Die busvervoerskema word privaat deur die skool bedryf. Die bestuurders op elke roete is onderwysers van die skool wat oor openbare vervoerpermitte en die toepaslike lisensies beskik.
Koste:
20 ritte: R700
40 ritte: R1400
Let wel: Die kaartjie verval nie en u kind gebruik die ritte soos nodig.
Die roetes word deur behoefte bepaal en sal dus eers volgende jaar gefinaliseer word. Daar word altyd gepoog om leerders so na as moontlik aan hulle ouerhuise af te laai.
Alle navrae word deur mnr. Johan Prinsloo hanteer. Buskaartjies is by me. Ansie Herbst in die finansieskantoor beskikbaar.
Mnr. J. Prinsloo j.prinsloo@hscenturion.co.za