Hoërskool Centurion het ‘n ryk akademiese geskiedenis; nie net die sukses in die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen nie, maar ook met leerders wat na skool in ‘n wye verskeidenheid van beroepe wêreldwyd sukses behaal. Dokters, prokureurs, ingenieurs, fisioterapeute, onderwysers, om maar ‘n paar te noem, maak hulle merk in Suid-Afrika en internasionaal.
Ons wil dit onomwonde stel dat Hoërskool Centurion ‘n trotse Afrikaanse skool is en altyd sal bly. Die volle kurrikulum word slegs in Afrikaans aangebied, behalwe vir Engels Eerste Addisionele Taal. Engels Huistaal is nie ‘n noodsaaklikheid vir universiteitstoelating nie.
In graad 8 en 9 glo ons dat die fondasies reg gelê moet word. Die vakke wat u kind in graad 7 gehad het, word mee aangegaan in graad 8 by Hoërskool Centurion. Ons maak egter seker dat die tale en Wiskunde prioriteit kry, omdat die vaslegging van basiese vaardighede noodsaaklik is vir akademiese sukses later op skool. Daarom bied ons ekstra Wiskundeklasse op Maandagmiddae na skool aan en baie tyd word aan intervensie in die Afrikaanse Huistaalklas bestee.
Die Vierde Industriële Rewolusie verteenwoordig ‘n fundamentele verandering in die manier waarop ons leef, werk en met mekaar kommunikeer. Dit is ‘n nuwe hoofstuk in menslike ontwikkeling wat buitengewone vooruitgang in die tegnologie moontlik maak.
Hoërskool Centurion, in samewerking met Resolute Robotics (https://resoluteeducation.com), het ‘n Robotikakurrikulum ontwerp en saamgestel. Hierdie unieke kurrikulum word slegs by Hoërskool Centurion aangebied. Die program berus op temagebaseerde uitdagings om leerders by navorsing, probleemoplossing, programmering en ingenieurswese te betrek. As gevolg van die leerders se blootstelling aan hierdie vak, ontwikkel hulle meer selfvertroue, raak entoesiasties en word toegerus met vaardighede wat hulle benodig in ‘n veranderende arbeidsmag.
In die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (graad 10-12) het u kind ‘n verskeidenheid van 24 vakke en 2 primêre rigtings om uit te kies. Hoërskool Centurion is bevoorreg om oor ‘n uitnemende tegniese departement te beskik met uiters ervare en bekwame personeel.
TEGNIESE RIGTING:
Leerders wat meer tegnies van aard aangelê is, floreer in hierdie pakket, wat duidelik uit ons baie goeie uitslae by die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen is. Ons leerders kry ook die geleentheid om in hierdie fase by Solidariteit se Sol-Tech besoek af te lê. Hier word die leerders blootgestel aan moderne tegnologie, studie- en beroepsmoontlikhede in die tegniese wêreld.
Die ALGEMENE STUDIERIGTING bestaan uit die volgende vakke:
VERPLIGTE VAKKE:
KIES 3 KEUSEVAKKE UIT DIE VOLGENDE LYS:
U sou waarneem dat Hoërskool Centurion ‘n uitgebreide pakket het waar u kind sy/haar plek gemaklik sal vind en die geleetheid kry om te floreer.
Ons het dan ook die voorreg dat hierdie vakke deur ‘n kombinasie van baie ervare en bekwame vakpersoneel aangebied word, maar ook ‘n jong, energieke personeelkorps wat passievol oor die onderwys en jongmense is. Ons het personeel wat ook op die hoogste vlak in ons distrik en provinsie in hulle vakgebiede betrokke is.
WAARNEMENDE HOOF
Gr. 8’s van 2025
Die GDO-inskrywings word later in die jaar ook gedoen, waar ons met ywer die ouers met die proses sal help.
Ons is trots daarop dat ons as skool nie ontgroening aan die leerders toegee nie, maar eerder oriëntering aan elke nuwe leerder bied, om sodoende beter by die skool se aktiwiteite en alledaagse gebeure te kan aanpas. Gedurende oriëntering word die leerders aan alle aspekte van die skool blootgestel en dit gaan ook gepaard met ‘n gaad 8-kamp, waar leerders mekaar en die skool beter kan leer ken.
HUIDIGE LEERDERS IN GRAAD 8 TOT 12 WAT VANAF ‘N ANDER SKOOL NA ONS TOE SKUIF:
Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. A. Labuschagne ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.
Die proses rondom die inskrywings word dan in ‘n vergadering met mnr. Labuschagne bespreek en voltooi.
NUWE GRAAD 8-INSKRYWINGS:
Alternatiewelik: Laai die vorm af en druk dit uit om dit tuis in te vul en gereed te hê vir mnr. Labuschagne met u aankoms.
Vir navrae rakende inskrywings vir huidige graad 8 tot 12 of ons skool se aanbiedinge, kontak gerus mnr. A. Labuschagne by registrasie@hscenturion.co.za.
Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. A. Labuschagne ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.