Hoërskool Centurion – Afwesighede en uittekenprosedure
Afwesighede
Indien ‘n leerder afwesig was, moet ’n brief/e-pos deur die ouer/voog geskryf word, waarin die rede vir afwesigheid gemeld word. Die leerder bring die brief, gerig aan die registeronderwyser, die eerste dag na afwesigheid, saam skool toe. E-posse word aan die graadhoof gerig. Onnodige, herhaalde afwesigheid sonder ‘n rede kan tot ‘n ondersoek deur die skool lei.
‘n Doktersbrief is verpligtend, indien ‘n toets, eksamen/mondeling gemis word. Daarsonder sal ‘n nulpunt toegeken word.
Die graadhoof behou die reg om navraag te doen na die rede vir afwesigheid, veral na ‘n afwesigheid van drie agtereenvolgende dae, indien die skool nie in kennis gestel is van die rede van die afwesigheid nie. Indien die skool nie in kennis gestel word nie, sal die graadhoof telefonies/per e-pos kontak met die ouer maak.
Indien ‘n leerder nie ‘n sportoefening of buitemuurse aktiwiteit kan bywoon nie, word daar van hom/haar verwag om homself/haarself vroegtydig by die betrokke afrigter te verskoon sodat ‘n plaasvervanger in sy/haar plek aangewys kan word.
Daar word van leerders verwag om hulle sport-, kultuur- en ander buitemuurse verantwoordelikhede na te kom.
Dit is die plig van elke leerder om enige agterstallige werk in te haal, wat hy/sy tydens afwesigheid gemis het.
Afwesigheid van ‘n leerder die dag voor of op die dag van ‘n skoolaktiwiteit, diskwalifiseer ‘n leerder tot deelname aan die wedstryd/funksie.
Uittekenprosedure:
Die ouer/voog moet die graadhoofde per e-pos/brief in kennis stel indien ’n leerder wil uitteken. Die leerder se naam, van, registerklas, rede vir uitteken en tyd wanneer die leerder die skool sal verlaat, moet gegee word.
Leerders moet tydens registerperiode by die graadhoof, asook al die personeel wie se klasse hulle gaan mis, gaan uitteken. Dit sal slegs gedoen word indien die regte dokumentasie deur die graadhoof ontvang is.
Sodra die graadhoof en al die vakpersoneel geteken het, kry die leerder ’n stempel by die kantoor. Die ouer/voog teken ook in die register en hulle kan die leerder dan saam met hulle huis toe neem.
Laatkomprosedure:
Indien ’n leerder na registerperiode eers by die skool aankom, moet hulle in die algemene kantoor gaan aanmeld sodat hulle aanwesig gemerk kan word.
Die volgende dag kan hulle die registerpersoneel vra om ook die hardekopie-register aan te pas.