Sport

Distrikkampioenskappe – 27 Februarie 2013

Elf van ons skool se atlete is gekies om aan die distrikkampioenskappe deel te neem en het puik presteer.  Nege atlete is gekies om eerskomende Saterdag aan die Gauteng-kampioenskappe in Germiston deel te neem.  Hulle is Carmen van Loggerenberg, Deidré Louw, Marné Mentz, Henco Schoeman, Chantelle Joubert, Carla Fourie, Kylha Wolfaardt en Berto Buys.  Wat die prestasie so merkwaardig maak, is dat slegs die eerste twee per item gekies is. Baie geluk.