Hoërskool Centurion bestaan uit beide ‘n seuns- en dogtersbergfietsspan wat jaarliks danksy harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk aan die Cycle Lab Schools-reeks deelneem.
Beide die seuns- en dogtersfietsryers behaal jaarliks top tien posisies in Gauteng onderskeidelik en dring na die nasionale kampioenskappe deur waar daar al met top 5- en top 10-posisies gespog is. Hierdie prestasies is ‘n bewys van die harde werk en toewyding aan die sport.
Bo en behalwe dié prestasies, bestaan ons skool se bergfietsspan uit ‘n sterk gemeenskap van deelnemers, ouers en onderwysers wat weekliks die fietsryers ondersteun en aanmoedig om hulle volle potensiaal te bereik.