AtletiekBanner

15 Februarie 2019

Belangrike datums
Maandag, 18 Februarie Dag 4. - Krieket 14A Tuis | Orrators
Dinsdag, 19 Februarie Dag 5. - Krieket 1A Tuis
Woensdag, 20 Februarie Dag 6.
Donderdag, 21 Februarie. - Interhoër VERPLIGTE SKOOLDAG TOT 12:00
Vrydag, 22 Februarie Dag 1. - Netbalproewe | Seunshokkieproewe
Saterdag, 23 Februarie. - Rugbyproewe | Krieket 1A - Finaal | 15A - Finaal
Donderdag, 14 Maart. - KASKARDAG
Algemeen

Ware Woerie

Hoe lekker is dit nie om ‘n WARE WOERIE te wees nie?

Op 1 Februarie 2019 het die PULL OFF, PULL ON-seremonie plaasgevind.
Die graad 8’s het hul bandanas van hul koppe afgetrek en in die lug gegooi. Wat ‘n bevryding om die PULL OFF-handeling te kon uitvoer!
51315401_1804450482992594_6159999807122309120_n
Hulle is die naam DECANUS (voetsoldate) nou waardig. In die pad om ‘n CENTURION te kan word, moet die voetsoldate eers die reëls, tradisies en gebruike by Hoërskool Centurion leer ken. Die graad 8’s is op hul pad om WARE WOERIES te word. Geluk graad 8’s – ons is trots op julle!

Die graad 12’s wat lank reeds WARE WOERIES is, kon hul CENTURION-gewaad aantrek. "PULL ON the matric pull over." Elke matrikulant het met trots sy donkerblou oortrektrui aangeglip. ‘n Blou see van leiers, volwasse CENTURION vegters het ons in die oë gestaar. Sterkte aan elke matrikulant met jul laaste jaar vol uitdagings hier by Hoërskool Centurion. Onthou jul is nou die voorbeeld waarna almal opkyk en na strewe.
51356398_1804450556325920_7298822866831671296_n
HOOF_sport
Krieket

Finsbury Superliga


Die eerste krieketspan het die afgelope naweek hul derde agtereenvolgende oorwinning in die Finsbury Superliga behaal. Die oorwinning met 4 paaltjies teen Menlopark was weliswaar nie met ‘n bonuspunt nie, maar hierdie 4 waardevolle punte plaas ons boaan die lys wat punte betref.

Nadat die Woeries die loot gewen het en Menlopark versoek het om eerste te kolf, het ons vir die derde agtereenvolgende week die opposisie vir onder 200 lopies uitgehaal. Menlopark het na 45 beurte 173 op die bord gehad. Weereens is die wenteiken met 4 paaltjies in hand behaal en ‘n verdere 5 boulbeurte tot ons beskikking.
Krieket
Alhoewel ons openingsboulers nie toegelaat het dat die opposisie weghardloop met die telling nie, was dit die aflosboulers wat Saterdag die meeste skade aangerig het. Veral Nathan Fox (2/14 in 5 beurte), het saam met die draaiboulers die kolwers druipstert laat terugstap. Rudi Ferreira was weereens ‘n staatmaker, met 2/28 in 9 beurte, terwyl Joubert Eybers, Zander van Tonder en Jonathan Vorster elkeen een paaltjie ingeoes het.

Zander se 42, tesame met Michael Salomons se onoorwonne 26 lopies en Nathan Wentzel en Nathan Fox se 22 lopies elk, het verseker dat die wenteiken bereik kon word. Die eerste span is nou op 14 punte na drie wedstryde, gevolg deur beide Waterkloof en Menlopark op 10 punte elk. Ons volgende twee wedstryde teen onderskeidelik Rustenburg en Nelspruit (albei weg) gaan dus deurslaggewend wees.

Die 0/15A’s het ‘n goeie oorwinning oor Potch Volkskool in hul eerste wedstryd behaal, maar ongelukkig in die twee daaropvolgende wedstryde teen Waterkloof en Menlopark vasgeval. Daar word styf duim vasgehou dat hul hul laaste twee wedstryde (albei tuis) weer op die wenkoers sal kom.

K.S.A. Coca Cola T20 kompetisie


Die naweek van 8 – 10 Februarie, is daar meer krieket gespeel as wat party skole in ‘n maand sal speel. Die eerste span het aan die K.S.A. Coca Cola T20 kompetisie deelgeneem en Vrydagoggend ‘n ongelooflike naelbyt wedstryd teen Pretoria Boys High in ons guns beklink. Ons is die taak gestel om 170 lopies vir ‘n oorwinning in die toegelate 20 boulbeurte aan te teken en het dit reggekry met 10 balle tot ons beskikking.

In die namiddag het ons teen Midstream College kragte gemeet en hulle tot 119/7 beperk. Die wenteiken is daarna in 14.4 boulbeurte behaal en 7 paaltjies in hand. Dit het ‘n belangrike bonuspunt op die koop toe bygedra. Toe die toernooi Sondagoggend hervat is, het ons eerste gekolf teen St. Albans’ College en slegs 115/9 aangeteken. Dit het egter genoeg bleik te wees, deurdat ons ons opponente daarna tot 96/9 beperk het.

Waterkloof was ons opponent in die Gauteng-Noord finaal. Hulle het eerste gekolf en 177/8 aangeteken, waarna ons slegs met 136 kon antwoord. Centurion het dus as naaswenners uit die stryd getree.

Beide die eerste- en 0/15A-spanne het Saterdag teen Rustenburg in die Finsbury Superliga te staan gekom. Dit was die voorlaaste van die groepwedstryde. Die 0/15A’s het 193 lopies as teiken gejaag en met die bonuspunt weggestap, nadat hulle slegs 33.1 beurte nodig gehad het om die telling aan te teken.

Die eerste span het eerste gekolf vir ‘n verandering en is weliswaar voor die einde van die kolfbeurt almal uitgeboul. Dit was egter nadat daar reeds 276 lopies op die bord was. Ons boulers het mekaar gekomplementeer en Rustenburg uitgeknikker vir slegs 171, deur die wedstryd met 105 lopies te wen en reeds vir die finaal te kwalifiseer. Ons is in ‘n onaanvegbare posisie met 20 punte na vier wedstryde. Die wenner van die naweek se wedstryd tussen Waterkloof en Menlopark sal ons aanstaande Saterdag in die finaal die stryd aansê.
Tennis

Tennisliga


Die senior tennisdogters se liga het op 30 Januarie 2019 afgeskop. Die eerste wedstryd het by Centurion se bane teen Oos-Moot plaasgevind. Centurion dogters het hulle staal gewys en met drie stelle gewen. Die volgende wedstryd het teen Pretoria-Noord by Pretoria-Noord plaasgevind. Die bordjies is ongelukkig presies verruil en Pretoria-Noord het toe met drie stelle gewen. Welgedaan dogters. Ons sien baie uit na die res van die seisoen.
Atletiek

Atletiek presteer


Op Saterdag 2 Februarie was die groot uittog na die jaarlikse Gimmies Prestige atletiek te Potchefstroom. Ons atlete het puik presteer. Joel Jonnou was ons toppresteerder onder die seuns met 907 punte op die ABSA-Tabel vir sy 1,75 m in die hoogspring en en ons toppresteerder onder die meisies was Marlene van der Linde met 865 punte vir haar 5,01,72 in die 1500m.
Atletiek1

Atletiek (Helpmekaar Goue Liga)


Neem asseblief kennis dat die skool a.g.v die atletiekop 15 Februarie om 11:30 sluit . Sien asb. die Helpmekaar Goua Liga atletiekbyeenkoms wat by UJ gaan plaasvind se program wat aangeheg is.
Atletiek
AKADEMIE
MEDIALEIER

Medialeiers

Baie geluk aan die volgende Medialeiers 2019
Shana Janse van Rensburg (Hoofmedialeier)
Christiaan Dry
Janno Badenhorst
Pieter Grobler
Wian le Grange
Mandy Pretorius
Luke Janse van Rensburg
Lené Fourie
Danielle Burger
Anica Gous
Auslyn Khano
Erhardt Lombaard
Media Leier

Onderwysers ontvang toekennings

Hoërskool Centurion se Verbruikerstudie departement is aangewys as die nommer EEN in Tshwane Suid-Distrik. Daar was 12 onderskeidings in die distrik, waarvan 11 deur die leerders van Hoërskool Centurion behaal is.

Baie geluk aan die twee personeellede me. R. Heyns en me. E. Kellerman met die wonderlike prestasie

Mnr. Prinsloo se Elektroniese departement is weereens Nasionaal as die beste departement aangewys, voorwaar ‘n prestasie wat geen skool nog kon ewenaar nie!
Onderwysers
KULTUUR
Revue
Revue
bemarking
mediahuis

Woerie-mediahuis

Baie geluk aan al die leerders wat gekies is om deel van die Woerie-mediahuisspan te wees. Ons sien uit daarna om al die kreatiwiteit deur die loop van die jaar te geniet! Hartlik welkom by die Woerie-mediahuis "CREW" !

Die span lyk soos volg:
Kreatief
Leier: Tyrese van Burick
Lila Erasmus
Zoë Muller
Elani Botha
Trisha Bruwer
Janco van den Heever
Aanbieders
Leier: Elani Pienaar
Maree van den Berg
Elani Botha
Zoë Muller
Nadia Fourie
Fotograwe
Leier: Julius Krahtz
Nadia Fourie
Danielle Bloch
Danielle Garland
Gerrit van der Linde
Keone Nel
Videograwe
Leier: Julius Krahtz
Maree van den Berg
Albertus Lourens
Jemma Britton
Joernaliste
Leier: Anita Hellberg
Sanri Kuhn
Christine Kriel
Lila Erasmus
Shana Janse van Rensburg
MediaHuis
alumni

Krieket


Nog ‘n oud-skolier presteer fantasties op die krieketveld. Lauren Agenbach was in 2014 in matriek en het reeds op skool as skeidsregter begin diens doen. Sy het die provinsiale dogtersspan as speler verteenwoordig, waartydens sy uitmuntend presteer het. Die skeidsregtergogga het haar egter vroeg-vroeg gebyt.

Een van haar mentors as skeidsregter was haar oud-onderwyser, mnr. Cloete, wat self oor die honderd internasionale verskynings op die krieketveld gemaak het. Lauren her gereeld vir die eerste span gestaan en het die grootste respek van die spelers gehad.

Die eerste Februarie 2019 is ‘n geskiedkundige dag in Suid-Afrikaanse krieket. Dit was die eerste keer ooit dat ‘n vroue skeidsregter in Suid-Afrika in ‘n internasionale wedstryd as skeidsregter optree. Daardie eer is ons eie oud-Woerie, Lauren Agenbag, beskore. Wanneer hierdie berig verskyn, het Lauren haar debuutwedstryd op Nuweland agter die rug en sou sy die geskiedenisboeke herskryf het.
Sy het die eerste T20 Internasionele wedstryd tussen Suid-Afika en Sri Lanka van agter die paaltjies beheer en sal as reserwe skeidsregter vir die res van die reeks diens doen. Hoërskool Centurion is baie trots op die nuutste toevoeging op die lys van Woeries wat op internasionale front presteer.
51059193_1805497502887892_8526325220108140544_n
sosiaal

Fondsinsameling – kaskarbyeenkoms


Op 14 Maart het die skool ‘n kaskardag. Ons gaan die dag met heerlike speletjies en kompetisies saam met Groot FM van 06:30 tot 10:00 afskop. Groot FM kom saai hul oggendprogram vanaf die skool uit en reël vyf verskillende kompetisies waar vyf leerders per graad gaan kompeteer. Dit beloof om ‘n wonderlike geleentheid te wees om vir al die luisteraars te oortuig watter goeie gees in die skool en ons gemeenskap heers. Na ‘n pouse breuk, sal die kaskarkompetisie begin. Laerskool Louis Leipoldt se graad 6- en 7- leerders kom saam met ons deelneem en skop die verrigtinge by die kaskarre af. Dit sal om 10:30 begin en hulle sal om 11:15 klaar wees. Ons eie graad 12’s begin dan die kaskarwedrenne, terwyl die hele skool geleentheid kry om GRATIS aan al die ritte en glybane deel te neem, soos wat die VLR tydgleuwe aan al die grade sal toewys. Ondersteun asseblief hierdie projek.
Woerie omgee

Lief en leed


Ons innige simpatie met Hoërskool Driehoek se leerders, personeel en groter gemeenskap. Ons is stomgeslaan oor die tragedie en ons kan maar net aan die skool en sy leerders dink en hul opdra aan God. Ons kosbaarste besittings is ons leerders en wanneer een van hulle geraak word, ruk dit almal van ons se harte.
IMG-20190206-WA0014
Buitemuurs

‘n Sportster duisend


Nie net kolf Damian Groenewaldt as 0/16 speler op die belangrike nommer drie posisie in die skool se eerste krieketspan nie, maar boonop vertsaan die man presies hoe om ‘n muurbalraket vas te hou en opponent rond te jaag. Net soos hy die veldwerkers op die krieketveld laat rondskarrel om die balle wat hy na hartelus grens toe jaag te gaan haal, net so speel hy kat-en-muis met sy teenstaanders op die muurbalbaan.

Die afgelope naweek het hy aan die Northerns o/19 muurbalkompetisie deelgeneem (alhoewel hy steeds 15 is) en almal voor hom behoorlik laat les ops.
Damian
Hy het tot in die semi-finale gemaklik gewen en selfs in die finaal (waar hy sy moeilikste wedstryd gehad het) met 3-1 koning gekraai en daardeur as die voorste muurbalspeler in Tshwane se junior-afdeling gekroon.

Die Woeries is baie trots op die Damian, wat die spreekwoord: “die grootste gif kom in die kleinste botteltjies voor” opnuut nuwe betekenis gee. Ons hou styf duim vas vir hom, wat gedurende die wintervakansie weereens aan toernooie in Nederland en Duitsland gaan deelneem, waar hy Suid-Afrika gaan verteenwoordig. Knap gedaan Damian!

SANESA Qualifier 1


Mia Trahms - Gr. 9D en haar perd Boschendal Dora het Sondag - 10 Feb aan SANESA skole (perdry) deelgeneem.

Sy het deelgeneem aan 4 items en in die volgende plekke geëindig:
1. Working riding – 1ste plek
2. Performance riding – 1ste plek
3. Dressage toets a – 3de plek
4. Dressage toets b – 2de plek
Perdry
advertensies
11700915_1017203448298367_5388315954013921543_n (2)
HS Centurion
Flyer mail Opedag 2019
Add1
NETBAL_rockwood theatre
Werwers_navrae
MailPoet