Kultuur

Afrikaansredenaars

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor!  Só het ons sprekers ook baie te sê oor verskillende onderwerpe.

Na ‘n baie suksesvolle redenaarsaand is Edelé O’Neill (gr. 9) as beste junior spreker aangewys en Marius Fourie (gr. 12) as beste senior spreker.  Edwill O’Neill is as die beste spreker in gr. 11 aangewys, Elandré Bosch in gr. 10 en Carl Theron in gr. 8.

Die Van Huyssteens Prokureursfirma het hierdie jaar weer die Oratorsfees aangebied, waar ons redenaarspanne weereens baie goed gevaar het.  Die spanne het die volgende simbole behaal:  Gr. 8 – B; Gr. 9 – A+; Gr. 11 – A+;  Gr. 12 – A+.  Eulandri Venter het ‘n B+ in die individuele gr.12-kompetisie behaal.

Twee van ons spanne, naamlik die graad 11’s (Lené Swanepoel, Jaco de Beer, Angelique Lewis en Edwill O’Neill) en drie graad 12’s (Leandi Malan, Marius Fourie, Francois Oberholzer en Esthi Jordaan) het na die finaal van die Van Huyssteens Oratorsfees deurgedring.  Baie geluk – dis ‘n puik prestasie!

Soos gewoonlik het daar ook baie leerders aan die ATKV se kompetisie deelgeneem, asook aan die Radikale Redenaars se kompetisie.  Elandré Bosch het in A++ behaal en deurgedring na die finale rondte.  Jaco de Beer en Lené Swanepoel behaal A+ simbole.

Ons redenaars hou voorwaar ons skool se naam hoog met hulle goeie praatjies en toesprake.