WOERIE_KAMPUS
Geagte Ouer

Na aanleiding van ‘n onlangse omsendskrywe wat van die Departement van Onderwys ontvang is, asook die berig van 11 Februarie in Maroela Media, wat deur Elsabe Brits geskryf is, wil ons dit onder u aandag bring dat skole nie voortaan medikasie aan leerders mag verskaf nie.

In die nabye verlede het ons telkens na ouerkontak bewerkstellig is, met u toestemming hoofpynpille aan leerders voorsien. Dit is egter so dat die persoon wat dit voorsien steeds verantwoordelik gehou kan word vir enige newe-effekte wat mag ontstaan, al het die ouer die toestemming verleen.

As gevolg daarvan sal daar voortaan geen medikasie deur die skool aan enige leerder voorsien word nie, al sou u toestemming daarvoor gee. Ons pleit dus dat u seker maak dat u kind wel hul medikasie sal inpak en indien hulle af-en-toe hoofpyne kry, u ook seker sal maak dat hulle hul eie medikasie daarvoor sal voorsien.