AtletiekBanner

22 Februarie 2019

Belangrike datums
Maandag, 25 Februarie Dag 2.
Dinsdag, 26 Februarie Dag 3.
Woensdag, 27 Februarie Dag 4.
Donderdag, 28 Februarie Dag 5.
Vrydag, 1 Maart Dag 6.
Saterdag, 2 Maart - Wintersport Ben Vorster (tuis)
Donderdag, 14 Maart - Kaskardag
Vrydag, 15 Maart - SKOOL SLUIT

HOOF_sport
Atletiek

Top 10 atletiek


Op Woensdag 13 Februarie het ons skool se top 10 atlete aan die Prestige kollege Tuks Top 10 teen 88 skole reg oor die land deelgeneem. Akademia het met hul ruim borgskap gesorg dat ons atlete in hul spesiale sporthempies uitstaan en het hul voorwaar goed geїnspireer om hul beste te lewer. Jana van der Merwe (800m D o/19) en Savannah Combrinck (Spiesgooi D o/19) het goue medaljes verower terwyl Kaylan Pieterse (D o/16 Driesprong) ‘n silwer medalje en Conrad Mouton (Spiesgooi S o/17) ‘n brons medalje verower het. Wiehan Labuschagne en Joel Joannou het ook elk meer as 900 punte op die ABSA tabel behaal.
Atletiek
IMG_4306
Hokkie

Belangrike datums vir die hokkie


Vrydag: 22 Februarie 17:00 – 20:00
Ouer- inligtingsgeselligheid: bring en braai op die hokkieveld. Bring asseblief u eie drinkgoed, vleis en kampstoel. Elke ouderdomsgroep voorsien bykosse - spelers sal tydens oefensessies inligting rakende hierdie ontvang.

Saterdag: 23 Februarie
Proewe:
Seniors: 08:00 – 9:30 Dogters en 9:30 - 11:00 Seuns
0/16: 11:00 –12:30 Seuns en dogters
0/15: 12:30- 13:30 Dogters
0/14: 13:30- 15:30 Seuns en dogters

Maandag: 25 Februarie
Proewe: Juniors (0/14 + 0/15’s): 14:30 – 17:00

Dinsdag: 26 Februarie
Proewe: Seniors en 0/16 Seuns: 14:30 – 17:00

Woensdag: 27 Februarie
Proewe: Seniors en 0/16 Dogters: 14:30 – 17:00
Netbal

Netbalproewe en -toere.


Netbalproewe
22 Februarie 2019
Tyd - Ouderdom
14:30 - 1ste span

23 Februarie 2019
Tyd - Ouderdom
07:30 - O/14
10:00 - O/17 en O/19
12:00 - O/16
14:00 - O/15

Netbaltoere:
A-spanne:
Klofiefees – 16 tot 20 Maart 2019 te Hoërskool Waterkloof

B- en C-spanne:
Eldo toernooi - 15 Maart 2019 te Hoërskool Eldoraigne
Alle informasie sal deurgegee word sodra die spanne bekend gemaak word.
KULTUUR
Revue
REVUE MAXI-NUUS
TIX

TIX-kamp 2019


'n Hoogtepunt op die TIX-kalender is vir seker ons TIX-kamp! Hierdie jaar was geen uitsondering nie. Die 8ste Februarie het 40 opgewonde leerders en onderwysers op die bus geklim en die kort rit na Cullinan onderneem, waar ons die naweek by Goodland Estate Youth Camp spandeer het.

Vrydagaand het ons 'n ongelooflike tyd gehad waar ons geleer het om met die Here te praat en ook sy stem te hoor.

Saterdagoggend het op 'n hoogtepunt begin toe al die leerders in spanne opgedeel het en aan die "Amazing Race" deelgeneem het. Kreatiewe aktiwiteite is vir die leerders uitgedink en die kompeterende gees van die spanne het tot die pret bygedra. Saterdagmiddag het die leerders "volleyball" gespeel, geswem, saam gekuier en kaartspeletjies saam geniet. Saterdagaand is 'n lewensstorie gedeel wat leerders gemotiveer het om die Here met alles te vertrou en die uitdagings saam met Hom aan te pak. Die aand is deur 'n kampvuurkuier met malvalekkers en "Milo" afgesluit. 'n Paar van die kamplede het hul eie lanternbekruip gereël wat die adrenalien laat pomp het.

Sondagoggend het ons 'n wonderlike naweek afgesluit met 'n aparte dogters- en seunssessie saam met die mentors, waar ons weer krag en moed kon opbou vir die jaar wat voorlê. Leerders het geleer dat hul identiteit nie in sosiale media gevind kan word nie, maar om te weet wie jy regtig is, moet jy tyd in God se Woord deurbring.
PHOTO-2019-02-09-12-02-23
Orators

Oratorsfees


Orators 2019 was ‘n besondere geleentheid. 37 leerders het deelgeneem en onvoorbereide toesprake van hoogstaande gehalte gelewer.

Die volgende wenners is aangewys:

Graad 8:
1. Paul Strydom
2. Roelandi de Bruin
3. Ame van Breda
4. JJ van Zyl
Graad 10:
1. Leandri Erasmus
2. Angelique Rossouw
3. Nadia Fourie
4. Luca Van Der Westhuizen
Graad 11:
1. Anica Vos
2. Karli Snyman
3. Chantelle Fouche
4. Maree Van Den Berg
Orators
Graad 9:
1. Kirsten Fouche
2. Aydon Janse van Rensburg
3. Christine Siebrits
4. Andreas Venter
Graad 12:
1. Kayla Bezuidenhout
2. Zoe Muller
3. Elani Botha
4. Chanté Bosch
sosiaal

Fondsinsameling – kaskarbyeenkoms


Op 14 Maart het die skool ‘n kaskardag. Ons gaan die dag met heerlike speletjies en kompetisies saam met Groot FM van 06:30 tot 10:00 afskop. Groot FM kom saai hul oggendprogram vanaf die skool uit en reël vyf verskillende kompetisies waar vyf leerders per graad gaan kompeteer. Dit beloof om ‘n wonderlike geleentheid te wees om vir al die luisteraars te oortuig watter goeie gees in die skool en ons gemeenskap heers. Na ‘n pousebreuk, sal die kaskarkompetisie begin. Laerskool Louis Leipoldt se graad 6- en 7- leerders kom saam met ons deelneem en skop die verrigtinge by die kaskarre af. Dit sal om 10:30 begin en hulle sal om 11:15 klaar wees. Ons eie graad 12’s begin dan die kaskarwedrenne, terwyl die hele skool geleentheid kry om GRATIS aan al die ritte en glybane deel te neem, soos wat die VLR tydgleuwe aan al die grade sal toewys. Ondersteun asseblief hierdie projek.
_DSC0145
Algemeen

Tien uit tien


10/10 Skryfbehoeftes verkoop al hul ou handboeke vir gr.8 – gr.12 teen R 50. Die uitverkoping het reeds 18 Februarie begin en sal aanhou tot die voorraad uitverkoop is.
Buitemuurs

Bokkie SA Presidentspan


Kaylan Pieterse (Graad 9) is vir die Bokkie SA Presidentspan (0/16) gekies en het die Desembervakansie in Namibië gaan toer.

Die span wen dan ook al hul wedstryde.
Hoërskool Windhoek 38-5

Walvisbaai Privaatskool:
0/16 Presidentspan 45 vs 22 Walvisbaai O/19A

Pro-Ed Akademie in Swakopmund:
O/16 Presidentspan 25 vs 5 Pro-Ed O/17
O/16 Presidentspan 19 vs 3 Pro-Ed Combined
Netbal

Woerie gekies vir "Beauty and the Beast "

Dit is met groot opgewondenheid dat ons meedeel dat een van ons eie talentvolle leerders gekies is om deel van die Beauty and the Beast produksie by Carnival City te wees.
Angelique Rossouw, baie geluk en ons wens jou alle sterkte toe met die optredes wat kom.

Luggeweerskiet Noord-Gauteng


Tydens die naweek van 9 Februarie by Liga 1 van NGSSV, is trofeë aan ons Noord-Gauteng skuts uitgedeel. Dit is aan die leerders gegaan wat die beste tydens die SA Kampioenskappe presteer het. Dit het tydens die Oktober-vakansie in Newcastle plaasgevind.

Ons is trots daarop dat twee van die skuts van HS Centurion is.

John Batt is aangewys as beste pistoolskut in die o/21 klas.
Louis Snyman is aangewys as beste pistoolskut in die o/14 klas.
FB_IMG_1550036517665
FB_IMG_1550036508054
Woerie omgee

Lief en leed


Dit is met groot hartseer dat ons die nuus ontvang het dat Mnr. J.H. van der Merwe (oud-skoolhoof) afgesterf het. Daar vind ‘n gedenkdiens op 14 Maart om 14:00 by NG Moreletapark gemeente plaas. Ons innige simpatie word oorgedra aan al sy geliefdes.
advertensies
Loopbaanskou
Add 1
CS CENTURION