Algemeen

Bosveldkompetisie

Die wenner is Dian Strydom in gr. 8B.  Baie dankie vir almal wat hierdie projek ondersteun het.


Met die bosveldkompetisie wat sy einde nader, wil die skoolbestuur vir oulaas ‘n beroep op u as ouers doen om u kind by te staan in die verkoop van sy/haar jagkompetisiekaartjies.

Die kompetisie eindig op 29 Mei en ons wil dringend poog om minstens 800 boekies te verkoop.  Die prys is ongeveer R10 000 werd – ‘n pragtige prys vir ‘n klein belegginkie.

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning van u kind en die skool.


Ondersteun asseblief die kompetisie deur die kaartjies te koop.  Die kompetisie sluit op 29 Mei 2013 en die kaartjies kos R20.  Vir elke 250 vol boekies wat inkom, is  daar ‘n R1000 gelukkige trekking . Daar is ook ‘n R200-prys vir ‘n leerder in elke graadgroep wat die meeste kaartjies verkoop.

Sluitingsdatum is 29 Mei 2013.