Algemeen

België 2013

Jy kan dit nie misloop nie !!!

Ons bied jou ’n wonderlike geleentheid (eenkeer in ’n leeftyd) om deel te word van die Belgiese Uitruilprogram met die Technische Instituut Heilige Familie skool in Ieper in Wes-Vlaandere in België.

Besoek België vir twee weke in September 2013 en gaan tuis by ’n uitgesoekte Belgiese familie. Jy maak vriende vir die res van jou lewe. Sien en ervaar België se pragstede soos Brussels, Brugge en vele meer, en het selfs ’n kans om die stad van liefde, Parys, te besoek. Jou Belgiese maat besoek Suid-Afrika dan in Maart/April 2014, waar ons gaan spog met ons mooi skool, land en sy mense.

Vir meer besonderhede kontak vir  me. J. Pretorius of me. L. Jordaan om ’n aansoekvorm te kry.

Of kontak Nico & Rene Venter by:
Tel : 012 6441534
Sel: 0734404358
E-pos: info@ralindo.co.za

NB: ‘n Inligtingsvergadering word op 6 Maart om 18:00 in die personeelkamer gehou. Maak seker jy is daar!