Banner (1)

23 Augustus 2019

Belangrike datums
Maandag: 26 Augustus, Dag 5 - VLR-Kamp | Krieket 2A teen Waterkloof (Tuis)
Dinsdag: 27 Augustus, Dag 6 - VLR-Kamp | Krieket 14A teen Garsfontein (Weg) | Krieket 14B teen Sutherland (Tuis)
Woensdag: 28 Augustus, Dag 1 - Krieket 14A teen Garsfontein (Weg) | Krieket 15A teen Garsfontein (Tuis) | Sagtebal Liga B-Spanne Tweede Rondte | Kaleidoskoop Revue
Donderdag: 29 Augustus, Dag 2 - Kwartaaltoets 11 | Krieket 15A teen Garsfontein (Tuis) | Krieket 15B teen Midstream (Weg)
Vrydag: 30 Augustus, Dag 3 - Kampusdag | Sagtebal teen Garsfontein (Tuis) | 7’s Rugby by HS Montana
Saterdag: 31 Augustus - Sagtebal teen Montana (Tuis) | Bergfietsliga | Krieket 1C teen AHS (Weg) | Krieket 1D teen AHS (Weg) | Krieket 1A teen Garsfontein (Tuis) | 7’s Rugby by HS Montana
Algemeen

Jaarblad weer op die rakke


Ons wil u graag in kennis stel dat die jaarblad vir 2019 in ontwikkeling is en ons graag ons ouers wil aanraai om so gou as moontlik ‘n bestelling te plaas, om teleurstelling te vermy. Hierdie jaar se jaarbladweergawe gaan verskil van die vorige jare s’n, aangesien alle klasfoto’s ook ingesluit gaan word en alle leerders dus in die jaarblad gaan verskyn.

Bestellings kan vanaf 16 Augustus 2019 teen slegs R150 by registerpersoneel geplaas word.

Woerie-personeel se gesin is trots


Ons is trots om mee te deel dat mnr. Prinsloo se dogter, Michelle Prinsloo, 'n leerder by Laerskool Hennopspark, ‘n Laureate toekenning vir netbal ontvang het.

Haar o/12 span het 'n tweede plek op die Nasionale toernooi verower.

Baie geluk met die besonderse prestasie.
Prinsloo-gesin

Veiligheid by Fietsloods

Neem asseblief kennis dat die fietsloods ter wille van sekuriteitsredes daagliks vanaf 07:45 gesluit sal word en weer om 13:45 oopgesluit sal word.
SPORT
Krieket

Goeie krieketnaweek vir ons Woeries

Die eerste krieketspan het die afgelope naweek die liga met 'n bonuspunt wen teen Prestige College afgeskop. Ons het die loot gewen en eerste veldwerk gedoen waar ons hulle beperk het vir 112, almal uit na 33 beurte. Nathan Fox se 6.2 beurte vir 17 lopies en 4 paaltjies was die beste boulsyfers vir die dag. Conrad Mouton het ook bygedra met 2 paaltjies. Met die kolf het ons toe 113 vir slegs 2 paaltjies en het ons die wedstryd binne 20 beurte geklink.

Michael Salomon met 57 nie uit nie en Johnathan Vorster se 34 nie uit nie was 'n goeie vennootskap van 85 wat vir ons die wedstryd gewen het.
M. Salomon en J. Vorster Eerstespan game
Die Ibbies kolf eerste teen Garsfontein, 2 in 'n tyd-wedstryd en, danksy Steyn Niemand se 108 en Henré Hayes se 97, bereik ons 'n totaal van 380. Garsfontein word uitgeboul vir 200 en die Ibbies wen dus op die eerste beurt.

Die 1D's speel gelykop teen Zwartkop se 2de span. Ons teken 272 aan, danksy Ruben Pieterse se skitterende 156.

Zwartkop staan op 272 toe Harry du Plessis die laaste paaltjie plattrek. Gelykopuitslae is seldsaam, maar gebeur soms. Hierdie was daardie een seldsame keer.

Afwesig op foto: Nathan Fox en Charl vd Heever.
Eerstespan Aankondig
Bergfietsry

Bergfiets by Hoërskool Wonderboom


Die afgelope naweek het die 3de bergfietsliga by H/S Wonderboom plaasgevind waar meer as 600 ryers van 39 skole deelgeneem het. Die roete wat 5 km was, moes die meisies 2 tot 3 keer herhaal het en die seuns 2 tot 4 keer. Altesaam het die ryers tussen 200m tot 400m geklim.

Die volgende ryers het puik presteer:
Junior vrouens - Esmarie van der Merwe, 16de plek
Junior seuns o/15 - Ruben Beukes, 11de plek en Wian Loots, 17de plek

Fotokrediet: Melanie Langner
Bergfiets span
Landloop

Gauteng-Noord Landloop

Baie geluk aan Gareth Smith wat ‘n brons medalje by die seuns o/17 afdeling ontvang het, asook Jana van der Merwe wat ‘n brons medalje by die dames o/23 afdeling ontvang het by die afgelope Gauteng-Noord Landloop Kampioenskappe.

‘n Verdere 12 atlete het onder die top 18 geëindig wat aan die vereistes voldoen vir die insluiting in die AGN-span na SA’s.

Eerskomende naweek vind die Noordvaal finale te Potchefstroom plaas.

Fotokrediet: Gerrit vd Linde
Sagtebal

Sagtebal teen Affies


Die sagtebaldogters het Saterdag, 17 Augustus, hulle liga teen Affies gespeel. By die B-spanne was daar ongelukkig gemengde welslae maar al die A-spanne het hul wedstryde baie mooi gewen. Ons is trots op ons dogters en weet hulle het hul beste gedoen!

Uitslae:
0/14 A wen 7-0 | 0/14 B verloor 7-4
O/15 A wen 10-4 | O/15 B wen 10-5
0/16 A wen 5-3 | O/16 B verloor 12-6
1stes wen 4-0 | 0/19 B wen 9-5

Fotokrediet: GB Jordaan
Land en Sag
KULTUUR
SupperTheatre

Kultuurweek oudisies en Supper Theatre


Ons het Maandag, 12 Augustus, en Dinsdag, 13 Augustus, ons oudisie-aande vir die Supper Theatre gehad. Daar was ‘n paneel van beoordelaars wat hulle wenner vir die onderskeie kategorieë kon kies en verder kon die gehoor ook elektronies vir hulle gunsteling optrede stem wat na die glansaand kon deurdring!

Die volgende leerders het na die Supper Theatre deurgedring:

Karli Snyman
Elaine van den Berg
Clara Janse van Rensburg
Conrad Mouton & Rulise Badenhorst
Alexander Broodryk
Hanri Pretorius
Anameh du Toit
Ane & Carla Els
Tiaan vd Berg & Zoë Muller
Die Supper Theatre, wat op 15 Augustus plaasgevind het, was ‘n ongelooflike mooi aand gewees met verskeie optredes wat deur talentvolle Woeries aangebied is. Ons bedank graag vir me. Parsons en haar span wat haar visie uitgebeeld het met die aanbieding van ‘n goed georganiseerde en vermaaklike aand.

Volg gerus die volgende skakel om ‘n paar hoogtepunte van die Supper Theatre te sien:
Koor

Koor tree op by Centurion Kunswedstryd


Ons skoolkoor tree Saterdag, 24 Augustus 2019 by die Centurion Kunswedstryd om 13:30 by KSM op. Ons wil hul graag sterkte met hulle optrede toewens.
alumni

Oud-Woerie wys hoe dit gedoen word


Samantha McGregor, née Coertze, ‘n oud-leerder van Hoërskool Centurion, het ons trots gemaak met die Binnehuise Netbal Wêreldkampioenskap, waar sy as Kaptein en afrigter vir die Suid-Afrikaanse damesspan opgetree het. Samantha het die hele toernooi gespeel - selfs na haar enkelbesering het sy weer die baan opgedraf.

Slegs vier van die beste lande in die Wêreld word in hierdie kampioenskap toegelaat, waaronder Suid-Afrika saam met Nieu-Seeland, Australië en Engeland geklassifiseer is. Samantha en haar span het aangegaan om die toernooi te wen en Suid-Afrika asook Hoërskool Centurion se naam hoog te hou.
S. McGregor
Ware woerie ouers

Mandjiedans Fondsinsamelingsprojek

Hiermee nooi ons graag ons ouergemeenskap uit om ‘n heerlike aand saam met ons te kom geniet. Die aand beloof om vet pret te wees, met ‘n jolige atmosfeer en lekker musiek!

Maak seker dat u nie op hierdie heerlike geleentheid uitmis nie! Ons sien uit om u by die Mandjiedans te verwelkom.
Kaartjies kan by registerpersoneel gekoop word.
Mandjiedans_sosiale media
advertensies
Picture2
IMG-20190722-WA0013
IMG-20190821-WA0009
IMG-20190821-WA0041
RUGBY_UITNODIGING2019
hokkie_uitnodiging2019
Kampusdag
Makro Stappe
facebook youtube instagram website