Kultuur

English Orators

Hoërskool Centurion se interne “Orators Competition” het hierdie jaar weer gewys dat ons leerders hulle goed van hul taak kan kwyt, selfs in hulle tweede taal.

Leerders berei ‘n toespraak voor en ding dan in graadverband met mekaar mee. Eksterne beoordelaars het die leerders beoordeel en na aanleiding hiervan, is ‘n algehele junior en senior beste spreker aangekon­dig. Die beste junior spreker was Enrike Koekemoer (gr. 9) en Marissa Joubert (gr. 12) is as die beste senior spreker aangewys

Na afloop van die interne kompetisie is daar vyf spanne aangekondig wat elke graad by die VAN HUYSSTEENS ORATORS – kompetisie verteenwoordig het. Die spanne het baie goed presteer en die gr. 9-span het algeheel derde gekom. Die span het uit Tasmin le Roux, Calvin Beukes, Kathleen Henning en Carla Kotzé bestaan.

Die spanne se uitslae spreek vanself:

Gr. 8 – A; gr. 9 – A; gr. 10 – A; gr. 11 – A en gr. 12 – B+.

Baie dankie aan almal wat hard gewerk het om sukses te behaal.