Sport

Atletiek 2014

Marné Mentz het weereens ‘n skitterprestasie behaal deur dubbele nasionale kleure te behaal.  Sy is gekies vir die ASA-atletiekspan wat aan die Afrika Unie Jeugspele in Bulawayo, Zimbabwe gaan deelneem.  Haar item is die 1500 m.  Vroeër vanjaar het sy haar nasionale kleure verwerf om aan die Afrika-landloopkampioenskappe te gaan deelneem nadat sy die nasionale proewe gewen het.  Hoërskool Centurion is opreg trots op haar!  Baie geluk Marné!

Sewe van ons atlete het die afgelope naweek aan die Gautengkampioenskappe te L.C. de Villiers deelgeneem.  Marné Mentz het ‘n puik tweede plek in die 1500 m dogters O/19 gehaal en is vir die Gauteng-span na die SA skolekampioenskappe gekies.  Eerskomende naweek neem sestien van ons atlete aan die Gauteng-Noord- kampioenskappe deel ten einde vir die ASA-kampioenskappe te Stellenbosch te kwalifiseer.

Interhuis

Elke jaar dink die personeel en leerders ons interhuis was onverbeterlik, maar die 2014-Woeries het ander planne gehad.  ‘n Rekordgetal deelname, aansteeklike sanggees en ‘n massa leerders wat teen 16:00 nog bankvas op die pawiljoen sit en atletiek geniet, het ‘n ongeëwenaarde hoogtepunt daargestel.

Vir die eerste keer in agt jaar wen Asterix die atletiek en Getafix wen die geesbeker.   Die volgende atlete verower toekennings:

M.C. Pienaar        –    Beste naelloper.
Marné Marx        –    Beste middelafstande.
Lian Botha        –    Beste hekkies.
Gestelle Snyman        –    Beste worpe.
Zander Louw        –    Veelsydigste atleet en beste spronge.

Opregte dank aan ons Hemelse Vader vir ‘n pragtige dag, toegewyde onderwysers, talentvolle atlete en positiewe, lojale ouers.