Sport

Atletiek: Sub-Jeug Interprovinsiale Atletiekbyeenkoms

Esje Esterhuizen, graad 9 leerling van Hoërskool Centurion het puik presteer tydens die Sub-Jeug internasionale atletiekbyeenkoms te ABSA Tuks stadion wat plaasgevind het op 24 November 2012.  Spanne van Gauteng-Noord, Sentraal Gauteng, Kwazulu Natal, Vaaldriehoek, Sentraal Noordwes en Noordwes Noord het deelgeneem.  Esje het die 800 m vir seuns van 2 min 01,7 gewen.  Hy het dit opgevog met ‘n silver medalje in die 1500m en bronsmedalje in die 1500m hindernis.

Foto: (links) Esje Esterhuizen en (regs) Mnr. Dion Saayman afrigter.