10 uit 10 Skoolboekwinkel.
Vir alle skryfbehoeftes en handboeke.
Telefoonnommer: (012) 664 3560
Ons wil graag hê elke Woerie moet die regte skooldrag besit. Ons het dus by die klerebank tweedehandse klere teen billike pryse beskikbaar op die skoolgronde beskikbaar.
Die klerebank is op Maandae vanaf 13:30 tot 14:30 en Donderdae vanaf 16:00 tot 17:00 oop.
Die klerebank sal ook op afspraak oop wees.
Kontak gerus vir me. R. Heyns by r.heyns@hscenturion.co.za vir enige klerebehoeftes.
Die snoepie word huidiglik deur ons WWO bestuur tydens die tenderproses van die snoepie vir 2022. Meer inligting sal volg.
Binne- en buite fasiliteite (na ure)
Groep- en individuele afrigting
Maandae – Vrydae: 6:00 – 7:00; 13:00 – 20:00 (Saterdae 6:00 – 15:00).
Ouderdom 5 jaar tot seniorvlak
Oudiovisuele afrigting.
Beskik oor 3 binnehuisnette, 2 sintetiese nette asook 6 turfnette.
Kontakinligting:
Mnr. S. Bongers – 083 3779 986 ; shawnbongers@gmail.com
Facebook-blad – Excellentiam Cricket Academy
Go Fit spesialiseer in fiksheid en sportkondisionering. Ons personeel is aktief en vol energie om jou te help om jou sportdoelwitte te bereik. Persone van ALLE ouderdomme is welkom in ons gimnasium. Ons het verskillende oefenprogramme vir enige doelwit – of dit nou sport is of net gewigsverlies.
Fasiliteite en dienste:
Hoërskool Centurion beskik oor sewe laboratoriums. Elke laboratorium is toegeken aan ‘n personeellid wat die onderskeie vakke aanbied.
Vanaf graad 8 word klasse daar aangebied asook praktiese werk deur die leerlinge gedoen en demonstrasies van eksperimente waargeneem. In die Fisiese wetenskappe- en Natuurwetenskappe departemente beskik elke laboratorium oor agt werkstafels waar leerlinge in groepe van 4 tot 6 saamwerk.
Leerlinge werk slegs met nie-gevaarlike chemikalieë. Sekere duur apparaat word ook net vir demonstrasies aangewend. In Lewenswetenskappe en Natuurwetenskappe word lewende plant- en diermateriaal aangekoop vir disseksie
Die dinamiese dubbelmedium musiekakademie is bekend vir sy goed toegeruste musieklokale.
Hier kan enige een wat belangstel deur hoogs gekwalifiseerde, kreatiewe- en passievolle mentors onderrig word om ‘n instrument te bespeel.
Die instrumente wat aangebied word, sluit in: klavier, klawerbord, dwarsfluit, fife, piccolo, blokfluit, viool en kitaar. Klas in musiekteorie, harmonie, komposisietegnieke, musiekgeskiedenis en musiekwaardering word ook aangebied.
Leerders word die geleentheid gegee om in te skryf vir kompetisies, kunstefeeste asook musiekeksamens by instansies soos Unisa, Trinity en Royal Schools.
Daar kan egter ook net gespeel word vir eie plesier en ‘n leerder hoef nie by enige van die bogenoemde betrokke te wees nie.
Voorspeel geleenthede en konserte word jaarliks aangebied, maar is nie verpligtend nie.
Instrumente is beskikbaar vir verhuring indien leerders eers die instrument wil probeer voordat hul self aankoop.
Ons doelwit is om die inherente potensiaal van elke leerder so goed as moontlik te laat realiseer. Die liefde vir musiek en die genot om te speel, word nagestreef.
Onderrig word volgens die behoefte en vermoëns van elke individu aangepas, hetsy op eksamenvlak of as genotvolle vryetydsaktiwiteit. ‘n Algemeen vormende estetiese opvoeding en uitkyk word ook gestimuleer.
Vir verdere inligting kontak:
Me. Elke kloppers by 0832972633
Me. Elsie Potgieter by 0839837977
In die mediasentrum het die leerders toegang tot die internet, rekenaarprogramme en fasiliteite vir drukwerk van opdragte en take. Die mediasentrum huisves nie net ‘n magdom storie- en feiteboeke nie, maar ook tydskrifte om van te kies en keur. Die lesinglokaal is spesifiek ingerig vir lesaanbiedings, praatjies en lesings. Ons wil almal aanmoedig om van hierdie diens gebruik te maak. Die medialeiers is opgelei om van hulp te wees.
MEDIASENTRUMTYE TYDENS SKOOLURE:
Maandae tot Vrydae: Eerste pouse en tweede pouse asook registerperiode. Nie gedurende klastye nie.
Vir enige mediasentrum navrae, kontak gerus vir me. S. Hatting by mediasentum@hscenturion.co.za.