Akademie

“Battle of the Bookworms”

Marli Heunis, gr. 9, Lean-Jacques Gouws, gr. 9, Bianca Smith, gr. 9, Marietjie Odendaal, gr. 9, Johan van Zyl, gr. 8, Norman Krahtz, gr. 9, Kathleen Henning, gr. 11. Behaal 3de plek. Baie geluk.


Die interskole “Battle of the bookworms”-kompetisie het in 2011 weer groot belangstelling by ons leerders gewek.  Die lede van die junior en senior spanne moes verskillende boeke lees en dan inhoudsvrae oor elke boek beantwoord.  Die agt boeke val in verskillende genres, sodat ‘n groot verskeidenheid leesstof gedek word. 

Die boeke was:

  1. A lion called Christian – Anthony Bourke en John Rendall
  2. The Absolutely true diary of a part time Indian – Sherman Alexie
  3. Pandora se boks – Nelia Engelbrecht
  4. Virus – Jaco Jacobs
  5. The gift – James Patterson
  6. Forbidden game – L.J. Smith
  7. Skulduggery Pleasant – Derek Landy
  8. Side kick – Gustav Doré

Die kompetisie is weereens by die Irene-winkelsentrum gehou en die Woeries het ‘n ongelooflike tweede plek behaal.  Exclusive Books was die borg van hierdie jaar se leeskompetisie.