Sport

Dogterskrieket 2011

Tydens 2011 speel ons dogters hulle liga in die vierde kwartaal. Die vierde kwartaal is besonder kort en ons speel in drie weke vyf wedstryde.

Ons span is jonk met die meerderheid van die dogters in graad 8 en 9.  Ons bou ervaring en ontwikkel die dogters se vermoë, sodat hulle die geleentheid kan kry om verder te presteer.

Die dogters geniet die spel vreeslik en groei as ‘n span deur die seisoen.  Hulle speel teen senior spelers en ontwikkel hulle talente – hopelik om eendag vir die nasionale span uit te draf.

Ons is baie trots op ons dogters en wens hulle baie sterkte toe.