Besoek die Alumni webwerf

Die hoeksteen van Hoërskool Centurion is op 27 Augustus 1960 gelê  en ‘n groot droom is bewaarheid. ‘n Afrikaanse skool is vir die kinders van die Afrikaanse gemeenskap van Centurion gebou.

Maar na 61 jaar staan Hoërskool Centurion vandag voor die grootste uitdaging ooit.  Die Covid 19-pandemie het ‘n groot impak op die ekonomie en 27% van ons leerders se ouers kan net eenvoudig nie die skoolfonds betaal nie.

Ons het ook amper 30 leerders wat in pleegsorg geplaas is van wie skoolfonds nie verhaal kan word nie. Ons moet die skool op 100%-kapasiteit bestuur met 70% van die inkomste en die staat staan slegs vir 3% van hierdie tekort in, wat nouliks ‘n verskil maak.

Ten spyte hiervan het Hoërskool Centurion besluit dat ons nie so maklik gaan lê nie.

Die staat se strukture verval, maar ‘n gemeenskap wat saamstaan, verval nie.

 

Ons is bevoorreg, ons gemeenskap het ‘n hart vir opvoeding en opleiding. Hulle besef  hoe belangrik die volgende geslag is en dat kwaliteitonderrig ononderhandelbaar is. Hulle weet dat ons hande moet vat en self oplossings moet vind, ons kan nie vir die regering wag nie. Ons gemeenskap wil saamstaan en die staat wys wat ons kan vermag!

 

Vandag, 61 jaar nadat ons die skoolgebou se hoeksteen gelê het,  lê ons simbolies weer ‘n hoeksteen. Dit is ‘n hoeksteen van hoop.  Ons nooi elkeen uit om saam met ons deur middel van ons gemeenskapsfonds te bou.

Help ons om  binne die volgende jaar ons teiken van R1 miljoen te bereik. Die volgende geslag is ons verantwoordelikheid, in hulle lê ons hoop.

 

Die Alumni Stigting van Hoërskool Centurion het ‘n hulpfonds gestig en vir Artikel 18A geregistreer.  U kry dus ‘n belastingvoordeel indien u ‘n donasie in die onderstaande rekening inbetaal. 

 

U kan ook ‘n donasie maak op SnapScan en u het ‘n keuse tussen ‘n eenmalige bedrag, of ‘n herhalende betaling. 

 

Elke bietjie help.

Alumni Stigting van Hoërskool Centurion

Standard Bank

Rekeningnommer: 013 455 427

Takkode: 012 345

 

Art. 18A-sertifikaat kan aangevra word.
Stuur asb. u bewys van betaling na: alumni@hscenturion.co.za

Kry die App

ALUMNI STIGTING LÊ 'N HOEKSTEEN VAN HOOP

24% van ons leerders se ouers kan as gevolg van ekonomiese omstandighede nie skoolfonds betaal nie.

27 leerders wat in pleegsorg is, is van skoolfonds vrygestel.

R5.4 miljoen se skoolfonds moet weens hierdie redes afgeskryf word.

Die departement befonds slegs 3% van die tekort, die skool moet vir die res instaan.

Ons het ‘n donateur in die gemeenskap wat R1 miljoen sal skenk as ons R1 miljoen insamel.

Help ons om binne die volgende jaar ons teiken van R1 miljoen te bereik. Die volgende geslag is ons verantwoordelikheid, in hulle lê ons hoop

Alumni Stigting vir Hoërskool Centurion

Standard Bank Rekeningnommer: 013 455 427 

Takkode: 012 345

Art. 18A-sertifikaat kan aangevra word

BEHOU KONTAK

Hoerskool Centurion icon
Kalender
Hoerskool Centurion icon
Alumni E-pos
Hoerskool Centurion icon
Alumni Facebook
Hoerskool Centurion icon
Facebook
Hoerskool Centurion icon
Instagram
Hoerskool Centurion icon
YouTube

Ware Woeries is gekoppel aan Schooldays en MySchool

MYSCHOOL

HOE WERK MYSCHOOL?

U kan help om addisionele fondse vir ons skool in te samel. Die beste nuus … dit kos u nie ‘n sent nie!

Gebruik u MySchool-kaart by MySchool-besigheidsvennote.

 

Die vennote betaal ‘n persentasie van u aankope aan die skool.

 

Hoërskool Centurion

 

STAP 1: DOEN AANSOEK

OPSIE 1 VIRTUELE KAART:
Laai die toep af (sien hieronder).

 

OPSIE 2 FISIESE KAART:
Aanlyn by: myschool.co.za

OF

by enige Woolworths

OF

stuur ‘n “sign up” per SMS na 31231

STAP 2: KIES EN KOOP

Kies Hoërskool Centurion as u
begunstigde.

 

Gebruik u MySchool-kaart by MySchool-besigheidsvennote.

 

Die vennote betaal ‘n persentasie van u aankope aan die skool.

MYSCHOOL-VENNOTE

Hoërskool Centurion, Highschool Centurion

SCHOOL-DAYS

HOE WERK SCHOOL-DAYS?

School-days is ‘n platform waar elke individu Hoërskool Centurion kan ondersteun deur inkopies by Dis-Chem, NetFlorist en nog vele meer te doen, sowel as wanneer u by Shell-vulstasies brandstof ingooi met u digitale Shell T-kaart (u sal dit op die School-Days-toep vind).

U sal ook voordeel trek uit eksklusiewe aanbiedings en afslae.

Hoërskool Centurion

STAP 1: SLUIT AAN

1. Besoek www.schooldays.co.za en kliek op die JOIN TODAY-knoppie.
2. Kies Hoërskool Centurion as begunstigde.

 

OF


1. Laai die School-Days-toep vanaf Google Play of die App Store af en kyk hoe maklik dit is.
2. Registreer direk op die toep.
3. Kies Hoërskool Centurion as u begunstigde

STAP 2: DOEN INKOPIES

Jou Dischem-lojaliteitskaart word outomaties aan School-days gekoppel wanneer jy met jou besonderhede registreer. Vir elke aankope by Dischem verdien ons ETP’s vir die skool.


School-days is ook in vennootskap met Shell Fuel – jy het ‘n digitale Shellbrandstofkaart wat in die toep ingebou is.


Ouers verdien 15c per liter petrol en 20c per liter diesel vir die skool. Al wat u moet doen, is om u digitale Shell T-kaart aan die petroljoggie te wys, of die 16-syfer-nommer vir hom/haar te lees om sodoende ekstra geld in te same!.

SCHOOL-DAYS-VENNOTE

Hoërskool Centurion, Highschool Centurion

Saam kan ons ‘n groot verskil vir die skool maak. Dankie vir u samewerking!
Vir enige verdere navrae rondom die inisiatiewe is u welkom om vir me. N. Pretorius te kontak by n.pretorius@hscenturion.co.za

 

U beskikbaarheid, betrokkenheid en ondersteuning ten bate van die groter gemeenskap maak van u ʼn belangrike rolspeler in hierdie proses.

Hoerskool Centurion icon
Fondsinsameling
Hoerskool Centurion icon
WWO
My School
Myschool & Schooldays
Hoerskool Centurion icon
Woerie-omgee
Hoërskool Centurion, Highschool Centurion
Bloedskenk
Hoerskool Centurion
Woeretroos

Volg ons op sosiale media…

KONTAK:

 

Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika

 

+27 12 66 45 803
Maandag – Donderdag: 7:00 – 15:00
Vrydag: 7:00 – 14:00

REGISTREER:

Om te registreer vir omsendbriewe, tik asseblief u e-posadres in die onderstaande blok. ‘n E-pos ter bevestiging sal aan u gestuur word.