Span Seuns - Marco Botha en Julius Krahtz
Beste vordering van die jaar:

0/14B Dogters - Carla Coetzee
0/14A Dogters - Chantonique Meiring
0/14B Seuns - Ethan Willemse
0/14A Seuns - Auslyn Khano
0/15B Dogters - Annelise Arent
0/15A Dogters - Eliska van der Westhuizen
0/16A Dogters - Anke Hattingh
0/16B Seuns - Ulrich Putter
0/16A Seuns - Zandrè Botha
2de Dogters - Monya van Tonder
2de Seuns - Jp van Zyl
1ste Dogters - Sanri Kuhn
1ste Seuns - Shawn Dames
WARRIOR” spelers van die jaar: Suretha van der Merwe en Damien Ferreira

Junior hokkiespelers van die jaar: Justine van Dyk en Christiaan Grundlingh

HOKKIESPELERS van die jaar: Anoeschka de Villiers en Marco Botha

Afrigter van die jaar: Jaco Kleynhans
Staatmaker-afrigter van die jaar: Chanèl Schoeman
KULTUUR
Koor

Koor


Die Hoërskool Centurion Skoolkoor is uitgenooi om by die 5 Skole Koorkonsert saam met uitgelese kore in ons omgewing op te tree. Hierdie konsert vind Saterdag, 14 September 2019, vanaf 18:00 in die skoolsaal van Laerskool Hennopspark plaas.

Ons sien uit om die verhoog met hierdie kore te kan deel en om die gemeenskap te nooi om ons skoolkoor te ondersteun.

Kaartjies is by me. L.van Zijl @ R50-00 per persoon te koop.

Fotokrediet: Melanie Langner
Koor
Cleopatra

Leer ons Cleopatra-wenners ken


Die nuut aangewysde Cleopatra wenners gaan in die toekoms by aktiwiteite wat die skool aanbied, betrokke wees. Die Woerie-mediahuis het dit goed gedink om ons Cleopatra wenners beter te leer ken, dus het ons vir elkeen van hulle vyf vrae deurgestuur om te beantwoord.

Hierdie week leer ons die tweede prinses, Kara Durie ken:

(V) Hoe voel dit om die tweede prinses te wees?
(A) Dit voel nog steeds onwerklik, maar tog lekker om te weet ek kan myself ‘n “Prinses” noem.

(V) Wat sal jy sê, het tot jou sukses met Cleopatra 2019 gelei?
(A) Ek was 100% net myself. Ek het dit van die begin af in God se hande gesit en net elke oomblik geniet.
K. Durie
(V) Wat het deur jou gedagtes gegaan toe jou naam as Tweede Prinses gelees is?
(A) Op daardie oomblik was ek verras! Ek het van oor tot oor geglimlag en in hoendervleis uitgeslaan. Ek kon dit eers nie glo nie, maar dit het later as ‘n realiteit begin inskop.

(V) Het jy dit verwag om as Tweede Prinses aangekondig te word?
(A) Nee, my kompetisie was baie sterk! Volgens my was die speelveld baie gelyk en almal het ‘n kans gestaan, want elkeen is uniek.

(V)Wat van Cleopatra was vir jou die hoogtepunt?
(A)Ek het die uitreik baie geniet, want ek is mal oor diere! My heel gunsteling oomblik was toe ons tydens die finale gala-aand gedans het! Dit was onbeskryflik lekker en ek sal dit enige tyd weer doen!
bemarking

MySchool Sms Inisiatief


Ons nooi graag die gemeenskap uit om die skool met hierdie ongelooflike inisiatief te ondersteun! MySchool het nou ook ‘n sms-sisteem in werking om die aansluitingsproses te vergemaklik. Volg gerus die instruksies soos aangedui:

SMS die woord "JOIN" en "Hoërskool Centurion" na 31231 (gratis SMS)

Hoe meer ondersteuners ons kry, hoe meer fondse kan ons vir die verbetering van ons skool insamel.
Get_more_supporters_Instagram_Post

Makro


Makro het met ons baie opwindende nuus gedeel! Hulle het 'n SPRINGBOK-legende wat op Saterdag, 14 September, hulle winkel in Centurion gaan besoek. Hulle nooi ons skool, ouers en studente om die legende te kom ontmoet. Hy sal van 10:00 tot 13:00 daar wees.

Ontmoet en groet, foto's en handtekeninge sal gedoen word. Handelsware soos Springbok T-hemde, rugbyballe ens. sal ook op die dag verkoop word.

Hierdie is ook die ideale geleentheid om aan te sluit by die Makro-program indien u nog nie het nie. Vriendelike en behulpsame beamptes sal regstaan om u met die vinnige en maklike proses te ondersteun.
Print
woerie omgee

‘n Woerie wat omgee

Sien gerus die onderstaande hartroerende uitbeelding van wat Woerie-karakter is. Arno van Zyl is tans ‘n leerder by Hoërskool Centurion en het tydens ‘n sport liefdadigheidsbyeenkoms, die “Downs Association of Pretoria Sportday”, almal se harte warm gemaak met die mooi gebaar om sy baadjie vir ‘n dogtertjie wat koud gekry het, aan te trek.

Ons bedank hom graag vir die mooi waardes wat hy uitleef.

Fotokrediet: Louise Jackson
A. Malan
Ware woerie ouers

Fondsinsameling


Ons herinner graag ons ouers om 12 Oktober in u dagboek te merk. Die WWO gaan ‘n tweede fondsinsameling ten bate van die skool by die Rockwood Theatre hou. Die optrede se tema is "A Tribute to Neil Diamond and Friends". Kom geniet 'n heerlike aand saam met ons teen slegs R150!

Kaartjies is by registerpersoneel beskikbaar.
rockwood_wwo_FB_ad_2019
advertensies
Sosiale Media Ad
1TIX-UITREIK1
RUGBY_UITNODIGING2019
Kampusdag
Makro Stappe
facebook youtube instagram website